Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » Kaapstad 14º/18| Worcester 9º/22| George 10º/22| Port Elizabeth 11º/24 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  NUUS  

  STREEK  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Paris Hilton kom gister saam met die rockgroep Good Charlotte by die Kenilworth-renbaan aan. Die groep het gister by die My Coke Fest opgetree.Foto: NEIL BAYNES
Paris Hilton kom gister saam met die rockgroep Good Charlotte by die Kenilworth-renbaan aan. Die groep het gister by die My Coke Fest opgetree.   Foto: NEIL BAYNES
Nuus
Paris stil-stil in Kaap aan ou se sy
24/03/2008 08:43:39 PM - (SA)

KAAPSTAD. – Die sosiale vlinder Paris Hilton het stil-stil haar verskyning by vanjaar se My Coke Fest in die Moederstad gemaak.

Hilton is aan die sy van haar kêrel, die sanger Benji Madden, wie se groep Good Charlotte gister op die musiekfees by die Kenilworth-renbaan opgetree het.

Sy en die groep het gistermiddag met grys BMW’s by Kenilworth opgedaag. Hilton het beskeie vir die kamera geglimlag.

Volgens ’n werknemer van Coca-Cola Suid-Afrika, een van die borge van die fees, was Hilton slegs hier om haar kêrel te ondersteun.

Sy het op gister se fees, sowel as Vrydag tydens die Johannesburgse deel van die toer, op die agtergrond gebly.

Die My Coke Fest, wat jaarliks deur Coca-Cola, Big Concerts en 5FM aangebied word, verskaf 12 uur van ononderbroke rockmusiek aan konsertgangers.

Prime Circle, Kaizer Chiefs, 30 Seconds to Mars en Korn is van die groot name in die plaaslike en internasionale rockbedryf wat die gehoor vermaak het.

Die voorsanger van die groep 30 Seconds to Mars, Jared Leto, het in hul vertoning die gehoor met sy hipnotiserende blik en sangtalent betower.

Dit is die derde jaar dat die konsert in Suid-Afrika aangebied word. ’n Werknemer van Coca-Cola Suid-Afrika het gesê die organiseerders se verwagtinge is oorskry as daar gekyk word na die kaartjieverkope vanjaar, wat drasties toegeneem het. Die span beoog om reeds vroeg met beplanning vir My Coke Fest 2009 te begin.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |