Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  FEATURES  

  BUITE  

  LEEFSTYL  

  MOTORS  

  GESONDHEID  

  LANDBOU  

  BY  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
’n Groot chaos het Sondag in die hoofren uitgebreek toe Suid-Afrika se Adrian Zaugg uit die kuipe wou wegjaag en die domkrag nog agter aan sy motor vasgesit het. Dié petalje het die span ’n deurry-straf gekos, wat hulle tien plekke op die baan gekos het.
’n Groot chaos het Sondag in die hoofren uitgebreek toe Suid-Afrika se Adrian Zaugg uit die kuipe wou wegjaag en die domkrag nog agter aan sy motor vasgesit het. Dié petalje het die span ’n deurry-straf gekos, wat hulle tien plekke op die baan gekos het.
Motors
Domkrag stok in SA A1-span se wiel
07/05/2008 06:53:28 PM - (SA)

’N MENS wil nou nie soos ’n Lotto-speler klink nie, maar met ’n bietjie meer geluk kon die Suid-Afrikaanse A1 Grand Prix-span die seisoen op ’n puik hoogtepunt afgesluit het.

Was dit nou net nie vir daardie hefboom-domkrag in die kuipelaan nie. Die Suid-Afrikaanse span het Sondag in die seisoen se laaste byeenkoms, op die Brands Hatch-baan in Engeland, twee verdienstelike uitslae behaal om die seisoen steeds in die vyfde plek af te sluit. Dit was egter hittete of Ierland (sesde) het hulle op die punteleer ingehaal.

Tydens die kort snelren het Suid-Afrika se Adrian Zaugg ’n goeie wegspring in ’n handvol punte omgesit toe hy die ren in die sewende plek voltooi het – presies waarin hy gekwalifiseer het. Dit was ’n goeie vertoning aangesien daar voortdurend ’n gestoei en ’n gestamp op die smal baan was wat sommige jaers in die randskerms laat beland het.

Brittanje se Robbie Kerr het die ren van die begin tot end gelei om waardevolle punte in te samel. Die Britte was in ’n goeie derde plek op die punteleer, maar het saam met Nieu-Seeland om die tweede plek geveg. Kerr se sege het dus aan die tuisspan ’n vroeë voorsprong gebied.

Nadat die Suid-Afrikaner die eerste potensieel gevaarlike spoedwal van ’n snelren suksesvol oorgesteek het, het die lang hoofren voorgelê. Weer het Zaugg in die sewende plek weggespring, en weer was dit op die tone loop om om die eerste paar draaie uit die gestamp weg te bly.

Hierna het Zaugg vinnig in ’n gemaklike ritme beland waar hy al hoe meer druk op die twee motors voor hom begin plaas het. Hoewel die span se eerste oogmerk was om hul vyfde plek op die punteleer te verdedig, sou ’n goeie vertoning hulle help om selfs ’n aanslag op die vierde plek te maak.

’n Ramp het die span egter tydens die eerste van die twee geskeduleerde kuipstoppe getref. Zaugg en sy span het die motor se vier wiele blitsig omgeruil, en hulle was op pad om danksy dié blitsvertoning ’n posisie op te skuif, toe die hefboom-domkrag agter aan die motor nie ordentlik uitgehaal is nie.

Toe Zaugg wegvlieg, was die domkrag nog aan die motor vasgehaak. Die Suid-Afrikaner het goed 30 meter ver in die kuipelaan gery voordat die domkrag vanself losgekom het.

Vir dié gebeurtenis is die span dadelik met ’n deurry-straf gepenaliseer – ’n stap wat hulle effektiewelik uit die ren gehaal het.

Terloops, dié reël (dat ’n mens nie ná ’n kuipstop met iets aan jou motor nog vasgeheg in die kuipelaan mag wegry nie) is uniek aan die A1-reeks. Dit geld nie in Formule Een nie.

Zaugg het sy straf kom uitdien, en weer in die agttiende plek op die baan teruggekom. Hoewel hy hard probeer het om plekke op te maak, kon hy teen die tyd wat die geruite vlag gewaai het, net tot in die elfde plek vorder.

Gelukkig het die Ierse span, wat die Suid-Afrikaners se grootste bedreiging om die vyfde plek was, self ’n fout tydens die ren gemaak. Hulle was in ’n botsing betrokke en het van die baan gejaag. Suid-Afrika se vyfde plek was dus nie meer in die gedrang nie. Dit was desondanks ’n goeie einde vir hul beste seisoen nog in dié drie jaar oue reeks.

Narain Karthikeyan van Indië het die ren van die begin tot die einde gelei en ’n puik sege behaal. Nieu-Seeland se Jonnie Reid was in die tweede plek – net goed genoeg om aan die Kiwi’s ’n verrassende tweede plek op die punteleer te besorg, slegs een punt voor die Britte.

Die eerste ren van die nuwe seisoen vind op 21 September op die Mugello-baan in Italië plaas.

*Puntestand ná afloop van die derde seisoen:

1. Switserland – 168; 2. Nieu-Seeland – 127; 3. Brittanje – 126; 4. Frank­ryk – 118; 5. Suid-Afrika – 96; 6. Ierland – 94.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |