Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  FEATURES  

  BUITE  

  LEEFSTYL  

  MOTORS  

  GESONDHEID  

  LANDBOU  

  BY  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Landbou
Jong kaasmakers weer na Frankryk
23/04/2008 10:57:52 PM - (SA)

’N GROEP jong kaasmakers kry jaarliks geleentheid om hul vaardighede in Frankryk te gaan slyp ingevolge ’n samewerkingsooreenkoms tussen die Wes-Kaap en die streekregering van Boergondië.

Vandeesweek het mnr. Willem Bosman (Mooivallei Kaas, Bonnievale), mes. Dollencia Willemse (Kasselshoop Kaas, Stilbaai), Barenise Croy (Jersey Fresh, Malmesbury) en Chaneë Truter (Imhoff Cheese, Noordhoek) gehoor hulle is vir vanjaar se kursus benoem.

Die opleidingsprogram vir jong kaasmakers het in 2005 begin en spruit uit die hoogs suksesvolle opleidingsprogram wat daar vir Suid-Afrikaanse plaaswerkers as wynmakers aangebied word.

In November 2004 het mnr. Cobus Dowry, Wes-Kaapse minister van landbou, ’n afvaardiging na Frankryk gelei om die bestaande samewerkingsooreenkoms tussen Boergondië en die Wes-Kaap te verstewig.

Die Wes-Kaap trek voordeel uit samewerking met hierdie streek, veral op die gebied van opleiding, oordrag van vaardighede, gehaltestandaarde in landbou, gehaltevoedselprodukte en waardetoevoeging tot basiese landbouprodukte.

Nie net is Boergondië een van die vernaamste wynstreke van Frankryk nie, maar toevallig ook baie bekend vir sy kaas.

Die kaaskursus is ontwerp om voorsiening te maak vir ’n gesamentlike diploma tussen die Kaapse Instituut vir Landbouopleiding op Elsenburg en die Centre de Formation Professionnelle et de Promotion Agricole (CFPPA).

Mnr. Fabienne Clerc, direkteur van die CFPPA, en mnr. Philippe Bousquet van die kollege het die Kaap daarna besoek om saam met amptenare van die Wes-Kaapse departement van landbou besonderhede oor die kursus uit te werk.

Ingevolge die ooreenkoms finansier die Wes-Kaapse departement van landbou saam met die streekregering in Boergondië en die Franse departement van buitelandse sake die kursus.

Dit het verlede jaar vier kaasmakers in staat gestel om die derde kursus by te woon.

Die vier is ná ’n seleksieproses onder beskerming van Agri-Expo by die toekenningsgeleentheid van die Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskap­pe bekend gemaak. Hulle is mnr. Stefan Pockpas van Tan­tinki Bokmelkkaas, Oudts­hoorn; me. Estalanie Marais van La Rochelle Bokmelkkaas, De Doorns; mnr. Mario Jumat van Simonsberg Kaas, Stellenbosch; en mnr. Mahlamola Moso van Kimilili Farm Cheese, Tulbagh. Mr. Kobus Mulder van Agri-Expo, wat vir die praktiese reëlings vir hul opleiding verantwoordelik was, het hulle vergesel.

Hulle het by twee fabrieke praktiese en teoretiese opleiding ontvang in die produksie van tipiese Franse kase. Dit is gevolg deur ’n bemarkingsmodule, waartydens gefokus is op die kommersiële aspekte van die kaasbedryf.

Hulle is ook blootgestel aan innoverende gebruike van kase. Hul vordering word deurlopend gemonitor en die plan is dat hulle later as mentors vir toekomstige kaasmakers uit voorheen benadeelde gemeenskappe sal optree.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |