Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
658 dae tot afskop
2010
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  FEATURES  

  BUITE  

  LEEFSTYL  

  MOTORS  

  GESONDHEID  

  LANDBOU  

  BY  


VERSEKERING
Spaar by OUTsuranceKliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Griep takel baba nét so erg soos vir volwassenes
Griep takel baba nét so erg soos vir volwassenes
Leefstyl
Beskerm kinders teen seisoenaanslae
29/04/2008 07:53:14 PM - (SA)

WAT is die oorsaak van loopneusies by kinders?

Dit kan ’n algemene verkoue wees, of as die kind sieker is met koors en lyfseer, kan dit griep wees. Sommige kinders het allergieë wat hul neusies helder laat loop. As die neusmangels (ook adenoïede genoem) geïnfekteerd is, kan die neusie chronies loop. As ’n komplikasie van dit wat genoem is, kan dit sinusitis wees. Onthou, as net die een kant ’n slegruikende afskeiding het, kan dit ’n vreemde voorwerp wees!

Hoe verhoed ek dat my kind verkoue en griep kry?

Dit kom meer in die winter voor en ook meer gereeld by kinders wat in crèches en sorgsentra bly. Dit geld ook ’n ouer boetie of sussie wat tuiskom van die skool af. Voorkom kontak met ander siek kinders en moenie dat die kind skielike koue ná ’n warm bad of ’n warm vertrek kry nie. Sorg ook dat vertrekke nie té warm en bedompig is nie.

Inentings teen griep is beskikbaar as die kind baie vatbaar is met onderliggende siektes, en dan is daar dié teen sekere weerstandige organismes wat komplikasies van verkoue en griep veroorsaak. Borsvoeding voorsien babas van die nodige teenliggaampies. En laastens is dit belangrik dat ouers nie naby kinders rook nie.

Wanneer moet ek ’n dokter spreek?

Dit is belangrik om ’n dokter te spreek as die koors lank duur of sukkel om te breek – ook as klagtes soos oorpyn, hoofpyn en keelseer bykom. Kyk of die kind swak eet en drink en ’n baie slegte hoes ontwikkel. Braking en diarree met moontlike ontwatering het ook mediese aandag nodig.

Watter komplikasies kan babas en klein kinders van verkoue en griep kry?

*Sinusitis, middeloorontsteking, mangelontsteking, longontsteking, keelontsteking, breinvliesontsteking (dit het weer ander moontlike komplikasies).

Watter simptome het mangelontsteking?

*Koors, erge seerkeel, slegte asempie, sigbare kliere in nek en die kind wil nie eet nie.

Hoe word dit behandel?

Mangelontsteking kan met gewone penisillien behandel word met medisyne vir koors en pyn.

Wanneer moet mangels verwyder word?

*Herhaalde infeksies drie tot vier maal per jaar, as kinders baie erg snork en soms ophou asemhaal as hulle snork (apnee), as daar koorsstuipe met mangelontsteking voorkom, as ander siektes soos asma vererger tydens die infeksie, chroniese slegte asem en as daar ander komplikasies soos ’n abses by die mangel was.

Watter simptome het middeloorontsteking?

*Koors, geïrriteerdheid, oorpyn, slaap baie sleg en etterigheid loop soms by die oortjie uit. Die oortrommetjie het dan gebars.

Hoe word dit behandel?

*Breë-spektrum-antibiotika, koors en pynmedisyne en rus. As daar lankal vog agter die oortrom is sonder noodwendige pyn en koors kan steroïede gebruik word.

Wat is grommets?

*Grommets is ’n klein buisie wat in die oortrom gesit word nadat ’n klein snytjie in die oortrom gemaak is. Dit word onder narkose gedoen. Dit help om die middeloorspasie agter die oortrom te ventileer.

Wanneer moet dit ingesit word?

*In kinders wat herhaalde middeloorontsteking kry, van so drie infeksies binne drie maande af.

*In akute middeloorontsteking wat glad nie opklaar op antibiotika nie, en in kinders met gehoorverlies weens vog agter die oortrom.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |