Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  FEATURES  

  BUITE  

  LEEFSTYL  

  MOTORS  

  GESONDHEID  

  LANDBOU  

  BY  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Die M-klas is oorsee reeds opgekikker en hy sal oor ’n paar maande in Suid-Afrika wees. Let op die nuwe hoofligte, groter skermplaat en sierrooster.
Die M-klas is oorsee reeds opgekikker en hy sal oor ’n paar maande in Suid-Afrika wees. Let op die nuwe hoofligte, groter skermplaat en sierrooster.   
Motors
Groot M-klas kan nie misgekyk word
07/05/2008 07:05:25 PM - (SA)

’N RAND vir elke keer wat Mercedes die term “teenwoordigheid” in sy persverklaring oor die opgekikkerde M-klas gebruik.

Alles wat verander het aan die model, naas die nuwe stuurwiel met sy ekstra knoppies en chroom, is gedoen om die M-klas ’n “selfs meer indrukwekkende teenwoordigheid op die pad te gee”.

Nie dat ’n mens die gróót M-klas in jou truspieël kan miskyk nie, maar nou is daar nuwe hoofligte, ’n groter sierrooster met ekstra chroom, ’n groter skermplaat voor en agter wat bedoel is om die motor breër te laat vertoon, breër en wyer dakrelings en verdonkerde agterligte.

Die opkikkering is deel van die normale lewensiklus van die M-klas, wat in 2005 reeds bekend gestel is. Binne sal voornemende kopers voortaan uit ’n groter verskeidenheid afwerkings, leerbeslag en elektroniese luukshede kan kies. Só byvoorbeeld bied die M nou ook Merc se stemopdrag-stelsel, sy Pre-Safe-stelsel wat die motor as ’t ware in gereedheid bring as ’n ongeluk onafwendbaar lyk en ’n opgekikkerde elektroniese beheerstelsel wat nou meer na die ander nuwe modelle in die reeks lyk.

Die nuwe M-klas sal in die eerste week in Oktober in die land bekend gestel word.

*Merc het so stil-stil aan die begin van die jaar 40 CLK63 AMG Black Edition-modelle in die land ingebring.

Die sogenaamde Black Series is AMG-Merc’s wat hul inspirasie by sportmotors leen. In die geval van die CLK is die padmotor geïnspireer deur die CLK-modelle wat in die Duitse produksiemotorreeks (DTM) jaag en veral die model wat as die amptelike F1-veiligheidsmotor diens gedoen het.

Teen R1,4 miljoen is dié CLK63 AMG ’n baie, baie spesiale motor. Die AMG-ingenieurs het van die agterbank ontslae geraak, terwyl die luginlate voor en lugsnoer agter van koolstofvesel gemaak is. Ekstra verkoelingsgate en roosters hou die spesiale glipewenaar agter koel en die stabiliteitsbeheerstelsel is hergeprogrammeer vir gebruik deur bewese bestuurders.

Die enjin is geskoei op die bestaande 6.2 liter-V8, maar die ingenieurs het 19 kW ekstra uitgetap en die uitlaatstelsel is herontwerp vir beter klank en laer terugdruk op die enjin.

In die binneruim is daar ook ruimskoots gebruik gemaak van koolstofvesel en die bestuurder en passasier sit in spesiale AMG-sportsitplekke. Die bestuurder het volle beheer oor die sewegang-outo’kas danksy spane agter die stuur en die onderstel kan verstel word vir gebruik op die pad en renbaan.

Die CLK63 AMG Black Edition haal 100 km/h in 4.3 sekondes, bereik ’n topspoed van 300 km/h (elektronies beperk) en het kragsyfers van 373 kW en 630 Nm.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |