Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  MULTIMEDIA  

  VIDEO  

  FOTOGALERYE  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Video
Regering ‘ondermyn nuwe boere’
11/05/2008 03:52:44 PM - (SA)   

KAAPSTAD. – “As ons grond kry, kan ons voedsel aan die land voorsien en só hoë voedselpryse teenwerk.”

Só het mnr. Danie Engelbrecht, ’n woordvoerder vir opkomende boere in die Noord-Kaap, die Weskus en die Suid-Kaap, gesê tydens ’n betoging voor die parlement hier.

Honderde opkomende boere en plaaswerkers het gister in ’n versoekskrif aan die ministers van landbou, van grondsake en van provinsiale en plaaslike regering verskeie griewe gelug.

Dit sluit onder meer in die stadige pas van grondhervorming, die privatisering van Transnet (wat men­se sonder werk en eiendomsreg gelaat het), die emmerstelsel wat nog in gebruik is en plaasuitsettings.

Gemoedere het opgevlam toe me. Lulu Xingwana, minister van landbou en grondsake, en mnr. Sydney Mufamadi, minister van provin­siale en plaaslike regering, nie beskikbaar was om die versoekskrif te ontvang nie.

Mnr. Terance Fife, die Wes-Kaapse direkteur van die departement van grondsake, het die versoekskrif namens Xingwana ontvang en mnr. Zamayedwa Sogayise, die personeelhoof van die provin­siale behuisingskantoor, het dit namens Mufamadi ontvang.

Die opkomende boere en mense wat nie grond besit nie van so ver as Koeboes, Transnet-behuising in die Sentraal-Karoostreek en Matzikama, het met busse en taxi’s tot by die Keizersgracht gekom vanwaar hulle vreedsaam tot by die parlement gestap het.

Hulle versoek onder meer spoeltoilette, veilige paaie en kommunikasie-tegnologie, veral op plekke soos Wupperthal.

Me. Yvette Robertson (38), ’n verteenwoordiger van die Transnet-gemeenskappe (mense wat op grond woon wat aan Transnet behoort) in die Sentraal-Karoo, het gesê die emmerstelsel moes reeds verlede jaar in dié gebiede uitgefaseer word, maar hulle sit steeds met die probleem. “Die ministers moet help, want dit lyk asof niemand ons raaksien nie.”

Volgens mnr. George Cloete (60) van Komaggas in die Noord-Kaap moet die regering, kerke, nie-regeringsorganisasies en gemeenskappe ’n vennootskap vorm om armoede te beveg.

Hy het gesê opkomende boere word tans nie by landbouprogramme betrek nie. “Ons wil erken word as deel van die regering se projekte en as deel van Suid-Afrika.”

Mnr. Pieter Esau (58), ’n opkomende boer van Piketberg, het gesê boere sukkel om grond te bekom. “Die munisipaliteite is nie bereid om grond aan opkomende boere te gee nie.”

Hy wil hê die regering moet geld en grond vir opkomende boere beskikbaar stel. “Ons wil nie net opkomende boere bly nie, ons wil kommersiële boere word.”

Volgens Engelbrecht is slegs 4% van landbougrond tot op hede aan die onteiende, grondlose mense van Suid-Afrika oorgedra.

“Ons mensereg op voedselsoewereiniteit en grondhervorming, wat insluit die reg op behuising, die grondbesitreg van mense op staatsgrond en die reg om ons families te voed, word ondermyn deur die regering en sakebelange.”

Engelbrecht het gesê die versoekskrif moet binne 21 werksdae skriftelik deur die ministers beantwoord word, waarna hulle hoop om ’n vergadering met die ministers te hou.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |