Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  FEATURES  

  BUITE  

  LEEFSTYL  

  MOTORS  

  GESONDHEID  

  LANDBOU  

  BY  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Onder ’n boom­varing: In die skaduwee van ’n hoë boomvaring groei ’n jong Duranta ‘Sheena’s Gold’ teen die stam.
Onder ’n boom­varing: In die skaduwee van ’n hoë boomvaring groei ’n jong Duranta ‘Sheena’s Gold’ teen die stam.
Leefstyl
Treffer in die tuin . . .
13/05/2008 07:45:18 PM - (SA)

JARE gelede, nadat een van Suid-Afrika se beste uitvoerprodukte, die beeldskone Charlize Theron, haar Oscar gewen het, was daar in Tuinlewe ’n rubriek oor die Oscar-wenners van die plantwêreld. Ek het plaaslike kwekery-eienaars gebel om te hoor watter plant hulle sou voorstel vir ’n tuin-Oscar, en die antwoord was meestal dieselfde . . . Duranta ‘Sheena’s Gold’™!

In baie ouer tuine soos myne groei outydse Duranta erecta ‘variegata’ (in Engels “golden dewdrop”) nog langs die heiningdraad. ’n Mens sien die groot, semi-bladwisselende struike met hul ylerige bontblare en skaam trosse hemelsblou blommetjies nie juis raak tussen al die ander digte struike nie, hulle is bloot die skelette of agtergrondraamwerk vir vele ander meer treffende plante.

Jy sal wel jou moses teëkom as jy nader gaan om hulle te probeer snoei. Daar sit lelike dorings tussen die bont blaartjies en fyn trosse heldergeel bessies wat in die herfs verskyn – seker maar die rede waarom hulle altyd as bosserige, groot struike toegelaat is om in die agtergrond van ’n struikbedding te groei en met rus gelaat is.

Deesdae word dié struik nie eintlik meer gekweek nie, maar daar is goeie redes daarvoor.

Slim plant­hibridiseerders wat nooit op hul louere rus nie, het die ou moederstruik gebruik om ’n hele nuwe generasie spoggerige durantas te ontwikkel. Hulle gebruik gewoonlik die beste kenmerke van ’n spesie of ’n ou tuinkultivar, kruis dié een met dáái een, en kweek so nuwe plante wat nie net vir oogplesier sorg nie, maar ook welig, sterk en kompak groei en weerstand bied teen plae en peste wat gewoonlik die ou moederplante aangeval het. Een van hul grootste suksesse en ’n plant wat wêreldwyd ikoonstatus geniet, is juis die lieflike en elegante Duranta ‘Sheena’s Gold’.

Ek kan nog goed onthou toe ons die eerste moederstoksteggies by die groothandelkwekery ontvang het. Die goedjies het houterige, maer stammetjies gehad met enkele bleekgroen blaartjies, maar hulle het redelik vinnig wortelgeskiet en vir die vale begin groei.

Inligting oor die plant was skaars. Niemand kon met sekerheid sê of dit bladwisselend, semi-bladwisselend of immergroen is nie. Die plant het in verskillende klimate waar dit getoets is, verskillend opgetree. Wat die plaaslike kwekers wel ervaar het, is dat hulle nie net fantasties gepresteer het in die warmer dele van die land nie, maar in kouer weer ook redelik weerstand kon bied, mits kwaai ryp nie voorkom nie – hulle gooi dan bloot ’n klompie blare weg en wag vir beter dae om van nuuts af uit te loop.

Min ander nuwe hibriede het die verbeelding van die kwekery- en tuinuitlegbedryf so aangegryp! Almal het met dié plante begin speel en elkeen kan ’n storie vertel of het ’n plantresep.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |