Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  MULTIMEDIA  

  VIDEO  

  FOTOGALERYE  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
BBC-kosprogramaanbieder Stefan Gates wys hoe ’n “bum sandwich” gemaak, “gesit” en daarna voorgesit word.   Foto’s: EDREA CLOETE
BBC-kosprogramaanbieder Stefan Gates wys hoe ’n “bum sandwich” gemaak, “gesit” en daarna voorgesit word.    Foto’s: EDREA CLOETE
Video
VIDEO: Gesogte toe(sit)broodjie moet verkieslik pap, warm gesit word
16/05/2008 01:54:21 PM - (SA)   

KAAPSTAD. – Met die hulp van ’n agterstewe uit die gehoor het ’n Britse smaakklierpionier gister ’n toebroodjie soos min hier berei.

Stefan Gates is ’n kosskrywer en bekroonde televisie-aanbieder van die BBC se Cooking in the Danger Zone-reeks. Hy het sy sogenaamde “bum sandwich” voor ’n klein gehoor by ’n multimedia-kombuis onder die vaandel van vandeesweek se Good Food and Wine Show by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) aanmekaar geslaan. Die klein kaas-en-pesto-toe(sit)broodjie is met plastiek toegedraai en toe aan ’n jong vrywilliger in die gehoor oorhandig om dit behóórlik pap en warm te sit.

Volgens Gates is dié ’n ou Britse resep vir ’n aweregse, maar tog lekker versnapering. Ná sowat 40 minute is die jong man gevra om op te staan en die gereg is in repies gesny en op ’n aantal grootskerms bo die praalkombuis vertoon.

Gates het ook ’n paar ander ongewone geregte voorgesit – dít nadat hy vroeër dié week op eie stoom Guguletu binnegevaar het om ’n plaaslike township-gunsteling te nuttig.

Hoewel dié gereg in volksmond ’n “smiley” heet, is die lekkerste deel van ’n gekookte en gebraaide skaapkop glo inderwaarheid die (retina-lose) oë – nie die grynslag nie, sê Gates.

Volgens hom was dié gereg wat hy beleef het, ’n welkome afwisseling van stedelike Kaapstad se gul soesji-aanbod.

Die kosskou duur tot 18 Mei.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |