Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
640 dae tot afskop
2010
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Ronald Suresh Roberts
Ronald Suresh Roberts   
Nuus
Mbeki-boek ’n ‘bedrogspul’
09/11/2007 11:08:40 PM - (SA)

KAAPSTAD. - “Literêre bedrog”, “plagiaat”, “versinsels” en “geskiedsvervalsing” is van die aantygings in ’n selfpublikasie deur mnr. Anthony Brink teen die skrywer van ’n boek oor pres. Thabo Mbeki wat vroeër vanjaar verskyn het.

Dié publikasie is Lying and Thieving, The Fraudulent Scholarship of Ronald Suresh Roberts in Fit to Govern , The Native Intelligence of Thabo Mbeki with reference to chapters 8 and 9 on Aids: “A Clash of Fundamentalisms 1 , Medical Politics” and “A Clash of Fundamentalisms 2 , Racial Politics” (Open Books/ www.lyingandthieving.com).

Roberts doen in sy Mbeki-boek ’n striemende aanval op Brink, voorsitter van die Treatment Information Group (TIG), op grond van laasgenoemde se “fundamentalisme”: Brink sou buitenissige (vreemde) idees oor vigs verkondig en dit verkeerdelik aan Mbeki toedig. Roberts skryf ook: “Thabo Mbeki is not now, nor has he ever been, an AIDS dissident.”

Brink bestry laasgenoemde stelling, verweer hom teen Roberts én betoog dat laasgenoemde uit sy (Brink se) werk geplagieer en idees gesteel het dít in 370 bladsye, met vers en kapittel, waaronder vyf aanhangsels.

Hy noem Roberts se boek ’n “kolossale literêre bedrogspul”.

Brink skryf dat hy eers met Roberts bevriend was voordat laasgenoemde hom “met ’n yspik in die kop gesteek het” (’n verwysing na Roberts se boek), en het aan Die Burger gesê hy het reeds regstappe in werking gestel.

In sy reaksie het Roberts gesê hy dra nie kennis van Brink se boek nie en kan nie daarop kommentaar lewer nie. Die Burger het later ’n lys vrae na aanleiding van Brink se aantygings vir kommentaar aan Roberts ge-e-pos. Roberts het teen druktyd nog nie geantwoord nie en kon nie weer op sy selfoon bereik word nie. Die vrae behels onder meer gedeeltes van Roberts se boek wat hy volgens Brink uit laasgenoemde se werk gekopieer het.

In ’n verwante verwikkeling beweer Mark Gevisser in sy pas verskene Thabo Mbeki: The Dream Deferred (Jonathan Ball) dat Mbeki wél ’n vigsafvallige is.

In Junie (die maand waarin Roberts se boek verskyn het) het Mbeki glo vir Gevisser geskakel om die ANC-gespreksdokument oor vigs, Castro Hlongwane, onder sy aandag te bring. Hy het glo ’n bygewerkte weergawe daarvan by Gevisser laat aflewer. Mbeki het glo gesê Castro Hlongwane gee sy siening oor vigs akkuraat weer.

James Myburg meen op sy blog Politicsweb dit kom neer op ’n repudiëring van Roberts en mnr. Essop Pahad, minister in die presidensie, wat Roberts se boek aangevoor het.

Brink meen dié onthullings onderskryf die inhoud van Lying and Thieving.

Volgens Roberts moet Gevisser uitspel wat hy onder “vigsdissident” verstaan. “Indien dit dui op iemand wat ontken dat MIV vigs veroorsaak, is Mbeki nie ’n vigsdissident nie.”

Hy wys daarop dat Gevisser Mbeki nie regstreeks oor Castro Hlongwane aanhaal nie. “Ons weet nie presies wat Mbeki daaroor gesê het nie.”

Roberts sê verder Mbeki het Fit to Govern gelees voordat dit verskyn het, maar nie The Dream Deferred nie.

    
VIND
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |