Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
658 dae tot afskop
2010
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsuranceKliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
’n Deel van die e-pos waarin namens dr. Essop Pahad, minister in die presidensie, aangedring word op veranderings in Ronald Suresh Roberts se boek oor pres. Thabo Mbeki.
’n Deel van die e-pos waarin namens dr. Essop Pahad, minister in die presidensie, aangedring word op veranderings in Ronald Suresh Roberts se boek oor pres. Thabo Mbeki.   
Nuus
Pahad ‘vra snitte in Mbeki-boek’
17/01/2008 10:15:53 PM - (SA)

KAAPSTAD. – ’n Afskrif van ’n e-pos wat namens dr. Essop Pahad, minister in die presidensie, “ten sterkste aandring” dat bepaalde verwysings na lede van die Oppenheimer-familie verwyder word uit Ronald Suresh Roberts se boek Fit to Govern – The Native Intelligence of Thabo Mbeki, het in Die Burger se besit gekom.

Mnr. Anthony Brink, voorsitter van die Treatment Information Group, het die dokument aan Die Burger verskaf.

Hy beweer in ’n nuwe hoofstuk van sy kuberboek oor Roberts, Lying and Thieving, dat dié boodskap aangeheg was by ’n e-pos van Pahad se hoofdirekteur, mnr. Louis du Plooy, wat in ’n laat stadium van die produksie van Roberts se boek aan die uitgewer gestuur is.

Elf snitte word daarin gevra, waarvan minstens agt op die Oppenheimers betrekking het. Volgens Brink is al die aangevraagde snitte deur Roberts aangebring.

Die boek is reeds omstrede omdat Pahad finansiering daarvoor bekom het, onder meer by Absa.

Roberts en Brink vlieg mekaar die afgelope maande in die openbaar in die hare nadat hul boesemvriendskap versuur het.

Mnr. Reedwaan Valley, die hoof van STE Publishers, wat Roberts se boek uitgegee het, het by navraag bevestig die e-pos is aan hom gestuur. Volgens hom bevat dit egter sy eie voorstelle vir veranderings en het hy Pahad se kantoor betrek “om krag by die voorstelle te voeg” en die skrywer te oorreed.

Hy het gesê dat hy in die algemeen probeer het om die toon van die boek te versag, nie net jeens die Oppenheimers nie, maar ook teenoor me. Helen Suzman, mnr. William Gumede en andere wat in die boek ter sprake was. “Daar was baie min inmenging van die presidensie se kant. Ek wens eintlik daar was meer, want dan sou dit ’n minder aggressiewe boek gewees het,” het Valley gesê.

Roberts self het gister aangevoer Brink se bewerings en die e-pos is nie groot nuus nie, maar eerder ’n verdere voorbeeld van Brink se bitsigheid jeens hom.

Volgens Roberts weerspieël die e-pos voorstelle van Pahad se kant – nie instruksies nie. Boonop is dit voorstelle waaroor hy en Pahad reeds ooreengekom het, maar wat nog nie deur die uitgewer by die manuskrip ingereken was nie.

“Die voorstelle is enkeles van verskeie wat ek van Essop en die president ontvang het.

“Sommiges was nuttig en het ek gebruik, ander nie,” het Roberts by navraag gesê.

“Die veranderings is ’n akkurate weerspieëling van die verskil tussen my eie sterk menings oor die rol van nie-liberale kapitaal en die president se bykans ewe sterk menings. Aangesien die doel was om die president se mening weer te gee, was die weergawe ná die veranderings meer akkuraat, anders sou ek my woorde in sy mond lê.”

Roberts het aangevoer Brink het die e-pos onregmatig bekom en die konteks verkeerd voorgestel. Pahad se voorstelle is vooraf met hom uitgeklaar en weer nadat die e-pos aan die uitgewer gestuur is. Die besluit, so sê Roberts, was dus sy eie.

Du Plooy het nie gister op navrae gereageer nie.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |