Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  FEATURES  

  BUITE  

  LEEFSTYL  

  MOTORS  

  GESONDHEID  

  LANDBOU  

  BY  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Goji-bessies bevat 20 keer soveel Vitamien C soos lemoene
Goji-bessies bevat 20 keer soveel Vitamien C soos lemoene   
Leefstyl
Superbessie vir ’n super-jy
13/05/2008 07:27:04 PM - (SA)

GOJI-BESSIES is afkomstig van die plant Lycium barbarum en is klein rooi vruggies wat in China, Tibet en ander dele van Asië voorkom. Hulle word gedroog geëet soos rosyntjies.

Dié bessies word al hoe gewilder oorsee omdat dit baie anti- ­oksidante bevat wat die aftakeling van selle in die liggaam voorkom. Dié wondervruggies is nou ook in Suid-Afrika beskikbaar.

Goji-bessies is propvol vitamien B1, B2, B6 en E, en hulle bevat sowat 50 keer meer vitamien C as lemoene. Dít maak hulle ’n effektiewe wapen teen die winter se verkoue en griep.

Verder bevat die bessies proteïene, kalsium, yster, sink en omega 6-vetsure. Natuurlik is hulle ook ’n bron van vesel.

Volgens Grant Wills van Naturally Goji help goji-bessies om die liggaam se immuunstelsel te versterk.

“Goji-bessies het ’n lae glukemiese indeks, omtrent 29, en bevat polisakkariede wat jou energievlakke deur die dag konstant hou,” sê Grant.

Die bessies kan selfs libido verhoog by mans én vroue. ’n Ou Chinese spreekwoord lui immers: “Hy wat duisend tree weg van die huis af is, moenie goji-bessies eet nie.”

Die Britse Voedselstandaarde-agentskap het onlangs bepaal dat goji-bessies voor 1997 reeds in Brittanje geëet is. Waarom is hulle dan nou skielik so gewild?

“Daar is die afgelope tyd ’n reuse- toename in navorsing oor natuurlike medisyne en gesondheid,” verduidelik Grant. “Mense besef nou wat jy insit, is wat jy uitkry. As jy voedsame kos eet, leef jy langer en bly jy gesond.”

Goji-bessies kan daagliks geëet word. Sprinkel hulle oor jou ontbytpap of in vrugtemengeldrankies (smoothies). Meng hulle met neute en rosyntjies vir ’n gesonde peuselhappie. Gooi goji-bessies in die beslag as jy muffins of teebroodjies bak. Jy kan ook die bessies oor roomys sprinkel, of ’n koek of kolwyntjies met ’n paar versier vir ’n bietjie kleur. Andersins kan jy Grant se raad volg en hulle sommer uit die pakkie eet.

Om goji-bessietee te maak, gooi kookwater oor ’n handjievol gekapte bessies in ’n koppie en laat dit vyf tot tien minute trek. Jy kan nou ook ’n Go-Goji Berry Smoothie met goji-bessies, granaatsap, aarbeie en piesang by enige Kauai Juice Bar geniet teen R17,95 vir 350 m.

Grant waarsku teen goji-tablette, goji-poeier en goji-bessiesap. “Hierdie produkte bevat baie minder voedingstowwe omdat hulle deur ’n verwerkingsproses gegaan het.”

Volgens Grant is topgehalte- organiese goji-bessies soos Naturally Goji s’n soeter, sappiger en uiters voedsaam.

Grant sê hierdie gesonde klein vruggies behoort by goeie gesondheidswinkels beskikbaar te wees. “Die pryse verskil, afhangende van die bron en die kwaliteit van die bessies: so R80 vir 250 g en R130 vir 500 g.

“Soek bessies met organiese sertifisering wat die oorsprong van die bessies aandui en bevestig dat hulle nie plaagdoders bevat nie.”

Dit is belangrik om te onthou dat alle goji-bessies nie dieselfde is nie. Daar is baie soorte wat van verskillende dele van Oos-Asië afkomstig is en verskil wat gehalte, sappigheid, grootte, smaak, voedingstofinhoud en organiese status betref.

Grant verseker verbruikers dat Naturally Goji se bessies organies gesertifiseer is en gekweek word in dele van Tibet waar geen chemikalieë of plaagdoders gebruik word nie.

Goji-bessies is beskikbaar by Wellness Warehouse-takke landwyd, of besoek www.naturallygoji.co.za om ’n handelaar naby jou te vind.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |