Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  FEATURES  

  BUITE  

  LEEFSTYL  

  MOTORS  

  GESONDHEID  

  LANDBOU  

  BY  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Die Jaguar E-Type V12 Roadster van 1972 waarvoor R700 000 betaal is.Foto: STEPHAN WELZ & Kie.
Die Jaguar E-Type V12 Roadster van 1972 waarvoor R700 000 betaal is.   Foto: STEPHAN WELZ & Kie.
Motors
Versamelaars raap luukse motors op
30/04/2008 07:55:38 PM - (SA)

DIE onlangse veiling van honderd veteraan- en skaars motors en motorfietse wat Stephan Welz en Kie. (in assosiasie met Sotheby’s van Londen) in Rosebank, Johannesburg, gehou het, het altesame R1,848 miljoen opgelewer. Uit die vyftig motors is net elf verkoop.

Die hoogste prys wat behaal is, was R700 000 vir ’n tweesitplek- tamatierooi Jaguar E-Type V12 Road­ster van omstreeks 1972 met verchroomde speekwiele en ’n 5.3 liter-V12-enjin.

Dié prys behaal was in ooreenstemming met die geskatte kataloguswaarde.

Twee motors, ’n Chevrolet Camaro Z28 RS van 1970 en ’n Rolls Royce Camargue van omstreeks 1982, het elk R200 000 behaal.

Vir ’n Morgan Plus 8 van 1972, ’n maroen-en-wit tweesitpleksportmotor met ’n 3.5 liter-Rover V8-enjin, is R193 000 betaal.

Een van die gunstelinge, ’n helderrooi MG-TC-tweesitpleksportmotor van 1948, het nagenoeg R170 000 behaal. Dit was egter minder as die kataloguswaarde van R220 000 tot R250 000. Die aanskoulike Britse sportmotortjie met sy roomkleurige sitplekke, groot voorligte, slanke bakontwerp en verchroomde speekwiele het ’n enjin van 1 250 cc.

’n Gerestoureerde Model T Ford met onderdele van 1912 tot 1919 het R110 000 – heelwat minder as die geskatte kataloguswaarde van R120 000 – behaal.

Vir ’n koningsblou MGA 1500- koepee van 1958 is R95 000 betaal. ’n Bottelgroen Riley RME-1.5 liter- vierdeur-sedan van 1954 (met ’n wit dak) het R90 000 behaal.

Jack Rosewitz van Stephan Welz en Kie. het aan Motors gesê hy was nogal verstom dat die versameling seldsame nommerplate, wat gewoonlik groot aftrek kry, geen belangstelling aan bieërs ontlok het nie.

Ook was die belangstelling in die aansienlike getal motorfietse nie na wense nie. Die werklike entoesiaste was klaarblyklik nie op die veiling nie.

Die pryse op die veiling behaal, is onderworpe aan bankuitklaring van tjeks wat deur die kopers uitgeskryf is, het ’n woordvoerder van Stephan Welz en Kie. gesê.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |