Webwerf Foto's
Argiewe Netads
06/01/2009 01:37:19 PM - (SA)
“As dit yskoud buite is, moet jy maar binne-dinge doen...” Wêreldburgers stuur hul foto’s aan Die Burger.
Wêreldburger-blog
WEER » Kaapstad 20º / 27º | Worcester 18º / 33º | George 19º / 31º | Port Elizabeth 20º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT OOS-KAAP SUID-KAAP VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
BUITELAND VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL
GESONDHEID REIS LANDBOU BY KERSFONDS FOTO-KOMPETISIE VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
By
EVITA: Nie eens Google kan ons kinders help nie
14/11/2008 04:49:04 PM - (SA)

Almal lyk bekommerd. Hulle is depressief, neem pille. Wil oppak en trek. Maar waar is daar stilte en hoop?

Ironies is daar vandag meer inligting as ooit beskikbaar. Kyk net na daardie wonderwerk google.com.

“Wat doen jy, skat?” vra ek vir Winnie-Jeanne.

“Ek surf die Net, Gogo,” vertel sy en haar vingers vlieg oor die klawers van die computer soos dié van ’n konsertpianis.

“Ja, maar wat soek jy?” Sy skud net haar kop.

“Iets sal opkom.”

Dit is die probleem. Soveel inligting, maar so min kennis. Nie so lank gelede nie moes ’n mens biblioteek toe gaan en alles opsoek. Boeke bestel en duur daarvoor betaal.

Jou kennis was dit wat jy uit die wêreld se inligting kon haal. Dit wat op jou eie lewe betrekking gehad het. Vandag met al sy inligting, al sy dot-coms, al sy org-nets, voel soms meer soos ’n vaal Woensdagoggend tydens die Donker Eeue.

Gister is net ’n vae herinnering van ’n dag sonder reën. Eergister is toeka se tyd. Geskiedenis is beslis iets van die verlede en kom eers terug as dit op televisie as ’n sepie herontdek word, die historiese feite agterlosig gerangskik om die drama te verhef en die realiteit te verdoof.

Verlede week kom ses vriendjies van Winnie-Jeanne na die huis om in my boekrak na ’n boek oor ons geskiedenis te soek.

“Vra my,” sê ek en glimlag opgewonde. “Ek weet nogal baie. Wil julle hoor van die Groot Trek? Ou Simon van der Stel se bome? Die Boereoorlog? Die ontstaan van die ACVV? Waar Steve Hofmeyr gebore is?”

“Nee, Tannie,” sê die een blouoog-knaap. “Ons leer nou van . . .” Hy kyk rond. “Wat is die ding se naam?”

“Apartheid,” knik die blonde meisie langs hom en haar swart maatjie giggel.

Vir ’n oomblik was ek totaal verbaas en woordeloos. My boekrak is vol biografieë van vriende wat aangekla word oor wat hulle toe gedoen het. Outobiografieë van ander wat verseker dat hulle nie geweet het wat hulle gedoen het nie. Elke boek dikker en droër as die vorige.

Maar was daar een objektiewe boek oor daardie deel van ons geskiedenis wat die nuwe geslag as ’n onemosionele handboek kon gebruik?

Winnie-Jeanne het dadelik my hand gevat.

“My Gogo was daar. Sy was een van hulle.”

Die kind laat my soos iets uit ’n buiteruimtelike rolprent voel. Ek moes net lag.

“Ja, dit is nie so lank gelede nie.”

Maar dit was. Al die kinders om die tafel was onder 13 jaar oud. Hulle is eers gebore ná die eerste dag van die res van ons lewe, 28 April 1994.

Toe vertel ek hulle maar net stories: Jan van Riebeeck en Piet Retief, Paul Kruger en Louis Botha. Ek is nie meer lus vir daardie herinneringe nie, maar die kinders was grootoog aan die luister.

“En wat was apartheid, tannie Evita?”

Hoe kan ek dit aan ’n groep kinders verduidelik, elkeen van ’n ander kleur, wat tot onlangs nie so saam kon sit nie? Ek het probeer, hopend ek verloor nie die glimlag op my bleek gesig nie.

Mettertyd steek een outjie sy hand op.

“Kan ek iets vra, Tannie?”

Ek knik verlig. Iets oor Steve Hofmeyr nou, asseblief?

“Het al hierdie goeters regtig gebeur?”

Goeters soos groepsgebiede, ontug, sensuur, tuislande, Koornhof?

“Ja, hoekom?”

Die seuntjie lyk effens verleë.

“Dit klink alles so stupid.”

Die ander lag saam.

Stupid? Ja, engel, maar onthou, stupid kan ook doodmaak. Stupid is so slim dat dit homself kan herskep en dan stem jy daarvoor en noem dit politiek.”

Hulle staar weer na my asof ek uit ’n paaseier gekruip het. Winnie-Jeanne red die oomblik.

“En Gogo ken tata Nelson!”

Almal is nou meer opgewonde as oor nuus van Steve Hofmeyr. Ek sug van blydskap.

“Ja, ek het juis al in 1985 na Robbeneiland gegaan om mnr. Mandela vry te laat, maar hy het dit van die hand gewys.”

Die kinders was geskok. Winnie-Jeanne neem oor.

“Ja, maar Madiba was besig om sy boek te skryf en Gogo het hom toe nog ’n paar jaar daar laat sit. Maar dit is ’n goeie belegging, daardie wonderlike boek The long walk to Houghton.”

JJJ

Skielik kom almal met storietjies vorendag.

Die een se wit oupa was in die Tweede Wêreldoorlog.

Die ander se swart oom was in ballingskap in Moskou.

Die ander se Indiër-tante was bevriend met Gandhi se niggie.  Die korrelkop-Sipho se pa was op Robbeneiland en is toe doodgemartel by John Vorsterplein. Gister se sprokies.

“Haai, kinders,” sê ek toe, “dis nou vir Tannie ’n openbaring. Om te dink my lewe is nou maar net ’n hoofstuk in ’n geskiedenisboek. Janee, julle moet weet waarvandaan julle kom sodat julle behoorlik die toekoms kan vier.”

’n Paar “vivas”, “amandlas” en ’n “Vrystaat” borrel voort uit die halfdosyn kele.

“Julle is so gelukkig, so saam as maats. Ek is nie toegelaat om sulke lekker vriende te hê nie.”

Ek kyk na elkeen.

“Jy met jou pragtige swart vel. Jy met jou bruin gloed. Jy wit en blond. En jy?”

Die kind skud sy kop.

“My ouers is van Somalië, maar hulle is wettig.”

Ek gee hom ’n drukkie.

“Hier sit julle, die toekoms van ons land, net ’n paar jaar weg van die eerste verkiesing waaraan julle sal deelneem. Sê nou vir Tannie: Is julle bang?”

Ek kon sien hulle is nog nooit daardie vraag gevra nie. Uiteindelik knik die een rooikoppie.

“Ja, Tannie, ons is bang die 2010-sokker sal nie plaasvind nie.”

Almal stem saam. Ek lag.

“Ja, ja, ja, maar wat van die dinge wat vandag gebeur? Die aanvalle op ander wat nie burgers is nie? Die MI-virus daar buite? Die politieke onsekerhede? Korrupsie, geweld, ’n finansiële chaos?”

Rooikoppie lag nie.

“Ag nee wat, Tannie, ons ouers worry daaroor.”

Watter les uit die mond van ’n kind. Ons ouers moet worry oor daardie goed en die kinders die vryheid gee om te droom. En om te hoop hul drome word waar. Want as hulle moet worry oor die goed wat ons volwassenes nie eens kan uitpluis nie, gaan ons hulle te maklik verloor.

Dit is nie net grootmense wat hul toevlug uit depressie soek met pille, dwelms en hopeloosheid nie.

En google.com help ook nie.

    
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
Kyk terug na 2008
“Met al die opgewondenheid oor die Proteas se asemrowende reeks-oorwinning ‘down under’, het ek vinnig teruggekyk na verlede jaar...” skryf Kevin D op die Aussieboer-blog.
Aussieboer-blog
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
519 dae
tot afskop
2010
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |