Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
658 dae tot afskop
2010
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  FEATURES  

  BUITE  

  LEEFSTYL  

  MOTORS  

  GESONDHEID  

  LANDBOU  

  BY  


VERSEKERING
Spaar by OUTsuranceKliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Leefstyl
Manne agter die potte
06/05/2008 08:32:03 PM - (SA)   

Die pap word vandeesweek ’n bietjie dikker aangemaak met die Moederstad se eerste sekspo, wat die liefdeskoors hier met allerlei stoute idees gaan opstoot. Samarie Smith het gaan vasstel of Suid-Afrikaanse mans dit het wat dit verg om Casanova se skoene vol te staan.

AS dit kom by rugby, vermaak en lekker eet, is mans uitstekende deelnemers. Maar wanneer dit by romanse kom, moet die “tipiese Afrikaanse man” steeds baie leer.

Só het die Stormers­kaptein, Jean de Villiers, aan Leefstyl en Dieter Voigt, die voormalige Mnr. Suid-Afrika, erken terwyl hulle verlede week in die Italiaanse restaurant Zucca in Kloofstraat ’n feesmaal verorber het.

Maar elke vrou kan seker sê: ’n Man agter die potte samel ’n hele paar punte in haar goeie boeke in, al kyk die tipiese man waarna hy verwys steeds na die kookpotte as vreemde voorwerpe.

“Dan moet hulle maar by die Italianers kom leer,” sê Ricky Turilli, eienaar van Zucca, laggend.

En om te wys hoe vaardig ’n man agter die potte kan wees, het hy self al die geregte berei: ingevoerde porcini-sampioene in knoffelbotter, diepgebraaide courgette-blomme gevul met ricottakaas en salm en calamarikoppe.

“Bly kalm, dit is nie soos rugby ’n 90 minute-jol nie. Dit gaan oor die familiestyl van eet en die ervaring van samesyn om die tafel.”

Die fungi misti (pasta met drie soorte sampioene) word toe saam met die frutti di mare bedien. Dit is pasta wat in ’n kreefsous met mossels, gapermossels, calamari en garnale berei word. “As dít nie sexy is nie,” verwys Ricky na die sampioene-trio, “dan weet ek nie wat is nie.”

Teen daardie tyd was die gesprek oor die stoute aptytlike faktore van kos effe vergete omdat die lus vir die kos en die grootte van die maag aan ’t stry was. Ná ’n effense pouse is sappige lamskenkel in ’n Napolitaanse sous en polenta en geelstert met suurlemoenbotter en kapers opgedien.

Die nagereg is só bedien dat dit mense aanmoedig om uit een bord te eet en te deel – veral die Gelato al frutto, seisoenvrugte gevul met sorbet, was ’n wenner met die tiramisu en cassata wat die mans vir ’n wyle tjoepstil gehad het.

Dís wat gebeur as die hele familie in die kombuis werk – almal het iets om oor te spog! Ricky se pa het as ’n jong man Suid-Afrika kom besoek en sy hart hier op die “lasagne-koningin van Kaapstad” verloor, vertel hy.

Kos is sexy. En al is daar geen bewys dat kos die hormone laat kook nie is “die kop ’n wonderlike ding”, sê Jean laggend.

Die sekspo wat môre begin, kan die manne dalk net ’n hupstoot in die regte rigting gee. Tog sal die meeste mense dit net uit nuuskierigheid bywoon, glo Dieter.

“Mans tree steeds volgens hul oerinstink op. Maar daar is ’n hele resep oor hoe ’n vrou benader moet word – die kommunikasie en die vashou is maar deel daarvan.”

En wat is mooi aan ’n vrou?

“Alles wat in pare kom,” sê Dieter laggend met Jean wat dit beaam.

Wat die restaurant besonders maak, is Ricky se enorme botteloopmaker-, kurktrekker- en eetgerei-versamelings wat teen die mure uitgestal is – van iets stouts tot gesogte versamelstukke. Volgens hom kan ’n gesogte kurktrekker vir tot $50 000 op e-bay opgeveil word.

“Dié een is vir medisynebottels ontwerp en daardie fyn apparaatjie het die borrels uit die sjampanje gehaal sodat die dames nie begin hik het nie!” wys hy ’n paar uit.

Daar is antieke kraantjies waarmee sjampanje geskink is, koeëls wat gedurende die wêreldoorloë in oopmakers omskep is (loopgraafkuns), kurktrekkers met kwassies om die bottel af te stof voordat dit voorgesit word en ’n Suid-Afrikaanse gepatenteerde kurktrekker met ’n lissie om botteltjies konfyt makliker oop te draai!

Vir dié wat hulself wil verstout, besoek die webwerf www.sexpo.co.za vir meer inligting oor die Sexpo wat van 8-11 Mei plaasvind. Én om te lees wat die manne alles om die tafel kwytgeraak het, besoek die webwerf www.dieburger.com.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |