Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  FEATURES  

  BUITE  

  LEEFSTYL  

  MOTORS  

  GESONDHEID  

  LANDBOU  

  BY  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Dr. Guy Ashburner, ’n osteopaat van Constantia, behandel een van sy pasiënte. Foto: MICHAEL HAMMOND
Dr. Guy Ashburner, ’n osteopaat van Constantia, behandel een van sy pasiënte. Foto: MICHAEL HAMMOND
Gesondheid
Genees liggaam met osteopatie
08/04/2008 01:39:12 PM - (SA)

OSTEOPATIESE praktyke is reeds in 1874 in Amerika toegepas deur dr. Andrew Taylor Still. Hy was ’n militêre dokter gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog, en het dié behandelingsmetode ontwikkel ná sy ervarings op die slagveld. Hy het nie meer vertroue gehad in tradisionele mediese praktyke nie.

Maar wat is osteopatie en hoe kan dit jóú help?

Osteopatie is die holistiese benadering tot gesondheid wat die rol van die been- en skeletspiere beklemtoon in die geval van gesondheid en siekte. Dit word in die meeste vastelande beskou as ’n vorm van natuurlike of komplementêre geneeskunde wat werk deur te verbeter op dinge soos chirurgie of verloskunde.

Volgens dr. Guy Ashburner, ’n osteopaat van die Steps to Health-apteek in Constantia, is osteopatie ’n vasgestelde stelsel van volledige mediese behandeling en diagnose.

“Osteopate doen nie dieselfde as chiropraktisyne of fisioterapeute nie.

“Ek analiseer nie net die fisieke simptome nie, maar neem die pasiënte se leefstyl, lewenshouding, asook hul algemene gesondheid in ag, en gee dan dáárna behandeling,” sê Ashburner.

Hy sê alle osteopate neem die fisieke-, omgewings- en stresfaktore gesamentlik in ag, maar ’n algemene praktisyn behandel hierdie simptome apart.

“Osteopatie kyk nie net na die simptome wat die pasiënt toon nie, maar glo dat dié simptome dikwels die onderliggende bron van die siekte verbloem, en gee aandag aan die belangrikheid van veranderinge in die liggaamstruktuur of -funksie,” sê hy verder.

Hy vertel dat die doel van osteopatie is om probleme met die been- en spierstelsel en die liggaamsbou te herstel. Dit maak dit makliker vir die liggaam om reg te funksioneer en verminder die kans op toekomstige probleme.

“Met die doel om gesondheid te handhaaf, sluit die osteopaat raad vir die pasiënt se dieet, postuur, leefstyl en stres in,” sê hy.

Volgens Ashburner behandel osteopate ook babas en kinders vir onder meer infeksies, koliek, pyn en asma. “Swanger vroue kan behandeling kry vir sooibrand, pyn en asemhalingsprobleme wat deur die swangerskap veroorsaak word,” sê hy.

Ashburner gee ook ’n paar simptome wat enige geregistreerde osteopaat jou mee kan help:

. Akute en chroniese pyn;

. Rug- en nekpyn;

. Gewrigpyn en styfheid;

. Hoofpyn en migraine;

. Knie-, heup- en enkel-artritiese pyn;

. Spierpyn of -krampe en styfheid;

. Lendejig;

. Reumatiese pyn as gevolg van artritis;

. Asma en borskwale;

. Sinus;

. Spysverteringprobleme; en

. Traumabeserings.

Dr. Gary Riley, die voorsitter van die Osteopatiese Vereniging van Suid-Afrika, en ’n osteopaat by die Kaapstadse Medi-Clinic, vertel dat die natuurlike herstel van die liggaam tyd verg.

“Genesing van byvoorbeeld die spiere neem sewe tot 21 dae, afhangend van die soort besering.

“Dit is hoekom ons glo dat die liggaam eers ’n ‘rustyd’ nodig het ná behandeling om te herstel,” sê Riley.

Hy vertel verder hulle glo dat die liggaam, in ’n ideale omgewing, ’n inherente wilskrag het om self te genees, en dat osteopate net verskeie tegnieke gebruik as aanmoediging om genesing te versnel en effektiewe, doeltreffende gesondheid op die langtermyn aan te bring.

“Osteopatie erken dat die liggaam ’n ingewikkelde, dinamiese organisme is, en nie net ’n klomp saamgestelde liggaamsdele is nie. Om doeltreffende geneeskunde aan te bring, glo ons dat die pasiënt en alle gesondheidsfaktore in ag geneem moet word,” sê Riley.

. Vir verdere inligting oor osteopatie besoek www.osteopathy-za.com of www.osteogoodhealth.com.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |