Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
658 dae tot afskop
2010
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  FEATURES  

  BUITE  

  LEEFSTYL  

  MOTORS  

  GESONDHEID  

  LANDBOU  

  BY  


VERSEKERING
Spaar by OUTsuranceKliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Landbou
Saronsberg se wyne beïndruk buitelanders
10/04/2008 10:09:55 PM - (SA)

DIE Saronsberg-wynmakery was vanjaar die toppresteerder in die vyfde Swiss International Air Lines-wyntoekennings wat verlede naweek in die Cellars-Hohenort­hotel in Constantia gedoen is.

Saronsberg het drie goue medaljes gewen, vir die Saronsberg Chardonnay 2005, Saronsberg Full Circle 2005 en die Saronsberg Shiraz 2006. Die Full Circle 2005 het ook die spesiale toekenning vir die beste rooiwyn ontvang.

Met dié prestasie het Saronsberg boonop die toekenning vir die suksesvolste wynmakery in die kompetisie gewen.

Die ander agt wyne wat spesiale toekennings gewen het, is: Saam Mountain Sauvignon Blanc 2007 (beste witwyn), Villiera Monro Brut 2001 (beste vonkelwyn), Alvi’s Drift Private Cellar Muscat de Frontignan 2006 (beste geforti­fiseerde wyn), Klein Constantia ­Noble Late Harvest 2006 (beste laatoeswyn), Franschhoek Cellar Merlot 2006 (rooiwyn wat die beste waarde vir geld bied), Mooiplaas Chenin Blanc 2006 (witwyn wat die beste waarde vir geld bied), Vondeling Babiana 2006 (bes bewaarde geheim) en Eagle’s Nest Shiraz 2006 (beste wyn in eerste oesjaar).

Mnr. Dewaldt Heyns, wynmaker van Saronsberg, was in die wolke.

“Die Saronsberg Cellar Provenance Shiraz 2005 was verlede jaar ’n gouemedaljewenner wat gekies is om op vlugte van Swiss International Air Lines bedien te word.

“Ons het geweldige internasionale blootstelling gekry en voel geëerd om vanjaar die toekenning vir die suksesvolste wynmakery te ontvang,” het Heyns by die toekenningsgeleentheid gesê.

“Die wêreldwye blootstelling en ’n internasionale span beoordelaars beteken dat ons wyn aan internasionale standaarde gemeet word. Ek is ook opgewonde omdat die Saronsberg Full Circle 2005 as die beste rooiwyn aangewys is,” het Heyns gesê.

Benewens die 10 trofeë vir die spesiale toekennings en wenwynmakery is 34 goue en 57 silwermedaljes toegeken. Die kompetisie het vanjaar 747 inskrywings gelok, wat 32% meer is as verlede jaar.

Volgens die voorsitter van die beoordelaars en bekende internasionale wynkenner, Robert Joseph, word die wyne volgens internasionale standaarde beoordeel.

Wynmakers wat sukses in die kompetisie behaal het, sal baat vind in hul verkope en handelsmerkblootstelling, plaaslik sowel as internasionaal, meen hy.

Joseph het ná vyf dae se proeëry gesê hy kan nie sê wat maak ’n wyn ’n Suid-Afrikaanse wyn nie.

“Daar is nie ’n definitiewe styl nie. Ek kan ook sien dat die plaaslike wynmakers nog besig is om ’n styl te ontwikkel, streek vir streek en kultivar vir kultivar.”

Mnr. Allan Mullins, wat Woolworths se wynaankope keur en een van die beoordelaars was, het agterna gesê die beoordeling was die deeglikste nog van enige kompetisie waarvoor hy ’n beoordelaar was.

“Ek dog ek ken al die wynmakerye in Suid-Afrika, maar die Swiss International Air Lines-toekennings het my verkeerd bewys,” het hy gesê.

Die wyne wat met goue en silwermedaljes bekroon is, sal te proe en te koop wees by die wenwynstalletjie Swiss International Air Lines by vanjaar se Good Food and Wine Show. Dié skou word van 15 tot 18 Mei in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum gehou.

Kaartjies is beskikbaar op die webtuiste www.gourmetsa.com of kan by die deur gekoop word. Navrae hieroor kan gerig word by tel. 021 797 4500 of anders by selfoon 084 565 0069.

Verlede jaar was die wynverbruik vir Swiss International Air Lines se besigheids- en eersteklas sowat 290 000 bottels van 750 ml en in die ekonomiese klas sowat 1,6 miljoen bottels van 180 ml. Die passasiers gee voorkeur aan Switserse wyn, maar bordeauxversnitte en nuwewêreldwyne is ook gewild.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |