Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
658 dae tot afskop
2010
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  FEATURES  

  BUITE  

  LEEFSTYL  

  MOTORS  

  GESONDHEID  

  LANDBOU  

  BY  


VERSEKERING
Spaar by OUTsuranceKliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
In haar nuwe boek verduidelik Friedland hoe jy as vrou kan kophou. Foto: MICHAEL HAMMOND
In haar nuwe boek verduidelik Friedland hoe jy as vrou kan kophou. Foto: MICHAEL HAMMOND
Gesondheid
Hoe jy as vrou kan kophou
08/04/2008 01:39:58 PM - (SA)

VOEL jy as vrou meestal dat jy ’n nimmereindigende taak het om die gesin gelukkig te hou, jouself te vind en jou verantwoordelikhede na te kom aangaande werk en ander verhoudings?

Gewoonlik gaan hierdie gevoelens gepaard met té min tyd vir jouself as vrou - té min tyd vir jou belange, wat lei tot ooreising, uitbranding, agteruitgang van gesondheid, frustrasie en ander frustrasies. Dít is presies waarom dr. Linda Friedland haar nuwe, praktiese boek, Having it All - a Woman’s Guide to Health and Success, geskryf het.

Volgens haar is dit belangrik om die sewe-punt plan te volg wat ’n praktiese, uitvoerbare manier is om die stres van die hedendaagse lewe te hanteer. Die sewe punte sluit in:

. Krag X verbeter jou eie fisiese krag en energie;

. Prioriteite X maak seker wat is belangrik vir jou;

. Beplanning X organiseer jou lewe;

. Tempo X moenie dat tyd jou lewe regeer nie;

. Passie X vul jouself met entoesiasme, leef met mening;

. Plesier X soek aktief na dinge wat jou geluk bring; en

. Vrede X maak vrede met jou lewe en maak jou lewe vredevol.

“Ons is nou eers ’n paar maande in die nuwe jaar in en kanse is dat jy as vrou reeds uitgeput is. Jy het jouself belowe dat jy dinge anders gaan doen. Jy het voornemens gemaak om jou leefwyse aan te pas, maar jy vind dat jy reeds geïrriteerd is, humeurig is, ’n bietjie buite beheer voel, jou energie- en libido-vlakke gedaal het en dat jy goor voel.

“Jy moet drastiese veranderinge maak en sorg dat jy nie van die wal af in die sloot val nie,” sê Friedland.

Volgens haar is dit tans ’n tyd in die samelewing waar daar so baie geleenthede vir vroue is om hul beroepe te verbeter, maar lewensvervulling trek lelik aan die kortste end danksy uitputting. Jou onvermoë om jou liggaam se tekens raak te sien, sal veroorsaak dat jy in baie moeg word.

Friedland is ’n ma van vyf, suksesvolle sakevrou, dokter en eggenoot. Maar sy meen dat dit eintlik baie maklik is om te kry wat jy wil hê.

“Dit is vir die meeste vroue belangrik om ’n superwoman te wees. Dit is ’n mite wat glad nie bestaan nie.”

Sy meen dat dit belangrik is om jou eie belange ook op die hart te dra sodat jy en diegene om jou kan weet wat vir jou ook belangrik is.

“Moenie net terugstaan omdat iets vir iemand anders belangriker is nie. Dit is die groot fout wat meeste vroue maak. Hulle dink ander se belange is belangriker as hul eie. Dit is nie waar nie,” sê sy.

Bereik ’n kompromis in jou persoonlike lewe, met jou man, jou kinders en by die werk. Weet wat vir jou belangrik is, skep “alleen-tyd” al is dit net vir tien minute, doen dinge wat vir jou lekker is soos kunsklasse, oefening of lees.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |