Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  FEATURES  

  BUITE  

  LEEFSTYL  

  MOTORS  

  GESONDHEID  

  LANDBOU  

  BY  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Gesondheid
Leer meer oor wat jy kan doen in ernstige noodgeval-situasies
08/04/2008 01:26:08 PM - (SA)

DIE eerste ding waaraan ’n mens dink wanneer jy of iemand na aan jou in ’n huishoudelike ongeluk of ander ongeluk betrokke was, is om so gou moontlik by die naaste hospitaal se trauma- of ongevalle-eenheid uit te kom.

Maar wat doen jy in só ’n geval? Watter soort inligting oor die ongeluk is belangrik en watter inligting moet jy vir die dokters by die ongevalle-afdeling kan gee?

Gesondheid het by dr. Karen Schwabe, ’n dokter in die trauma-eenheid by die Netcare Kuilsrivier-hospitaal gaan uitvind wat jy in ’n ongeluksituasie moet doen.

Afhangende van wat gebeur het, moet jy volgens Schwabe die volgende onthou en doen:

. Sorg dat die omgewing waar die ongeluk plaasgevind het, veilig is. Dit help nie jy probeer iemand help en stel jouself in die proses in gevaar nie. Som eers die situasie op, kyk rond en dink voor jy reageer. Byvoorbeeld skakel die elektrisiteit af ingeval van ’n skokvoorval; verwyder of kom weg van die gifstowwe en moenie daaraan raak met jou kaal hande nie; kom weg van gevaarlike diere, insekte of slange; ingeval van ’n padongeluk, sorg dat jy uit die verkeer se pad is.

. Kry dan hulp so gou as moontlik of vra iemand om die ambulans te bel.

. Raak liggies aan die pasiënt en vra of hy of sy wakker is. Indien wel, gaan voort om die pasiënt te stabiliseer, andersins hou die pasiënt doodstil totdat mediese personeel op die toneel is.

Om ’n pasiënt te stabiliseer, sê Schwabe moet jy, byvoorbeeld, drukverbande op enige bloeding sit, ingeval van moontlike frakture (beenbreuke) hou die pasiënt so stil as moontlik, en koel brandwonde af met yspakke.

“Met gifinnames, moet nié die pasiënt laat braak nie, want dit kan alles vererger. Die hospitaal sal dit self doen as dit nodig is. Ingeval van bysteke waar pasiënte allergies is, sal hulle soms ’n adrenalien-inspuiting tuis aanhou. Vra die pasiënt daaroor indien dit nog moontlik is,” sê sy.

Schwabe raai verder aan dat jy die beseerde kalmeer en ondersteun totdat hulp opgedaag het.

“Moet niks per mond ingee nie X vir ingeval die pasiënt teater toe sal moet gaan of dalk naar kan word. Onthou om alle medikasie waarop die pasiënt is, saam te stuur na die hospitaal. Ingeval van ’n oordosering is dit egter krities dat jy álle moontlike medikasie of gifstowwe wat ingeneem kon word, saamstuur.”

Oor watter inligting rakende jou ongeluk, siekte of besering aan die dokters oorgedra moet word, sê Schwabe die wanneer, waar, hoe, hoekom dit gebeur het, wie nog betrokke was en/of enigeen ernstig beseer is in dieselfde insident, en wat reeds aan die pasiënt gedoen is, is belangrik.

Volgens haar is dit beter om met alle ernstige gevalle dadelik na die trauma-eenheid eerder as na jou huisdokter te gaan.

“Ook as jy vermoed daar is frakture (beenbreuke) wat X-strale sal benodig. Gaan ook na ’n trauma-eenheid met enige toestande wat ’n spesialis of hospitalisasie sal benodig. Verder kan jy enige tyd in die nag inkom met probleme waarvoor jy nie tot die oggend kan wag nie.”

Schwabe vertel voorts die protokol in ’n trauma-eenheid is dat alle ernstige gevalle dadelik gesien en gestabiliseer word.

In minder lewensdreigende situasies sal die hospitaal eers versoek dat jy ’n leêr oopmaak.

Volgens haar moet mense wat aan ’n mediese fonds behoort, onthou om hul mediese fondskaartjies en ID’s saam te bring.

“Die verpleegpersoneel sal jou kom haal en observasies doen en dan sal die trauma-dokter jou sien. As dit dan verder nodig is vir X-strale of om bloed te trek, sal die dokter dit aanvra en vir jou medikasie gee soos nodig. Jy sal ookvandaar verder verwys word na ’n spesialis indien nodig,” voeg Schwabe by.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |