Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
567 dae tot afskop
2010
WEER Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT OOS-KAAP SUID-KAAP VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
BUITELAND VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL
GESONDHEID REIS LANDBOU BY GLITZ VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Die klein Clio lyk weer vars nadat Renault ’n paar kosmetiese veranderings aangebring het. En sommer ’n nuwe naam (die Extreme) ook, ek sê. Foto’s: QUICKPIC
Die klein Clio lyk weer vars nadat Renault ’n paar kosmetiese veranderings aangebring het. En sommer ’n nuwe naam (die Extreme) ook, ek sê.    Foto’s: QUICKPIC
Motors
Renault se Clio kry vars nuwe voorkoms
27/08/2008 09:06:02 PM - (SA)

Bloemfontein. - Met die motor-koek in Suid-Afrika wat maandeliks krimp, doen vervaardigers baie dinge om voornemende kopers se aandag te trek.

Renault het in dié omstandighede pas besluit om sy Expression-modelle voortaan as die Extreme te laat voortleef, met die uitsondering van die Expression 1.5 dCi.

Die Extreme-modelle is terselfdertyd sommer ook opgeknap en beskik oor nuwe toerusting en ’n paar kosmetiese veranderings.

Volgens Renault Suid-Afrika sal die Extreme-modelle ook ’n vars bries wees vir die sukses van sy va-va-voom-modelle (wat eintlik maar die intreevlak-buksies is). Onthou nou, va-va-voom is Renault se naam, en zoem-zoem Mazda s’n. Jip, ’n bemarker het dit uitgedink . . .

Terug by die opgekikkerde Clio’s. Hoewel die reeks grootliks onveranderd gebly het sedert die klein Fransman in 2006 hierheen gekom het, het Renault dit tog goedgedink om sy hare weer ’n slag te kam.

Al die Extreme-modelle sal voortaan, buiten die standaardtoerusting van die Expression, ’n leerbedekte ratknop en stuurwiel hê, asook ’n CD-speler, misligte voor, verhitte kantspieëls en getinte vensters.

Aan die binnekant het die middelkonsole nou ’n blou agtergrond terwyl chroom-afwerking rondom die deurhandvatsels ingespan word.

Die driedeur-modelle kry ook 15 duim-vellings en hoofligte wat die rigting van die stuur volg wanneer jy skerp draai. Vir die eerste keer is daar ook ’n 1.6 liter-enjin in die driedeurbakwerk beskikbaar.

Die nuwe Extreme-modelle se pryse is:

1.4 Extreme (vyfdeur) – R144 000; 1.6 Extreme (vyfdeur) – R155 000; 1.6 Extreme (vyfdeur, outomaties) – R165 500; 1.4 Extreme (driedeur) – R147 000; en die 1.6 Extreme (driedeur) – R158 000.

    
VIND
Braai-eenhede
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Braai-eenhede
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |