Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
658 dae tot afskop
2010
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
 
Mnr. Miyere Ole Miyandazi, ’n Masai-kryger, rus op een been. Hy het na Suid-Afrika geloop om sy stryd vir die regte van minderheidsgroepe soos die Masai in Kenia voort te sit. Foto: ESA ALEXANDER
Mnr. Miyere Ole Miyandazi, ’n Masai-kryger, rus op een been. Hy het na Suid-Afrika geloop om sy stryd vir die regte van minderheidsgroepe soos die Masai in Kenia voort te sit.    Foto: ESA ALEXANDER
Nuus
Masai-kryger stap van Kenia tot in Kaapstad
LE ROUX SCHOEMAN 15/09/2006 10:13:48 AM - (SA)

KAAPSTAD. – Soos ’n swaargewapende trapsuutjies loop die skelrooi geklede mnr. Miyere Ole Miyandazi – ’n wandelende Masai-kryger en groepsregte-aktivis – die Medi-Spa in Kloofstraat met lang, afgemete treë binne.

In dié welsprekende en geskoolde sesvoet-kryger het die swierige badplasie ’n entoesiastiese en moontlik onwaarskynlike medewerker gekry vir sy eersdaagse Geen Grense-uitstalling.

Hy laat deurgaans sy voet op sy knie rus, terwyl hy spies in die hand praat oor grense en menseregte. Die eenbeenstaan is volgens hom die gebruik onder mans in sy stam, die Masai van Kenia.

Miyere se eie Geen Grense-veldtog word volledig uiteengesit op sy webwerf (www.masaiwarrior.com) en onder sy mantel dra hy ook ’n selfoon, maar in wese is hy primitief, het hy vandeesweek gesê.

Sy veldtog in Kenia het in Augustus 2004 ten einde geloop nadat die Anglo-Masai-grondhuurooreenkoms van 99 jaar verstryk het.

Dit het hom laat wyk uit Kenia en hy het heelpad Kaap toe gestap om die aandag te vestig op die lot van die Masai en ’n punt te maak oor landsgrense.

“(As Masai) glo ons (die mens) is ’n mandaat gegee deur sy skepper om om te sien na lewe en lewe toe te laat om na hom om te sien,” volgens Miyere.

“Die kwessie nou is as jy kom grense neerlê en sê nee, jy kan nie so beweeg nie . . . Dit maak nie sin nie. Nou noem hulle dit primitief. Wat in orde is, maar het hy (die Masai) nie die reg om die koers te kies wat hy wil en steeds te glo in wat sy voorvaders onderhou het nie?” het Miyere gevra.

Die vrug van die samewerking tussen die spa en Miyere se veldtog word die naweek uitgebeeld wanneer ’n verskeidenheid kunswerke en uitstallings oor die tema van grense onder ’n boom op die perseel vertoon sal word.

Volgens mnr. Ian Macfarlane, direkteur van die Medi-Spa, het sy en Mi­yere se paaie gekruis toe die kryger vroeër vanjaar een van hul ander gesellighede, die Tibettaanse Fees van Medelye, bygewoon en gevra het of hulle bereid sou wees om iets oor die Masai te doen.

■ Die Geen Grense-uitstalling vind môre en Sondag plaas by die Medi-Spa in Kloofstraat.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |