Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  FEATURES  

  BUITE  

  LEEFSTYL  

  MOTORS  

  GESONDHEID  

  LANDBOU  

  BY  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Landbou
Dalk verskansing van insetkoste op Safex
23/04/2008 11:06:25 PM - (SA)

JARE lank al staan daar in ’n sekere park twee standbeelde van ’n man en vrou wat met klipoë na mekaar staar. Op ’n mooi dag kom ’n goeie fee daar verby gefladder, al soekende na ’n goeie daad om te verrig.

Sy swaai haar towerstaffie en poef . . . die standbeelde verander in vleeslike wesens. Sy sê aan hulle dat hulle al soveel jare na mekaar kyk en nou het hulle ’n halfuur van menswees om te doen net wat hulle wil.

Die twee gryp mekaar se hande en storm die naaste bos opgewonde tegemoet. Die fee hoor net takke kraak en genotvolle krete uit die bos. Na vyftien minute is die twee blosend met ’n vonkel in die oog terug.

“Nee!” sê die fee, “Julle het nog vyftien minute oor, gebruik dit tog.” Met ’n gegiggel huppel die twee weer na die bos. Net voor hulle verdwyn, hoor die fee die man sê: “Dié keer sal ek die duif houvas en jy kan op sy kop dinges!”

Ek is seker daarvan dat baie boere teen dié tyd al lus is om op sommige insetverskaffers se koppe te dinges met die alewig stygende pryse.

Hulle sê my dat die boekhouers nie vanjaar waardevermindering op trekkers kan afskryf voordat hulle nie by die boer uitgevind het hoeveel diesel daar in die trekker is nie.

So van stygende insetkoste gepraat: Ek het Chris Sturgess geskakel en hom gevra wat is die kans dat ons insette op Safex kan verskans as die rand lekker sterk is. Hy noem toe dat die verhandeling van Brent-ruolie deur Safex beplan word. Die Reserwebank moet eers toestemming gee. Op my vraag wat dan van kunsmis en onkruiddoders, antwoord hy my dat dit teoreties moontlik is en dat hulle beslis daarna sal kyk as so ’n versoek gerig word.

Dalk moet ons Graan SA vra om so ’n versoek te rig. Indien die kontrak vir Brent-ruolie op stryk kom, kan ons diesel verskans. Dink net, as ons kunsmis en onkruiddoders ook kan verskans as die rand versterk en dan weer koring vasmaak as die rand verswak. Op dié manier kan ons dalk die prysrisiko makliker bestuur, en voordat ons plant darem ’n som maak of dit winsgewend gaan wees of nie. Al wat dan nog kort, is die reën.

Dié sal ons maar op ons knieë voor die Here moet verskans.

Sturgess het ook genoem dat die vervoerdifferensiaal nie gou vasgestel sal word nie, dalk eers oor twee maande. Hulle wag nog om te sien watter kant toe die dieselpryse gaan.

Andries Theron, ons dagbestuurman by Graan SA, het aan my genoem dat die diskonto tussen die grade nog onderhandel word met die Meulenaarskamer, maar dit lyk of hulle sal regkom hier so by ’n aftrekking van R140 per graad. Hulle gaan, of het, aanbeveel dat daar nog ’n tussengraad vir proteïen geskep moet word. Byvoorbeeld ’n BP1 vir 12,5% proteïen en ’n B1 vir 12% tot 12,4% proteïen. ’n BP2 vir 11,5% tot 11,9% en ’n B2 vir 11% tot 11,4%. En dan so vir B3 ook.

Ons probleem bly egter B4, waaraan Safex se manne nie met ’n tang wil vat nie. Sturgess het egter aan my voorgestel dat ons GSA-manne met die Meulenaarskamer praat en ’n aanvaarbare aftrekking tussen ’n B3 en B4 beding, sodat daar nie vanjaar weer lukraak aftrekkings uit die lug gegryp word en die produsent niks daaraan kan doen nie.

Daar is nog niks gesê van koringpryse nie. Dit kom voor of ouseisoenkoring sy hoogtepunt bereik het. Dalk moet ons maar verkoop as daar weer ’n styging kom. Nuweseisoenkoring kan dalk nog styg, want koringvoorrade is nog wêreldwyd baie laag. Maar wees op die uitkyk vir die Noordelike Halfrond se oestyd, en veral as daardie lande wat koring terughou om stygende voedselinflasie te probeer keer, weer begin uitvoer as die nuwe oes inkom.

Indien hul oeste egter swak is, gaan pryse nog met ons weghardloop! ’n Voorspoedige planttyd wens ek jou toe.

Jan Steyn is verbonde aan GrainCo.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |