|
|||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | ||||||||
![]() Een slukkie van die kruiedrankie weekliks behoort jou kind perdfris en gesond te hou. Foto: MICHAEL HAMMOND
Gesondheid
Kruiebehandelings vir kinders veilig, voordelig
06/05/2008 03:52:47 PM - (SA)
IN ’n kind se oë is die wêreld ’n oneindigende avontuur wat moet beleef word. As mens kinders in die huis het, moet jy gereed wees vir alle soorte verrassings.
Hulle neig om nuuskierig te wees en menige tye kry hulle ongelukkig seer of tel kieme op wat hulle vreeslik siek kan maak.
Hoewel kinders gewoontlik gouer gesond word, is dit steeds beter om siektes of seerkry in die eerste plek te probeer verhoed.
Kruie of alternatiewe medisyne is deesdae baie bekend op die mark vir die behandelin juis hiervan.
Dit verskil van normale medisyne, want dit bevat meer van die natuurlike elemente van spesifieke produkte, maar dit beteken nie dat dit altyd geheel en al veilig is nie.
Volgens me. Michele Carelse, ’n kliniese sielkundige en direkteur van Feelgood Health, “het natuurlike medisyne in die algemeen (kruie en homeopatie ingesluit) ’n baie hoë veiligheidsprofiel vir volwassenes, kinders en babas”.
“Onthou, hoewel dit natuurlik is, is dit nog steeds medisyne en daar is van hulle wat aanwys dat kinders dit nie mag in kry nie,” het sy gesê.
Me. Mathabo Kona, uitvoerende direkteur by die Health Product Association of South Africa (HPA), het gesê: “Die HPA is ’n handelsvereniging van maatskappye in ’n komplementêre en alternatiewe medisyne (Cams)-bedryf wat opgerig is vir die bevordering en beskerming van Cams.”
Volgens haar verskil Cams van normale medisyne, want dit behandel die pasiënt se toestand voordat dit in ’n siekte ontwikkel, hoewel dit baie meer van die pasiënt se selfdissipline afhanklik is.
Carelse het gesê dat alternatiewe medisyne vir ’n verskeidenheid toestande soos knoppe, krappe, uitslae, verkoue, griep, mangelontsteking, kinder-infeksie, maagprobleme en óók as kinders emosioneel onstel voel, gebruik word.
“Ook vir babas met probleme soos olikheid, tandesny of slaapprobleme.”
Volgens Carelse is dit baie goed om “ ’n kruie-oplossing vir skrape en snye byderhand te hou sodat jy die kleintjies se wonde kan ontsmet en die bloeding kan stop. Jy kan selfs ’n sagte kruiesalf op sit om te help met die herstel van wonde”.
Sy het gesê dit is belangrik om ’n kruiedrankie in die huis te hou vir die versterking van weerstand in die kinders se liggame om verkoues en griep weg te hou.
“ ’n Kruiedrankie wat echinacea bevat is altyd die beste om gesondheid aan te moedig,” het Carelse gesê.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |