Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  FEATURES  

  BUITE  

  LEEFSTYL  

  MOTORS  

  GESONDHEID  

  LANDBOU  

  BY  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Nissan se nuwe X-Trail – met robotvriendelike wiele. Foto: QUICKPIC
Nissan se nuwe X-Trail – met robotvriendelike wiele.    Foto: QUICKPIC
Motors
PADLANGS: Wat sê daai TV-advertensies eintlik?
30/04/2008 07:53:28 PM - (SA)

SOMS kan ek net nie die motorvervaardigers en hul advertensieveldtogte verstaan nie. Immers, hoe moeilik kan dit nou wees om ’n motor se deugde op TV te besing? Dis ’n kar, mense. ’n Doodgewone vierwieler wat jy moet adverteer. Maar dit wat ons nou op die kassie kry, laat dit lyk asof hulle ’n verkiesing in Zim moes reël.

Neem nou Nissan en Volkswagen se nuutste twee TV-advertensies. Toevallig is albei dieselfde tipe vuurwa, daardie skepping van die jare negentig: die sagte 4x4. Of, soos dit in sommige kringe bekend staan, die haarkapper se Landie.

In Nissan se 30 sekondes op jou kassie moet die X-Trail al daardie gewone takies wat ’n sagte 4x4 daagliks voor te staan kom, verrig. Hy moet deur sneeu ry, diep waterpoele bemeester en les bes ’n es deur ’n modderige draai gooi.

Jip, die lewe in die voorstede is glad nie meer wat dit was nie.

Gelukkig het ons TV-vriendelike X-Trail vier klein robotte om hom hiermee te help. Die goed wurm soos ’n skeefgeloopte skeinat-proefneming by die wieldoppe uit, en dan – terwyl hulle steeds met ’n naelstring aan die X-Trail verbind is – hou hulle die omgewing namens die bestuurder dop. Amper soos ’n goeie parkeerwag.

Al verskil is net, daar’s nou vier van hulle, pleks van die winkelsentrum se een. Maar almal deel steeds raad uit.

Modderige grondpad daar voor? Aktiveer jou vierwielvastrap, ou kêrel. Of wag, ek doen dit sommer vir jou. Bzzzt.

Dalk loop ek die punt mis. Dalk is ek glad nie die teikenmark nie. Want sou ek wees, sou ek seker ’n reeks PlayStation-tonele van GranTurismo of ’n Wii kon herken het. Maar soos dit nou staan, is dit net ’n reeks simpel tonele van ’n onwerklike X-Trail wat onwerklike dinge doen.

En ek is steeds niks wyser van die X-Trail se vermoëns nie. Let wel, hy hét vermoëns. As die advertensie-ouens net minder tyd met hul hare en meer met die X-Trail se drade deurgebring het.

Dieselfde storie met Volkswagen se TV-poging vir hul Tiguan. O, jy’t nog gewonder hoe dié epiese 30 sekondes lyk?

Man, dink net aan enige Discovery Channel-advertensie van die laaste paar dae. Jip, dit was toe eintlik die Tiguan-ene.

Meer tyd word in die advertensie aan ’n padda en ’n oorlamse vuurvlieg gespandeer as aan die nuwe veldryer van VW. Behalwe vir ’n silwer Tiguan wat skrams tussen ’n paar bosse deurjaag, is dit net stiltonele van ’n padda wat ’n vlieg vir brekfis beloer. As die padda dan uiteindelik die vlieg met sy tong probeer vang, kom daar ’n wending in die verhaal. Die motoriese oomblik. Die vlieg gryp die padda se tong vas en vlieg met tong, padda en al weg.

Wat dié Richard Attenborough-oomblik jou van die Tiguan vertel, verg ’n paar intellektuele wawiele. Dalk het die vlieg ’n Joe Weider-spierboukursus geloop. Of straks het wetenskaplikes (uiteindelik!) die vermiste skakel gevind – ’n gemuteerde vlieg wat die voedselketting herrangskik het.

Maar dan gaan die gloeilamp aan. A! Dis die Tiguan! Want, sê die stem op die agtergrond, hy spog mos nou “met TSI-enjintegnologie”.

Wag, wag, wag, kêrels. Saal af. Hier het ons al weer met die spanpraatjie-fenomeen van koshuisrugby te doen. Dis nou wanneer die kaptein sê: “Boys, wat ook al vandag op die veld gebeur, moet net nie dat hulle húl wedstrydplan op óns afdwing nie.” Almal knik dan instemmend. Maar soos ons opgedraf het, het ek net nog altyd gewonder presies wat ons voorry (Piston, Tjoepie en Langes) onder dié stukkie raad verstaan het. En hoe hulle dan nou anders as verlede Saterdag gaan speel.

Ditto die Tiguan-advertensie. Gevleuelde woorde word gebruik, maar kan jy ná daardie 30 sekondes iets meer van TSI-enjintegnologie vertel? Iets soos: Wat’s dit, wat doen dit, hoe doen hy dit, en waarom sou jy wou hê dat hy dit moet kan doen?

Maar daar’s niks. Nie ’n woord nie.

Dink net hieraan: ’n Span ingenieurs het vir vier jaar in ’n laboratorium gesit en enjins bou, duisende kilometers in woestyne en sneeu vir toetsritte gegaan, en toe dié meesterstuk vorendag gebring. Die nuwe TSI-enjin. ’n Wonderlike, fenomenale stuk yster.

En wat kry ons op die kassie? ’n Padda. En hy kan nie eens kwaak nie.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |