Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  NUUS  

  STREEK  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
’n Verligte mnr. Oswell Bruiners van Oudtshoorn het gister ongedeerd uit dié BMW wat hy bestuur het, geklim. Dié botsing het vir vroeë drama op die feesdorp gesorg. Foto: JAN GERBER
’n Verligte mnr. Oswell Bruiners van Oudtshoorn het gister ongedeerd uit dié BMW wat hy bestuur het, geklim. Dié botsing het vir vroeë drama op die feesdorp gesorg.    Foto: JAN GERBER
Nuus
Troepedraer byna bo-oor bestuurder
20/03/2008 09:13:11 AM - (SA)   

OUDTSHOORN. – Nié ’n toneelstuk of selfs ’n kordaatstuk in ’n biertent nie, maar ’n trompop-botsing tussen ’n leerling-troepedraer en ’n BMW het Woensdag die vroeë kollig by vanjaar se Absa KKNK gesteel.

Die botsing het omstreeks 15:00 in die kern van die dorp, op die hoek van Voortrekker- en Adderleystraat, plaasgevind te midde van ’n immer-groeiende toestroom van besoekers by vanjaar se fees, wat Vrydag begin.

Die tamaai weermagvoertuig, met reuse-leerdersbestuurder L’e op die tentbruin deure, het volgens mnr. Oswell Bruiners, van Bridgton, Oudtshoorn, bitter amper bo-oor sy motor gery. Hy was alleen in die motor nadat hy ’n passasier afgelaai het en op pad was om te gaan volmaak.

Die oopbak-voertuig se buffer het op Bruiners se paneelbord bo die stuurwiel tot stilstand gekom.

Bruiners is nie beseer nie, maar moes oor die voorste passasiersitplek klim om te ontsnap.

Die 56-jarige Bruiners, ’n motorbestuurder van beroep, was sigbaar geskok, maar het moedig ’n kort onderhoud toegestaan terwyl ’n skare nuuskieriges tot sowat 100 gegroei het terwyl die voertuie moeisaam uitmekaar gebeur is deur ’n opruimingspan.

Polisiebeamptes en weermagpersoneel op die toneel het teen saktyd geweier om kommentaar te lewer en het verdere navrae na die skakelkantoor van die militêre polisie verwys.

’n Omstander het die voertuig as ’n Samil 50 uitgeken.

“ ’n Mens dink daai tyd baie goedjies,” het Bruiners vertel met verwysing na die sowat 2 m wat die momentum sy BMW teruggestoot het oor die teerpad.

Volgens hom kon die bestuurder van die vragmotor nie die draai na links uit Voortrekkerstraat baasraak nie.

Sy motor was stilstaande toe die Goliat-teen-Dawid-impak plaasgevind het.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |