Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  FEATURES  

  BUITE  

  LEEFSTYL  

  MOTORS  

  GESONDHEID  

  LANDBOU  

  BY  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
’n Suinige knaap wat op sy dag al gespog het met brandstofverbruik van 3,3F/100 km.Foto: QUICKPIC
’n Suinige knaap wat op sy dag al gespog het met brandstofverbruik van 3,3F/100 km.   Foto: QUICKPIC
Motors
Micra glad nie dors
30/04/2008 07:52:30 PM - (SA)

BRANDSTOF, of dit nou petrol of diesel is, is duur. En dit word net duurder – een van die dae kos petrol ’n hele R10 per liter.

Dit is nie deesdae lekker om by ’n petrolpomp te staan en sien hoe jy nou ver meer as R400 vir ’n tenk petrol moet opdok nadat dit nie langer nie as ’n jaar terug net so oor die R200 was. Of oordryf ek?

Ek ry daagliks minstens 120 km van my huis na die werk en weer terug huis toe op die N1 tussen die Paarl en Kaapstad.

Ek ry met my Golf-stasiewa 1.6 (petrol) nie vinniger nie as 130 km/h en gebruik in die somer met enkele uitsonderings die lugverkoeler. Die gemiddelde brandstofverbruik is tussen 7,6 liter/100 km (as ek hard probeer) en 9,0 liter/100 km.

Onlangs, by ’n Nissan-bekendstelling, vertel een van die skakelbestuurders dat sy in Gauteng met ’n Nissan Micra-turbodiesel ry en 5,6 liter/100 km kry.

Terug in die Kaap lewer Nissan toe vir my ’n driedeur-Micra dCi af.

Die verbruik van die vorige ou wat met hom gery het, staan duidelik te sien: 3,7 liter/100 km.

Hy het seker gekruip teen 100 km/h sonder lugverkoeling met al die vensters toe en alle opdraandes vermy.

Ek ry toe vir sewe dae die Micra daagliks tussen my huis en die werk, presies net soos ek met my Golf ry – tussen 120 km/h en 130 km/h met die lugverkoeler feitlik heeltyd aan.

Wel, ’n week later toe ek die Micra teruggee, staan die verbruik toe op 5,7 liter/100 km.

Ek lees later die Micra het ’n afstand van 963 km tussen Gaborone in Botswana en Maputo in Mosambiek met ’n enkele tenk diesel afgelê teen 3,3 liter/100 km. Wel, die ouens was seker gefokus op besparing, maar nogtans.

Ja, die Micra is dalk nie so luuks en ruim nie en daar sal altyd gewonder word hoe lank hy gaan hou as hy dag na dag 120 km teen 120 km/h moet aflê.

En die 1.5-driedeur-diesel waarmee ek gery het, kos by die R150 000 teen die 1.4-petrolenjin se sowat R105 000.

Maak dus maar die sommetjies, maar dat hy suinig met die vloeistowwe is, is ’n feit soos stygende brandstofpryse.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |