|
||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | |||||||
![]() Cath Bork van die onder-19-groep van die sokkerklub Northingham Forest van die Verenigde Koninkryk rig Isiqees du Plessis af tydens sokkerklinieke wat dié klub gister in Delft gehou het. Foto: LULAMA ZENZILE
Nuus
Sport ná twee jaar terug in Delft-skole
21/03/2008 10:50:49 PM - (SA)
KAAPSTAD. – Lede van die sokkerklub Northingham Forest en 2010 se sokker-ambassadeurs het gister sokkerklinieke in Delft aangebied.
Volgens mnr. Whitey Jacobs, die Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, was daar die afgelope twee jaar geen sportaktiwiteite by skole in Delft nie. “Weens misdaad kon sportaktiwiteite nie by skole hier plaasvind nie,” het Jacobs gesê.
Gister het die Northingham Forest-kollege van die Verenigde Koninkryk ook 1 000 sokkerballe by die Delft-sportveld aan kinders uitgedeel.
Soortgelyke aktiwiteite wat deur Jacobs se departement georganiseer is, is ook in Guguletu, Heideveld, Caledon, Worcester, Vredenburg, Beaufort-Wes en Plettenbergbaai gehou.
Jacobs het gesê sy departement het sedert die begin van die jaar 18 sportassistente by skole in Delft beskikbaar gestel.
Hy het ook verder gesê dat twee sportfasiliteite van R600 000 elk by twee skole in Delft gevestig sal word. Die veeldoelige fasiliteite sal by die Hoërskool Masibambisane en die Primêre Skool Kairos wees.
“Dit sal ook rugby- en sokkervelde insluit.”
Sy departement gaan ook ’n voetbalklub in die gemeenskap identifiseer en dit ontwikkel.
“Op so ’n manier kan ons ook talent ontgin en die nodige ondersteuning bied,” het Jacobs gesê. –Una Cupido
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |