Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  FEATURES  

  BUITE  

  LEEFSTYL  

  MOTORS  

  GESONDHEID  

  LANDBOU  

  BY  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Sewe sitplekke en ’n nuwe 3.6 F-enjin beteken dat die Tribeca ’n nuttige nutswa is. Foto: MARNUS HATTINGH
Sewe sitplekke en ’n nuwe 3.6 F-enjin beteken dat die Tribeca ’n nuttige nutswa is.    Foto: MARNUS HATTINGH
Motors
Tribeca se vars aanslag beïndruk
30/04/2008 07:55:09 PM - (SA)

AS jy deesdae op soek is na ’n lekker groot vierwieler om die gesin mee see toe te karwei, is daar goeie nuus. Jou keuselysie is nou groter as middagete op ’n vliegtuig.

Pas ’n jaar nadat Subaru sy B9 Tribeca hier bekend gestel het, is die opgekikkerde weergawe van dié sewesitplekker na die land gebring. Nie net is sy naam nou net Tribeca nie, maar hy spog ook met ’n nuwe sierrooster.

Goeie nuus dus, as jy ’n Subaru-ondersteuner is.

Min mense kon ’n frons beteuel as hulle die ou neusontwerp gade geslaan het. ’n Sierrooster is ’n vervaardiger se kenmerk, iets wat hom van die massa moet onderskei. Maar êrens het Subaru se ontwerpers hul mode-GPS weggegooi, want die neus van die vorige Tribeca was ’n tesis vir hoe om dinge nié te doen nie.

Dankie tog dus vir die nuwe ontwerp. Die lyne van die bakwerk vloei nou sommer gladder van neus tot stert. Selfs al is die Tribeca ’n lang voertuig, kon die span dit steeds regkry dat hy nie soos ander sewesitplekkers (soos Audi se Q7) met ’n boggelrug en hangstert opgeskeep sit nie.

Die proporsies lyk in balans, veral danksy die agterste venster wat met ’n effense wig-voorkoms al kleiner na agter loop.

Binneruim

Die Tribeca boks teen BMW se X5 en Merc se ML; daarom het Subaru baie moeite gedoen om hom binne weelderig uit te rus. As jy inklim, val die ligte, roomkleurige leersitplekke en deur- panele dus dadelik op. Ook die instrumentasie is met die oorvloedige gebruik van aluminium afgewerk, wat die ligkleurige tema nie net voortsit nie, maar ook ’n knerts weelde en sofistikasie aan die binneruim verleen.

Die opvallendste is egter die vloeiende lyne wat die instrumentpaneel het. Van die hoeke af, waar dit styf teen die deur in ’n netjiese, sagte ronding aansluit, beweeg dit in ’n egalige boog voor jou knieë verby totdat dit weer by die middelkonsole uitbol.

Dis die mees dramatiese paneel wat ek nog in ’n motor gesien het, en dit lyk gewis treffend.

Agter is daar sitplek vir nog drie mense, terwyl twee kleiner sitplekke reg agter in die laairuim se vloer ingebou is. Die Tribeca is dus ’n lekker groot voertuig binne, en sy gevoel van weelde en uniekheid wat hy uitstraal as jy inklim, val dadelik op. Die gebruik van harde plastiek rondom die radio en lugversorger se kontroles is egter net ’n raps steurend.

Enjin

Benewens die stilistiese veranderings spog die Tribeca nou ook met ’n groter sessilinder-bokser-enjin van 3.6 liter (dit was eers ’n drieliter-kragbron).

Die vyfgang- outomatiese ratkas (met ’n tikratfunksie) het nuwe ratverhoudings gekry om by die sterker enjin aan te pas, en die vering agter is ook opgeknap om ’n sportiewer rit te bied.

Soos die res van die Subaru-reeks het die Tribeca ook permanente vierwielaandrywing, maar geen laestrek nie.

Rit

In die stad het die Subaru heel op sy gemak gevoel danksy ’n redelik sagte rit en goeie demping van pad- en enjingeraas. Die vuurwa is gewis lewendiger as vantevore, sonder om nou ’n Range Rover Sport by ’n robot skrik te maak. Dis eerder ’n stylvolle rit op pad skool toe om die kinders te gaan aflaai as iets waarmee jy AMG’s gaan uitdaag.

Kielie jy hom in die ribbe, geniet hy dit nog meer. Die vyfgang-’kas is miskien nie heeltemal so gesofistikeerd soos die ML se sewegang- en Merc en Audi se sesgangratkas nie, maar hy bied tog goeie algehele verrigting. ’n Voordeel is wel dat, wanneer jy die rathefboom na die tikratgleuf oorgooi, hy eers net in gewone outomatiese modus bly met ’n sport-ratverhouding.

Jy kan dus langer in elke rat bly voordat hy sal oorskakel.

Op ’n grondpad gedra die Tribeca hom ook heel skaflik. Die permanente vierwielvastrap sorg dat jy net die voet ligweg op die versneller kan hou sodat hy gemaklik sy lyn in ’n draai sal behou sonder om te gly. Die goeie klankdemping en sagte vering maak hom ook ideaal vir lang ritte op ’n grondpad.

Slotsom

Die mark vir weelderige 4x4’s is deesdae groter as die gate in die Bulls se agterlyn. Jy’t ’n wye keuse om ’n kortlysie van saam te stel, en met die mark wat nou so pap is, sal handelaars beslis ’n goeie pakket aan jou kan bied. Hulle soek dringend kopers.

Die weelderige Tribeca bied dus ’n vars bries van uniekheid. Ek hou van sy eiesoortige bokser-enjin (hoewel dit nogal swaar op brandstof kan wees) en die sewe sitplekke. Maar dis die binneruim se stilering wat my gunsteling is. Die Tribeca is soveel opwindender as sê maar ’n Ford Territory om jouself in te begewe.

Al wat lol, is die gehalte wat jy vir sy redelik hoë prys kry. Die afwerking van daardie netjiese voorkoms is straks nie heeltemal op dieselfde peil as sy Duitse mededingers nie. Maar vir sommige sal sy eiesoortigheid swaarder weeg, sou ek dink.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |