|
|||||||||||
|
Nuus
Drie dood toe twee jonges wild begin skiet
15/01/2008 02:53:31 PM - (SA)
Honderde betogers het die pad na Swartruggens in Noordwes versper nadat drie inwoners in ’n vermeende rassevoorval afgemaai is.
Twee jong mans is tussen 3:00 en 4:00 na die informele nedersetting, Skielik, waar hulle glo uit die bloute op mense losgebrand het.
“Die een was klaarblyklik gewapen en het skielik begin skiet. Drie mense is doodgeskiet,” het supt. Louis Jacobs gesê.
’n 30-jarige man, ’n 13-jarige seun en ’n baba van drie maande is doodgeskiet. Sewe ander mense is gewond.
Volgens radioberigte was dit ’n rassevoorval, maar Jacobs het gesê geen arrestasies is nog gemaak nie en die motief vir die voorval is nog nie bekend nie.
Tussen 600 en 700 mense het die pad na die dorp versper ná die voorval. Geen voorvalle van geweld het nog plaasgevind nie.
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |