Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  NUUS  

  STREEK  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Mnr. Simon Grindrod
Mnr. Simon Grindrod
Nuus
Gee gratis sonpanele vir alle laekostebehuising, sê raadslid
26/03/2008 09:37:51 PM - (SA)

KAAPSTAD. – Laekostebehuising moet van gratis sonpanele voorsien word ten einde die land se kragkrisis die hoof te bied.

Mnr. Simon Grindrod, die stad se burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese ontwikkeling, het gister dié beroep gedoen by Wesgro se jaarvergadering by die Table Bay-hotel.

Grindrod het gesê behalwe vasbyt met die kragkrisis, kan praktiese goed gedoen word. Die nasionale regering moet sy kant bring deur dringend wetgewing in te stel wat die installering van warmwatertoestelle wat met sonkrag werk, verpligtend te maak in elke nuwe ontwikkeling.

Ingevolge dié wetgewing wat Grindrod voorstel, moet huise met ’n waarde van R200 000 en minder van gratis sonpanele voorsien word. Volgens Grindrod huisves dié huishoudings tradisioneel die meeste mense, maar kan hulle nie bekostig om groen krag aan te skaf nie.

Grindrod het gesê die stad se nuwe energie-komitee, wat vandag gestig word, moet ook ’n dringende ondersoek voltooi na ’n voorstel dat alle opgeknapte en nuwe geboue in Kaapstad met energiebesparende beligting, sonkrag-warmwatertoestelle en reënwatertenks toegerus word.

Dít moet ook vervat word in beleid rakende residensiële en kommersiële bou-aansoeke en enige gebou waarvoor die stad vir instandhouding, opknapping of bou verantwoordelik is.

Hy het bygevoeg geskeduleerde beurtkrag maak dit makliker vir verkeersbeamptes om by besige kruisings geplaas te word om ’n chaos te vermy. “Ek het hieroor aan die stadsbestuurder geskryf, aangesien ons proaktief moet wees en verseker dat verkeer so min as moontlik ontwrig word.”

Waar daar industriële aktiwiteit in die stad is, moet die beurtkrag­skedule hersien word om produksie so min as moontlik te ontwrig.

“Die Epping-nywerheidsgebied kan byvoorbeeld nie weeksdae tussen 10:00 en 12:00 deur kragonderbrekings geraak word nie. Ek sal die Kaapse Kamer van Handel en Nywerheid vra om te help met duidelike argumente vir hersiene beurtkragtye om ons nywerhede te beskerm.”

Grindrod meen die stad se inwoners en sakelui moet ook groter duidelikheid kry oor hoe die 10% besparing gemeet gaan word en wat dit prakties vir ’n gemiddelde huishouding en ’n gemiddelde sake­onderneming beteken.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |