Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  NUUS  

  STREEK  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Nuus
Dugmore tree op oor leerkrag
26/03/2008 09:36:32 PM - (SA)

STELLENBOSCH. – Ná die soveelste voorval van seksuele misdrywe deur onderwysers of amptenare wat aan skole verbonde is, het die Wes-Kaapse minister van onderwys besluit om ondersoek in te stel na die aanstellingsproses.

Mnr. Cameron Dugmore wil spesifiek weet hoe William Zass (55) van Genadendal aangestel is, nadat Zass ’n kollega verkrag het terwyl hy ná ’n poging tot verkragting op parool was.

Dit volg na berigte die afgelope twee dae in Die Burger oor Zass wat verlede maand 10 jaar gevangenisstraf opgelê is omdat hy in 2004 ’n kollega verkrag het. Hy is ook in 2002 vir ’n vorige oortreding van poging tot verkragting skuldig bevind.

Zass het agt maande van sy drie jaar gevangenisstraf uitgedien en is op korrektiewe toesig vrygelaat. Hy is in hierdie tydperk deur die skool aangestel.

By navraag is vasgestel dat Zass ook nooit by die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (Saro) geregistreer was nie. Dit is een van die maatreëls wat die departement gebruik om te sorg dat mense wat ’n misdaadgeskiedenis het, nie aangestel word nie.

Die Wes-Kaapse departement van onderwys het ’n ander aansoek verlede jaar deur ’n beheerliggaam van die hand gewys nadat dit bekend geword het dat die persoon skuldig bevind is aan statutêre verkragting.

“Ten spyte van sy skorsing en hofbeslissing, het die skoolbeheerliggaam (SBL), wat daarvan geweet het, die persoon genomineer en hom gevra om te begin werk sonder die finale goedkeuring van die departement,” het mnr. Gert Witbooi, WKOD-woordvoerder, gister gesê.

In ’n ander voorval is ’n opsigter vroeër die maand skuldig bevind nadat hy ’n sewejarige meisie van die Primêre Skool Parow-Oos verkrag het. Hy het lewenslange gevangenisstraf gekry.

Volgens Witbooi het Dugmore die Wes-Kaapse Publieke Dienste-kommissie gister genader om die provinsie se aanstellingsprosedure te ondersoek.

Hulle moet ook advies verskaf vir maatreëls wat kan verseker dat niemand wat by instellings van onderrig aangestel word ’n risiko vir leerders en onderwysers inhou nie, het Witbooi gesê.

Cameron het nou ook vir ’n volledige verslag oor Zass se aanstelling gevra en of die owerhede van sy vorige rekord en parool geweet het.

“Ons moet presies vasstel hoe die onderwyser aangestel is. Ek is baie bekommerd oor die bewerings dat die onderwyser nie eens by Saro geregistreer was nie. Die rol van die skool, sowel as die beheerliggaam, sal deeglik ondersoek word”, het Dugmore gesê.

Dan wag hy ook nog op ’n verslag en regsadvies nadat dit aan die lig gekom het dat die Parow-verkragter telkemale die skoolhoof se huis besoek het terwyl die polisie hom weens die verkragting gesoek het.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |