|
|||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | ||||||||
Broederlike liefde in Tanzanië se Ngorongoro-krater. Foto: JS DE LA BAT
Buite
Laaste foto’s toon volop emosie
12/05/2008 09:02:44 PM - (SA)
FOTOGRAFIE kan emosie baie effektiewer as die geskrewe woord oordra, en elke fotograaf moet bewus wees van die visuele boustene daarvan.
Of diere emosies het en openbaar, is debatteerbaar. Wat wel seker is, is dat hulle met mekaar kommunikeer en dat ons dalk ons eie menslike gevoelens daarop projekteer.
My ervaring in werksessies, klasse en nuuskonferensies waar ek foto’s met gehore bespreek, is dat kiekies van diere wat “soos mense” optree meer reaksie ontlok as enige ander onderwerp.
Dít en foto’s van nonne in snaakse situasies.
Fotograwe verwys na die “beslissende oomblik” (decisive moment) – een moment in elke situasie wat die essensie daarvan opsom.
Die truuk is meer as net hope geduld.
As jy nie weet waarvoor jy wag nie gaan jy dit waarskynlik mis as dit gebeur.
Die kentekens van emosie is gesigsuitdrukking, liggaamshouding en interaksie.
Hoe sterker die interaksie en daarmee die (geprojekteerde?) emosie, hoe groter die trefkrag.
Kyk weer mooi na ons laaste drie finaliste wat vir die groot pryse in aanmerking sal kom.
Daar is die twee “liefderyke olifante” wat JS de la Bat in Tanzanië gefotografeer het en Hannes Lochner se twee visarende wat uit volle bors in die Krugerwildtuin hul wilde Afrika-kreet gee.
Ook die vlooisoekende bobbejane in die Berg-en-Dal-ruskamp in die Krugerwildtuin wat Marthie Burger gefotografeer het sal baie lesers laat oe! en aa!
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |