Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  FEATURES  

  BUITE  

  LEEFSTYL  

  MOTORS  

  GESONDHEID  

  LANDBOU  

  BY  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Die neus het aandag gekry, maar dit is die veranderings onder die neus wat tel. Die A3 kry Audi se nuutste S-Tronic-ratkas, magnetiese ritverstelling en ’n S3-weergawe van die Sportback.
Die neus het aandag gekry, maar dit is die veranderings onder die neus wat tel. Die A3 kry Audi se nuutste S-Tronic-ratkas, magnetiese ritverstelling en ’n S3-weergawe van die Sportback.
Motors
A3 bult spiere buite én onder enjinkap
07/05/2008 06:53:57 PM - (SA)

DIT is reeds vyf jaar sedert Audi sy gewilde A3 in die mark bekend gestel het, wat dit beslis tyd vir ’n modelvernuwing gemaak het.

Die reeks veranderings is hierdie keer egter nie net kosmeties nie, want onder die vel is sake ook anders as tevore. Ander nuus is dat ’n nuwe model, ’n Sportback-weergawe van die S3, hom by die reeks sal aansluit.

Met tipiese Michael Jackson-styl het die A3 en S3 se neus die meeste aandag gekry. Die voorste buffer en sierrooster lyk heel anders en die hoofligte gebruik nou dieselfde stel ligrepies soos die R8.

Ander veranderings voor sluit ’n bultende enjinkap en uitgeboude wielboë in. Die A3 se profiel het min verander, maar die ontwerpers het nuwe deurhandvatsels en tru­spieëls met flikkerligte aangeskroef.

Agter kry die luikrug ook die A3-afslaankap se dun ligrepies wat, weer eens soos op die R8, helder en uniek is. Die agterste buffer het ook tyd onder die mes deurgebring.

Binne die A3 is daar verander aan die middelpaneel se knoppies, veral om nuwe elektroniese stelsels te akkomodeer, die A3 kry die outomatiese parkeerhulpstelsel by (soos by die nuwe Tiguan) as keuse, hy leen die ratskakel-aanduiding van die nuwe A4 (wat die beste rat vir enige situasie voorstel) en die bagasievloer kan voortaan ook uitgehaal en omgeswaai word sodat sy skoon plastiekkant na bo lê. Dis nuttig vir die vervoer van nat bagasie.

Audi se ingenieurs het ook nie die meganika onaangeraak gelaat nie.

Een van die belangrikste toevoegings is die nuwe weergawe van Audi se DSG-ratkas (wat Audi deesdae S-Tronic noem). Hierdie baanbrekerstelsel bied nou die keuse van ses of sewe ratte (sewe in kleiner enjins) en is skynbaar nou reg vir meer wringkrag, wat beteken dat ons moontlik die stelsel ook in S-modelle in die toekoms kan sien.

Ander nuwighede is die toevoeging van skokbrekers wat hul viskositeit met die druk van ’n knoppie kan verander om jou die keuse van ’n ferm of ’n sagte rit te bied. Dis dieselfde stelsel as wat in die R8, TT, A5 en binnekort die A4 ook verskyn. Die stelsel gebruik ’n elektriese stroom om die viskositeit van die skokbrekervloeistof oombliklik te verander. In normale omstandighede bied dit ’n sagte rit, maar as jy dit aktiveer, sal ’n blikbrein die fermheid oombliklik laat verander na gelang van jou spoed.

Audi Suid-Afrika het aangedui dat die opgekikkerde A3-reeks moontlik reeds teen September in die land sal wees. Die A3-afslaankap sal hom ook vanjaar in die land tuismaak.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |