Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  FEATURES  

  BUITE  

  LEEFSTYL  

  MOTORS  

  GESONDHEID  

  LANDBOU  

  BY  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
   
Leefstyl
Groot kompetisie wag vir beste wyne
23/04/2008 01:05:28 AM - (SA)

ONS almal ken die sêding dat jy jou verwysingsraamwerk (en verstand) verbreed wanneer jy reis, maar ek het in die laaste drie weke tot nuwe insigte hieroor gekom.

Ek het pas teruggekeer van die wynproe by die internasionale wyn-en-spiritus-kompetisie in Engeland.

Of dit nou die grootste internasionale wynkompetisie is en of dit die tweede of derde plek haal, is nie van belang nie – dit is eenvoudig enorm en word baie hoog aangeskryf – soos die volgende statistieke sal bevestig. Dit is nie die fokus van my storie nie, maar dit help om ’n breër prent daaroor te skets.

Die kompetisie het ’n ongewone formaat deurdat dit oor ’n tydperk van ses maande beoordeel word met die eerste inskrywings wat teen 1 Maart ontvang moet word en die laastes teen 26 Augustus. Dit laat genoeg tyd vir die huidige oesjaarwyne in sowel die Noordelike as die Suidelike Halfrond om in te skryf – elke land met sy eie sperdatum.

Die finale trofeebeoordeling vind daarná plaas. Dit word deur die toekenningseremonie in November gevolg – ’n glansgeleentheid wat in Londen gehou word. Dit word deur 600 van die wêreld se bekendste mense in die wynbedryf bygewoon.

Ek het self een van dié geleenthede namens die maatskappy waarvoor ek gewerk het, bygewoon en kan onthou hoe verwonderd ek was oor al die wynlegendes wat dit bygewoon het – ook hoe goed alles georganiseer was.

Oor die 1 500 kategorieë is beoordeel, met 8 295 wyne en spiritualieë uit 82 lande wat ingeskryf het. Om eerlik te wees, ek glo nie eens ek kan soveel lande opnoem nie, ongeag slegs dié wat wyn en spiritus produseer.

Soos al die goeie kompetisies word die inskrywings blind beoordeel met net die land en die kategorie van die wyn, soos rioja van Spanje of chardonnay van Napa in Kalifornië. Maar nog ’n ongewone aspek van die kompetisie is dat al die medalje- ­wenners deur ’n onafhanklike la

boratorium geanaliseer word om seker te maak dat hulle aan al die vereistes voldoen om deel te neem en dat al die wyne en spiritualieë tegnies grondig is. Jy moet ook deur ’n komitee gekeur word voordat jy die beoordeling kan doen en ’n inligtingsessie bywoon om seker te maak jy begryp die beoordelingsproses – soos baie ander werk dit op ’n 100-punt-stelsel. Elke paneel bestaan uit minstens vyf mense. Soos enigiemand wat my ken, sal weet, is ek baie lief vir wyn en alles daaromtrent.

Ek doen dus die moeite om op hoogte te bly deur al die Suid-Afrikaanse en internasionale tydskrifte daaroor te lees en soveel moontlik wyne te proe. Ek beskou myself as ’n goed ingeligte en praktiserende proeër, dus het ek die beoordeling met redelik goeie selfvertroue bygewoon. O my aarde. Wat kan jou voorberei om iets te beoordeel wat jy nog nooit vantevore geproe het nie – soos wyn uit Thailand wat twee oeste per jaar lewer of rubin (’n nebbiolo-shiraz-kruising) van Bulgarye of selfs saperavi (’n digte, tanniene rooiwyn) uit Georgië in Rusland?

Toe besef ek hoekom die siftingsproses van die beoordelaars so streng is: Jy moet al jou vooroordele opsy stoot en die kwaliteit van die wyn net op grond van sy intrinsieke waarde bepaal. Dít is in elk geval ’n goeie riglyn wanneer ’n mens enige wyn beoordeel. Maar as jy bekend is met ’n land of sekere styl, het jy reeds ’n standaard in gedagte waarmee jy dit kan vergelyk.

Dit is my punt. Daar is só min uitheemse wyne in Suid-Afrika dat ons besig is om ’n tonnel-visie daaroor te ontwikkel. Hoe kan ons bepaal waar ons staan as ons nie eens weet wat in die res van die wêreld gebeur nie?

Die meeste van ons wynmakers reis gereeld as deel van hul uitvoer- strategie om te gaan kyk wat op die winkelrakke, in die bottelstore of by wynskoue beskikbaar is. Ek hoop van harte dat hulle die moeite doen om ’n wye reeks wyne te gaan proe terwyl hulle daar is – net so kan hulle op hoogte bly met die jongste style en neigings.

Ek sê glad nie dat Suid-Afrikaanse wyne nou skielik moet gaan staan en verander omdat daar soveel internasionale kompetisie is nie, maar ons flous onsself as ons nie op hoogte bly van hoe vinnig die wynwêreld verander en kyk na die hoë- kwaliteit-wyne wat uit onverwagte oorde op ons afkom nie.

Ek was byvoorbeeld verbaas hoe goed die bottels gegiste vonkelwyne uit Engeland of die shiraz uit Turkye is. Iemand het my vertel dat, al het hulle miskien geen kans om medaljes te wen nie, baie van die inskrywings ingedien word (teen die groot koste van £146,88 per inskrywing) bloot om die norm vir die wyne te stel en te kyk hoe dit met die internasionale beoordelings vaar.

Dit bevestig nethoe ernstig die kompetisie daar buite is.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |