Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  FEATURES  

  BUITE  

  LEEFSTYL  

  MOTORS  

  GESONDHEID  

  LANDBOU  

  BY  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Sagte Alcantara-leer teen die dak? Waarom nie – die binneruim is lekker luuks. Daar’s sitplek vir sewe in die Q7, maar dan kan jou pakplek knap raak. Foto: MOTORPICS
Sagte Alcantara-leer teen die dak? Waarom nie – die binneruim is lekker luuks. Daar’s sitplek vir sewe in die Q7, maar dan kan jou pakplek knap raak.    Foto: MOTORPICS
Motors
Dié Q7 is die Camel-man se Bentley
23/04/2008 09:53:17 PM - (SA)

DEESDAE kan jy Audi se groot Q7-sportnutswa nou ook met ’n fris 4.2 liter-V8-turbodiesel aanskaf. Glad nie sleg nie, sou ’n mens reken. As die “gewone” 3.0 liter-diesel nie jou arms laat olie sweet het nie, sal dié fris V8 dit gewis doen.

Voorkoms

Visueel is daar nie te veel wat die fris Q7 van sy mindere stalmaats onderskei nie. Audi het hom ’n stel netjiese allooiwiele (met ’n papierdun-profiel van skaars 30%) gegee, en daar’s nou ook ’n smal ry parkeerligte voor wat in die buffer ingebou is. Agter word dié lyntjie ligte ook in die buffer herhaal as ekstra remligte.

Die groot Audi lyk nog altyd op sy beste as jy hom reg van voor beskou. Van die kant gesien het sy lang vorm ’n effense hangstert, maar dit is sy neus wat die treffendste lyk.

Kyk, as daardie diep sierrooster skielik in jou spieëltjie opdoem, gee jy pad op die snelweg.

Binneruim

Skuif jy agter die stuur in, is dit weer daardie lieflike Audi-binneruim wat om jou vou. Die swart instrumentepaneel is effe na jou gedraai, sodat al die skakelaars en skermpie lekker maklik binne armlengte van jou is.

Net agter die rathefboom sit die blink MMI-beheerknop waarmee jy onder meer die ryhoogte van die groot Audi kan verstel – en hiervoor het jy die skermpie ook nodig. Trouens, ’n klomp verstellings gebruik die skerm om jou te help om die regte verstelling aan die klank, lugversorger of ryhoogte te maak. Dis maklik om te gebruik, en is glad nie omslagtig nie, anders as byvoorbeeld BMW se iDrive-stelsel.

Enjin

Die ster van die Q7-reeks is sekerlik dié nuwe diesel-V8. Kyk ’n bietjie hierna: ’n Ongelooflike 760 Nm wringkrag is tussen 1 800 r/min. en net bokant 4 000 r/min. beskikbaar. Dis Oupa-se-trekker-spierkrag dié.

In die werklikheid beteken dit net een ding. Sit jy jou voet neer, in enige rat, versnel jy vinniger as menige ghrieskop in sy warmgemaakte luikrug.

Trouens, selfs Audi se eie TT 2.0 TFSI sal goed moet trap om voor hom te bly.

Audi het dit alles reggekry sonder dat jy, as V8-eienaar, ook ’n private pypleiding na Bagdad hoef op te rig. In my rondryery, wat baie stadsverkeer ingesluit het, het ek later ’n gemiddelde verbruik van 10,5/100 km gehandhaaf, wat glad nie sleg is nie.

Rit

Dit verg egter ’n bietjie kopkrap om die doel van dié Q7 uit te werk. Immers, daar is reeds ’n heel nuttige drie-liter-turbodiesel beskikbaar. Die versnelling is weliswaar nou heelwat beter, en die verbruik net ’n raps swakker, maar wil ’n mens ’n driekwartmiljoen bestee om ’n veldryer te kry wat amper (maar nie heeltemal nie) kan doen wat ’n groot stasiewa kan?

Dis seker wat die mark soek. Want die Q7 is heerlik op die pad. Al daardie krag maak dat jy nogal rats voel in verkeer. As ’n gaping skuins regs oopgaan, kan jy net die flikker laat knipoog en voet neersit. Die ou grote lig net boude en siedaar, jy’t ingedruk voor die ander laatslapers wat nog mik.

Ook om draaie is die Q7 ’n klein wonderwerkie. Ek het hom op sy hardste veringverstelling gesit, die lugvering in die laagste posisie op sy hurke, en toe sy neus na Kleinmond gemik. ’n Oopdak-CLK agter my het nog probeer bybly, maar danksy vierwiel-vastrap en al daardie krag kon die Merc nét nie!

Dit dan die teerpad. Maar wat van die veld? Sê liewer watter grondpad, want met sulke dun laeprofielbande wil jy nie rêrig met ’n 2,6 ton-vuurwa op klippe ry nie. Dalk met gewone bande met ’n 60% profiel, ja. Die Q7 kan wel sy hoogte bo die grond met die druk van ’n skakelaar aanpas, wat hom vaardig vir klouter maak. Hy’t hope enjinkrag en vierwiel-aandrywing, maar sy dun wiele maak dit nutteloos. Dis dus ’n kopkrapper, dié enetjie.

Slotsom

Ek dink die 4.2 liter-TDi Q7 is die Camel-man se Bentley. Dis ’n statussimbool, want hy het ’n netjiese voorkoms, ’n yslike prys en hope weelde en tegnologiese truuks. Het ek al die luikdeur se outomatiese oop- en toevou-aksie genoem? Jy druk net ’n knoppie. Nes die sleepstang, wat ook net met ’n knoppie uitswaai. Truuks, truuks, truuks.

Die feit is egter, die ou wat hom aanskaf, voel vere vir grondpaaie. Hy wil ’n blink sportnutswa hê wat oor hope vermoëns beskik, sonder om dit te hoef te gebruik. In daardie rol munt die Q7 uit. Hy sal aan jou status gee, ’n bietjie “ek kan as ek wil”.

Vir my, net, is die vraag: As jy dit met ’n 3.0 liter-TDi kan doen, hoekom R200 000 ekstra uithaal vir ’n 4.2 liter?

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |