Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  FEATURES  

  BUITE  

  LEEFSTYL  

  MOTORS  

  GESONDHEID  

  LANDBOU  

  BY  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Aartjie na sy vaartjie. Van regs is die BMW Turbo, die M1 en die M1 Homage-konsepmodel. BMW wil Audi se wegholsukses met sy R8 probeer nadoen deur die M1 te laat herleef.Foto: QUICKPIC
Aartjie na sy vaartjie. Van regs is die BMW Turbo, die M1 en die M1 Homage-konsepmodel. BMW wil Audi se wegholsukses met sy R8 probeer nadoen deur die M1 te laat herleef.   Foto: QUICKPIC
Motors
BMW wil M1 van toeka laat herleef
07/05/2008 06:54:26 PM - (SA)

DIE BMW Turbo is donkiejare gelede so voor sy tyd beskou soos ’n selfoon tydens die Groot Trek. Tog was dié koddige konsepmodel van Paul Bracq destyds die voorloper van een van BMW se indrukwekkendste voertuie nog – die ikoniese M1.

Vanjaar vier die M1 sy dertigste verjaardag, en om dié vuurwa te gedenk, het BMW ’n spesiale konsepmodel – die M1 Homage – bekend gestel. Maar eers ’n bietjie agtergrond oor die oorspronklike model.

Toe die M1 destyds die lig gesien het, was vriend en vyand verbaas oor die sportiewe BMW wat gou sy staal op die wêreld se voorste renbane getoon het. Wat egter veral tot sy gewildheid bygedra het, was die feit dat Jan Alleman (met ’n gesonde bankbalans) hom geredelik kon aanskaf.

Die M1 was BMW se aanslag op die supersportmotor-segment. Die resep was reg – ’n enjin wat in die middel, agter die twee voorste sitplekke, gemonteer is en lang, slanke lyne vir die bakwerk in tipiese sportmotortradisie. Kortom, die M1 is neergepen (deur Giorgio Giugiaro, terloops) soos net ’n flambojante Italianer kon.

Vandag, dertig jaar later, het BMW besluit om die M1 met sy M1 Homage-konsepmodel te gedenk. Hoewel dit bloot ’n ontwerp-studie is, weet enige petrolkop dat dié kalant ’n uitstekende kans vir BMW bied om ’n Audi R8-mededinger op die pad te plaas. En terselfdertyd sommer ook ’n klompie Porsches en Ferrari’s die skrik op die lyf te jaag.

Die wenresep van die oorspronklike M1 is nougeset gevolg. Die enjin sit tussen die bestuurder se rug en die agterste as terwyl die kajuit ook aansienlik groter as dié van die oorspronklike M1 gemaak is.

Die enjinkompartement word deur twee rye hortjies bedek – nes die oorspronklike model – en agter is daar twee BMW-kentekens, in tipiese M1-tradisie. Die agterligte lyk ook of dit onder die enjinkap verdwyn met ’n dodelike gluur wat sê: “Nou sien jy my, maar binne sekondes is ek weg voor jou.”

Voor pryk die sierrooster met BMW se jongste interpretasie van sy bekende niertjie-luginlate.

Wat die hoofligte betref, het BMW egter van die oorspronklike model s’n afgewyk. Waar die M1 destyds die toe gewilde styl van opwipligte gehad het, pronk die M1 Homage nou met ligte wat onder die neusgedeelte ingepas is. Dit is net sigbaar as die motor aangeskakel word, sê die vervaardiger.

Dié ontwerp vir die hoofligte moet natuurlik meeding met die Audi R8 se baie gewilde bloulyn-ligte – ’n dun repie blou LED-liggies wat regdeur die dag skyn as die motor aan is.

Van die kant gesien is die M1 Homage se lyne vloeiend en daar is selfs iets van BMW se bekende Hofmeister-knak – die lyn wat by die C-pilaar skuins opwaarts loop, soos by die X3 – sigbaar.

Groot luginlate voor die agterwiele sorg dat die enjin genoeg suurstof kry terwyl die agterste wielboë venynig uitbult.

Die Porsche 911-klas-sportmotor, ’n kategorie van vuurwaens wat amper as supermotors bekendstaan, raak by die dag gewilder in Europa en Amerika, vandaar dat die vervaardigers oor hul voete val om so ’n model op die mark te kry. Audi se sukses met sy R8 – minstens 12 maande se produksie is reeds uitverkoop – het BMW derhalwe genoop om ou suksesse, soos die M1, weer uit die laaie op te diep.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |