Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  FEATURES  

  BUITE  

  LEEFSTYL  

  MOTORS  

  GESONDHEID  

  LANDBOU  

  BY  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Landbou
Honde help om luiperds te beskerm
10/04/2008 12:43:46 PM - (SA)

DIE sukses wat die bewaringsorganisasie Landmark Foundation met sy luiperd-en-roofdierprojek behaal, is in vele opsigte ’n voorbeeld vir die res van die land.

Die ideale toestande word vir deelnemende veeboere in die Baviaanskloof geskep om bewaringsboerdery toe te pas en in harmonie met die omgewing te boer.

Om sy hand te versterk, het die Landmark Foundation, ’n nieregeringsorganisasie van die Oos-Kaap, onlangs hande gevat met CapeNature en ’n geïntegreerde vennootskap tot stand gebring om roofdiere te beskerm met innoverende en proaktiewe bestuursintervensies. Dit word deur navorsing gerugsteun en voorkom ook skade onder die vee.

Vyf boere van die Baviaanskloof is reeds by die projek betrek.

Die eerste een wat aangesluit het, is al byna ’n jaar lank deel daarvan.

Die boere word met halsbande vir hul skaap en angorabokke voorsien om dit vir roofdiere moeilik te maak om hulle aan die keel beet te kry. Die grootste troefkaart is Anatoliese herdershonde.

Dié honde is g’n troeteldiere nie en word van kleins af saam met die skaap grootgemaak. Hulle eet in die veld by ’n selfvoerder en kom nie by die boer se huis of speel met sy kinders nie. Hulle raak so gewoond aan die skaap dat hulle ’n kuddegevoel ontwikkel en die skape teen elke prys teen luiperds en ander roofdiere sal verdedig.

Mnr. Quintis Bezuidenhout van die plaas Bo-Kloof is een van die vyf wat rustig kan slaap en weet dat sy vee in veilige hande is. Hoewel rooijakkalse net sporadies voorkom, is daar heelwat luiperds in dié bergagtige deel. Hulle kom egter nie by sy dorpers of angoras nie en hy het nie nodig om gifpille uit te plaas of slagysters te stel nie.

Indien ’n luiperd ’n bedreiging vir die vee word, word hy in ’n hok gevang en elders losgelaat.

Hulle kry ook ’n halsband met ’n sender om die nek sodat hulle gemonitor kan word en hul beweging vir navorsingsdoeleindes nagespeur kan word. Verskeie luiperds word reeds so gemonitor.

Die honde hou ook die rooikatte weg.

Bezuidenhout vertel die hond is aanvanklik by die huis in ’n klein kampie met skaap aangehou, en later na ’n groter kamp met meer skape oorgeplaas, totdat hy eindelik veld toe gegaan het.

Hy is vroeg aan die lamseisoen blootgestel, maar die lammers is eers eenkant gehou aangesien hy nog jonk en baie spelerig was. So het hy geleidelik deel van die trop dorpers geword.

Vir die Landmark Foundation, wat in 2004 gestig is en veral in die westelike deel van die Oos-Kaap doenig is, en CapeNature is dit ’n uitdaging om op ’n proaktiewe wyse roofdiere in ’n landboustreek te beskerm.

Albei instansies beywer hulle om ’n einde te maak aan die onoordeelkundige gebruik van slagysters, gifstrikke en die jag van roofdiere met honde.

Die stel van slagysters vir rooijakkalse lei dikwels daartoe dat luiperds pleks van die jakkalse daarin beland.

CapeNature en die Landmark Foundation gaan saamwerk om toe te sien dat die boere wat hul biodiversiteit beskerm – en in hierdie projek veral die roofdiere – en hulle by die ander bewaringsriglyne hou, die voordele van die roofdiervriendelike inisiatiewe en prosesse sal kry met die produksie van hul vleis en wol.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |