|
|||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | ||||||||
![]() Video
Die Tygerberg “witch”-projek
Die vars reuk van dagga op die trappe… twee leë bierbottels, dis al.
Ten spyte van misdaad en verkragting by Tygerberg hospitaal is daar steeds geen noemenswaardige sekuriteit nie, behalwe by die hoofuitgang waar voertuie gestop word. Dis maklik om by die perseel in te kom omdat grensmure op sekere plekke tot 10 meter gapings het. Kabeldiewe het vrye toegang om fasiliteite te plunder en geboue is onbewaak. Dis kinderspeletjies om met die trappe of hysers van onder tot op die dakke vrylik rond te beweeg.
Die gange en parkeerareas lyk soos ‘n onlange TV program oor die aarde sonder mense.
Die Burger se multimediaspan het onverstoord, toegang tot elke uithoek van die perseel verkry.
As dokters en besoekers vir hul lewens moet vrees, kan ‘n mens net wonder hoe veilig pasiënte daar voel.
Dit is die situasie by een van die land se bekendste staatshospitale. Is dit ‘n wonder dat privaatinstansies sulke hoë tariewe kan vra as onheilspellende staatsfasiliteite die enigste ander alternatief is? Rene Lötter van dieburger multimedia het tydens ons “besoek” aan die perseel, heeltyd gevoel “as ek nie nou hier wegkom nie eindig ek dalk hier op”.

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |