Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  NUUS  

  STREEK  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
’n Geskokte Helenè Bester (32) ná die ongeluk.
’n Geskokte Helenè Bester (32) ná die ongeluk.
Nuus
Helenè Bester ná ongeluk reg vir marathon
21/03/2008 10:51:15 PM - (SA)

KAAPSTAD. – Die Afrikaanse sangeres Helenè Bester (32), van Johannesburg, was gistermiddag in ’n botsing in die middestad betrokke – ’n dag voordat sy vir die Twee Oseane-marathon sou aantree.

Bester was op pad terug na haar blyplek op Wellington nadat sy haar laat registreer het vir die marathon, wat vandag plaasvind. Die botsing het haar egter nie van stryk gebring nie, en sy was gistermiddag steeds vas van plan om deel te neem.

Die ongeluk het net ná 13:00 plaasgevind op die hoek van Oswald Pirow-straat en Hertzogboulevard.

“Ek wou regs draai, nadat die pyltjie groen gewys het, toe vind die botsing plaas,” het Bester gesê.

Haar motor, ’n metaalblou Ford Fiesta, het teen die motor van me. Lanette Olivier (53) gebots.

Volgens Olivier se seun, mnr. Tinus Olivier, is sy ma se toestand bevredigend. “Sy het net ’n bietjie harsingskudding en moes ’n paar steke aan haar kop kry,” het hy gesê.

Bester self het geen beserings opgedoen nie.

“Die ongeluk het my laat besef hoe nietig jou lewe is,” het sy geskok gesê.

Asof die sanger en drawwer nie genoeg hooi op haar vurk het nie, gaan sy volgende Woensdag op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees optree.

Bester, van wie twee CD’s al verskyn het, het haar jongste CD, Oorgee, onlangs uitgereik.

Sy is ook in 2004 as die beste vroulike kunstenaar benoem vir die Geraas-musiektoekennings.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |