Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  FEATURES  

  BUITE  

  LEEFSTYL  

  MOTORS  

  GESONDHEID  

  LANDBOU  

  BY  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Die Finse jaer Heikki Kovalainen het wonderbaarlik heelhuids uit dié wrak van sy McLaren geklim nadat hy voorverlede Sondag in Barcelona in die randskerms vasgejaag het. Koste in Formule Een is deesdae hoog, maar die veiligheidstandaarde is daardeur merkbaar verbeter.
Die Finse jaer Heikki Kovalainen het wonderbaarlik heelhuids uit dié wrak van sy McLaren geklim nadat hy voorverlede Sondag in Barcelona in die randskerms vasgejaag het. Koste in Formule Een is deesdae hoog, maar die veiligheidstandaarde is daardeur merkbaar verbeter.
Motors
Geld vernietig Super Aguri se F1-drome
07/05/2008 07:04:21 PM - (SA)

SOWAT ’n jaar gelede was die kans goed dat 12 spanne vir die 2008- Formule Een-seisoen sou aantree. Elf spanne het op die ou end die seisoen aangepak, maar van hierdie naweek af in Turkye sal slegs tien in aksie wees.

Die nuus Dinsdagoggend dat Super Aguri onmiddellik sy F1- ­bedrywighede gestaak het, was nie onverwags nie, maar het nietemin met ’n skok gekom.

Dié spannetjie, wat die afgelope twee jaar diep in die hart van F1-ondersteuners gekruip het danksy sy Dawid-teen-Goliat- ­benadering, was sedert die laaste helfte van verlede jaar finansieel in die moeilikheid omdat een van sy borge nie met die beloofde geld vorendag gekom het nie.

Sedertdien moes Super Aguri op Honda staatmaak om aan die gang te bly en het skuld van ’n geskatte R750 miljoen opgehoop.

’n Reddingspoging met Midde-Oosterse geld het vroeër vanjaar deur die mat geval en so ook een met Duitse geld die afgelope week. Honda, wat op sy eie F1-span wil konsentreer, is nie langer bereid om die verliese te dra nie, al is Super Aguri oorspronklik einde 2005 deur dié maatskappy gestig sodat die Japanners se held, Takuma Sato, nie in die wildernis moes sit nie.

Die kernrede waarom geld nie maklik gevind kan word om ’n span soos Super Aguri oor te neem nie, is dat spanne van 2010 af nie toegelaat gaan word om ander se ontwerpe te gebruik nie – elke span moet van dan af sy eie motor ontwerp en bou.

Super Aguri het in 2006 die onderstel van die 2002-Arrows-motor gebruik en verlede jaar die suksesvolle Honda-onderstel van 2006. Hy het vanjaar die 2007-Honda as basis gebruik.

’n Nuwe eienaar sal dus ’n fabriek moet aanlê, sy eie infrastruktuur vestig en sy eie ontwerp- en ontwikkelingspersoneel aanstel – iets wat dermiljoene sal kos nog voordat die motor ’n wiel gedraai het. En dié proses sal onmiddellik moet begin.

Om dieselfde redes het Prodrive deur die loop van verlede jaar besluit om nie voort te gaan met sy planne om vanjaar tot Formule Een toe te tree nie.

Vyf-en-twintig jaar gelede is 36 motors vir die Suid-Afrikaanse Grand Prix op Kyalami ingeskryf, waarvan 26 toegelaat is om te kwalifiseer.

Dit was die norm daardie jare, voordat Bernie Ecclestone en Max Mosley besluit het ’n maksimum van 12 spanne met twee motors elk sal die standaard van die inskrywings verhoog en die inherente waarde van plekke op die rooster opstoot.

Daarin het hulle weliswaar geslaag, maar terselfdertyd het die koste van deelname die hoogte ingeskiet, en gaandeweg het spanne begin uitval sonder dat hulle deur nuwes vervang is.

Van dié op daardie 1983-inskrywingslys bestaan die volgende spanne nie meer nie: Brabham, ATS, Lotus, RAM, Alfa Romeo, Ligier, Arrows, Osella en Toleman. Tyrrell het tot Honda gegroei, en Renault het tussen 1986 en 2001 van die toneel verdwyn.

Formule Een sit dus nou met net 20 motors op die rooster, en dit kan 18 word indien Red Bull nie binne die volgende jaar ’n belegger kan vind om sy B-span, Toro Rosso, tot ’n fabriek-span uit eie reg op te gradeer nie.

’n Kleiner wordende veld is ’n teken dat nie alles wel is nie. Champ Car en die IRL in Amerika is onlangs tot hereniging gedwing omdat niemand meer na ’n klein groep motors wou kyk nie, en in baie ander vorme van motorsport het reekse om dieselfde rede in duie gestort.

Formule Een moet sy status as die toppunt van motorsport handhaaf, ja, maar terselfdertyd moet maniere gevind word om nuwe bloed in te bring en deelname vir hulle bekostigbaar te maak. Pogings is aan die gang om spanne se begrotings te beperk, maar dit gaan nie maklik wees om dit toe te pas nie.

Terwyl hierdie pogings aan die gang is om te verseker die Goliatte kan aanhou speel, salueer Dawid gerus, daar waar hy nou die skerwe van sy droom om hom sien lê.

    
VIND
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |