Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  FEATURES  

  BUITE  

  LEEFSTYL  

  MOTORS  

  GESONDHEID  

  LANDBOU  

  BY  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Nie alle soorte medikasie is veilig om saam te gebruik nie. Foto: MICHAEL HAMMOND
Nie alle soorte medikasie is veilig om saam te gebruik nie. Foto: MICHAEL HAMMOND
Gesondheid
Wees altyd versigtig met voorskrifmedisyne
08/04/2008 01:35:47 PM - (SA)

MET die gebruik van voorskrifmedikasie is ’n mens gewoonlik versigtig, want jou dokter waarsku jou teen die verkeerde gebruik daarvan, maar wanneer jy met oor-die-toonbank medikasie te doen kry, is ’n mens geneig om nie regtig te let na die regte gebruik daarvan nie, omdat jy dink dat dit redelik skadeloos is. In werklikheid is dit juis hierdie medikasie waaroor jy bekommerd moet wees X veral wanneer jy dit kombineer met voorskrifmedikasie, sê kenners, want dit kan lei tot jou dood.

Wanneer jy met medikasie te doen kry, is daar altyd dinge waarna jy moet oplet.

“Die medikasie moet korrek gestoor word en jy moet let op die vervaldatum. Lees ook altyd die voubiljet en volg die gebruiksaanwysings daarop. In die geval van voorskrifmedikasie moet jy die dokter se aanwysings op die etiket volg. Jy moet ook altyd ’n kursus antibiotika voltooi en nie oogdruppels gebruik wat al meer as 30 dae oop is nie,” sê me. Esté Rootman, ’n apteker by M-Kem in Bellville.

Dr. Petrus Rossouw, ’n algemene praktisyn van Welgelegen, voeg by dat jy ook nie enige medikasie langer moet gebruik as wat aangedui word nie, en dat jy daarop moet let of die medikasie voor of na ete geneem moet word, of jy dit met ’n sekere tegniek moet neem, soos in die geval van asmapompies, en of daar sekere spesiale gebruiksvoorskrifte is, soos om dit een maal per week saam met ’n vol glas water te gebruik.

Dit is belangrik dat jy hierdie voorsorgmaatreëls tref, want daar is sekere medikasies wat nie saam gebruik mag word nie.

“ ’n Goeie voorbeeld hiervan is Flagyl® en alkohol, wat lewensgevaarlike gevolge vir jou kan inhou as jy hulle saam gebruik. Dan is daar ook Warfarin en aspirien wat nie saam gebruik kan word nie,” sê mnr. Okkie Delport, ’n apteker by die Culemborg-apteek in Kaapstad.

Rootman noem nog ’n paar voorbeelde, soos voorbehoedpille en sekere antibiotika, en norpseudoephefedriene (Eetless, Thinz) saam met B-blokkers of digitalis. Sy sê ook dat asmalyers versigtig moet wees met die gebruik van NSAIM’s (nie-steroïed anti-inflammatoriese middels) en dat medikasie wat voorgeskryf word vir angstigheid, depressie, spierverslapping, sinus of verkoue liefs nie saam met alkohol gebruik moet word nie.

“Wees ook versigtig vir natuurlike of homeopatiese middels, want net omdat hulle natuurlik is, beteken nie dit is onskadelik of het nie interaksies met ander geneesmiddels nie. Dinge soos ginseng het ’n effek op jou bloeddruk en St. John’s Wort mag glad nie saam met anti-depressante gebruik word nie. Dan moet mense met hartprobleme ook versigtig wees vir verkoue- of hoesmedisyne,” sê Rootman voorts.

“Alkohol moet verkieslik nooit saam met medikasie gebruik word nie, maar beslis nie saam met medikasie wat op die sentrale senuweestelsel inwerk nie,” sê Rossouw.

Al drie kenners stem saam dat jy baie vinnig sal agterkom of jy jou medikasie verkeerd gebruik of dat dit nie goed akkordeer met ander medikasie nie.

“Jy sal daarop let dat jou normale liggaamsfunksies versteur word. Jy sal byvoorbeeld lomerig of hiperaktief word of naarheid, braking, maagkrampe of visieversteuring sal jou daarop attent maak,” sê Delport.

As jy bewus word van hierdie simptome, moet jy egter dadelik jou dokter gaan sien, want indien jy nie vinnig die regte behandeling kry nie, kan jy van jou organe permanente skade aandoen, voeg Delport by.

Die behandeling vir die newe-effekte van die verkeerde gebruik van medikasie is altyd om die gebruik van die betrokke medikasie te staak. “Verder wissel die behandeling van maag uitspoel of die toediening van binne-aarse vog of spesifieke teenmiddels, tot die toediening van simptomatiese verligting van simptome,” sê Russouw.

Rootman voeg by dat baie min medikasie absoluut veilig is en geen newe-effekte of interaksies het nie. Daarom stel sy voor dat jy altyd jou dokter of apteker inlig oor die medikasie (of kruiemiddels) wat jy gebruik.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |