Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  FEATURES  

  BUITE  

  LEEFSTYL  

  MOTORS  

  GESONDHEID  

  LANDBOU  

  BY  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Die CX-7 het ’n vaartbelynde profiel, maar daardie hoë wielboë is net ’n raps te erg. Foto: MARNUS HATTINGH
Die CX-7 het ’n vaartbelynde profiel, maar daardie hoë wielboë is net ’n raps te erg.    Foto: MARNUS HATTINGH
Motors
Mazda CX-7 bied goeie waarde vir geld
07/05/2008 07:04:51 PM - (SA)

GOED, laat ons dit maar erken: Die eerste keer toe ek die nuwe Mazda CX-7 in lewende lywe gesien het, het sy agterstewe my aan my eerste skrum op laerskool laat dink.

Die keer toe die ander span se stut nie kon onthou waar hy sy kop moes insteek nie, en toe maar na my voorkop toe gemik het. My opgeswelde oogbank het nes die CX-7 se dun agterruit en dik heupe gelyk.

Voorkoms

Soos daardie eerste skrum het dinge op die speelveld darem vir sowel my as die CX-7 beter geword. My oogkas het nie weer voorkoppe opgesoek nie, en die CX-7 lyk ook beslis beter vanuit ’n ander hoek, het ek gevind.

Soos daardie neus. Effens gerond, met ’n lekker bult in die middel om die 2.3 liter-turbo behoorlik te akkommodeer.

Dis natuurlik dieselfde kragbron as wat Mazda in sy warm MPS- modelle inspan, maar meer daaroor later.

Die CX-7 het in sy geheel ’n heel sportiewe profiel. Die dak daal skerp na agter, terwyl die heupe daardie genoemde hoë skouerlyn vorm.

Vir ’n sportnutswa het hy dus ’n lekker sportiewe wigvorm wat hom atleties laat lyk. Dié word nog meer beklemtoon met daardie prominente wielboë wat, na my mening, voorlangs werk, maar agter heeltemal oordoen is.

Binneruim

Klouter jy egter agter die stuur in, word dié sportiewe belofte nie heeltemal voortgesit nie.

Die instrumentasie is maklik leesbaar, terwyl al die skakelaars goed versprei is in die middel- konsole, maar daar is niks spesiaals daaraan nie. Dis eerder ’n gewone Toyota RAV4-gevoel wat jy kry as spesiale M-klas- of X5-weelde wat jy inadem.

Sitplek vir vyf volwassenes sal oorgenoeg wees, terwyl die laairuim agter ook lekker groot is. Daar is wel twee klein sitplekke heel agter wat in die laairuim wegvou, maar maak maar die bure se raasbek-12-jarige daarop vas as julle gaan toer.

Ons toetsmotor se sitplekke was interessant genoeg in wit leer afgewerk, wat wel pragtig lyk, maar baie onprakties as ’n veldryer is.

Enjin

Nou, die CX-7 is met ’n groot hoe-ha aan die media bekend gestel as ’n voertuig wat iets van albei wêrelde aan die koper bied: ’n lekker 4x4 vir die veld, en ’n haastige stadswa wat die bene goed kan rek. Daarom dan die sportiewe voorkoms, en die 2.3 liter-MPS- ­enjin met sy turbo-skop.

Goed, die voorkoms dra die boodskap oor. Hy lyk haastig, as jy hom so beskou. En gelukkig bring die enjin ook sy kant. Teen 2 500 r/min. kry jy 350 Nm wringkrag onder jou regtervoet, en dit word permanent na al vier die wiele gestuur. Heel billike verrigting, dus.

Brandstofverbruik is ook nie te onaardig nie. In gemengde gebruik het ek so 12,0 /100 km gekry, wat jy seker nog ’n liter of wat laer kan dwing as jou vrou saamry.

Rit

My enigste frons het net met die sesgang- outomatiese ratkas gekom. Dit is gelukkig ’n sesgang- eenheid, maar hy het net ’n raps lui gevoel om ’n rat laer te vind as jy vinnig iemand wil verbysteek. Die wa is gou om op te rat tot in sesde as jy kuier-kuier in die stad ry, maar as jy die flikkerlig raps en meer vet gee, wil hy nie noodwendig altyd terugrat nie. Plant die voet diep, wag ’n telling of twee, en ja, dan sal hy twee ratte terugglip.

Dis nogal belangrik, want om die turbo se krag te gebruik het jy die regte rat vir die regte oomblik nodig. Anders kon jy ’n vyfgang’kas met ’n normaal geaspireerde vuurwa gekoop het.

Die rit self is egter gemaklik en sag. Jou ryposisie is lekker hoog, en sig reg rondom is heel goed. Enjingeraas raak miskien net te gou hoorbaar as jy die voet plant, maar as jy die turbo aan die gang het, kan die CX-7 lekker sy bene begin rek. Dan is hy in sy element.

Ek moet egter erken: Jy sal nie veel meer as ’n grondpad met hom in die veld wil aandurf nie. Dis eerder ’n stadsvoertuig wat soms veld toe sal gaan hierdie.

Slotsom

Een van die beste aspekte van die CX-7 is sy goeie prys. Ek dink dis billik vir wat hy bied. Dis ’n lekker unieke pakket: ’n sewesitplek-veldryer wat permanente vierwieldrywing het, asook ’n turbo-enjin en ’n baie eiesoortige stilering. Hy staan gewis uit tussen al die gewone, hoekerige 4x4’s op die pad.

Hy sal dus heelwat mense baie gelukkig maak. Dis net, ek het so ’n raps meer spesiaals van hom verwag. Maar wat, dis steeds ’n billike vuurwa, die CX-7.

    
VIND
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |