Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  FEATURES  

  BUITE  

  LEEFSTYL  

  MOTORS  

  GESONDHEID  

  LANDBOU  

  BY  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Skepe van die Franse vloot in Djiboeti wat ingespan is om seerowers te vang. Foto’s: BRUCE LESLIE
Skepe van die Franse vloot in Djiboeti wat ingespan is om seerowers te vang.    Foto’s: BRUCE LESLIE
Buite
Die onstuimige Horing van Afrika
12/05/2008 08:55:33 PM - (SA)

DIE afgelope 16 dae was maar woes vir ons Outside Edge-ekspedisie kuslangs om Afrika in die stryd teen malaria.

Die goeie nuus wat ons vir julle het, is dat ons toegelaat is om verder te reis en van Asmara in Eritrea tot in Djiboeti gevorder het. Ons het nou die 29ste land bereik op ons reis deur 33 lande.

Deur die oorloggeteisterde Somalië kan ons nie reis nie, en nou moet ons drie getroue Land Rovers weer op ’n skip gelaai word om die berugte Somaliese seerowers te trotseer om die Horing van Afrika.

Maar laat ons julle eers vertel van ons reis van Asmara na Djiboeti. Dit het ons kans gegee om die Afar-skeurvallei te besoek en die Assalmeer te sien.

Assal is die laagste plek op die Aarde. Dit is 153 m onder die seespieël. Die water is hier meer sout as selfs in die Dooie See.

Nando’s, een van ons borge wat ons in die stryd teen malaria ondersteun, het ’n paar Suid-Afrikaanse joernaliste hierheen gebring, onder wie ’n ou radio-vriend: David O’Sullivan van Radio 702.

Die temperatuur is hier meer as 40 grade Celsius. ’n Vulkaan het onlangs uitgebars, en die mense van Djiboeti wys ook aan ons ’n nuwe kraak in die aardkors.

Afar word as die noordelike punt van Afrika se groot Skeurvallei beskou. Hier word baie sout versamel en met kamele deur die berge na Ethiopië geneem.

Djiboeti is die lewenslyn van die Ethiopiese hoofstad, Addis Abeba, na die see.

Die pad tussen hierdie twee plekke is ’n nagmerrie terwyl brandstof en ander goedere met groot vragmotors na die binneland vervoer word.

Ons was doodmoeg toe ons uiteindelik die hawestad bereik het. Ons het die Nubiese woestyn in die Soedan oorgesteek en al langs die Danakilkus van Eritrea – een van die warmste plekke op die Aarde – gereis om hier in Djiboeti te kom.

Die streek word bewoon deur die wilde Afar-nomade, wat glo die gewoonte het om hul vyande te kastreer. Die gedroogde testikels dra hulle na bewering as trofeë om hul nek.

Ek was omtrent senuagtig toe ons van hierdie mense in die woestyn raakgeloop het met hul groot, versierde swaarde.

Die roete het ons Landies nog meer verrinneweer, en ons Cooper-buitebande het behoorlik deurgeloop in droë en rotsagtige rivier-beddings wat ons moes oorsteek.

Maar nou ja – die kuslyn van die Soedan en Eritrea is die laaste uithoeke van avontuur. Dit is ’n dramatiese wildernis met koraalriwwe in ’n deel van die wêreld wat selde deur toeriste bereik word.

Die stad Djiboeti is egter ’n ander storie. Hier sien jy kakiekleurige Hummers en baie militêre mense in kamoefleerdrag.

Die groot besprekingspunt hier was die aanval van die Somaliese seerowers op die jag Le Ponant. ’n Franse vlootfregat is ingespan om die toeriste te red en die seerowers in hegtenis te neem.

Die Franse het met helikopters die vlugtende seerowers tot in die woestyn gevolg.

Nou is dit ons beurt om hierdie seerowers te trotseer wat so amok maak aan die Somaliese kus. Vriende van een van ons borge, Grindrod, het tot ons redding gekom. Ons is maar net te dankbaar dat Zim Integrated Shipping Services ons drie Landies om die Horing van Afrika gaan neem.

Op pad wil ons een van Kaap Agulhas se klippe by die oostelikste punt van Afrika aflaai. Ja, ons Zoeloe-kalbas met seewater van Kaappunt gaan nou ook by hierdie baken verby.

Dit lyk of ons ook maar net betyds hier aangekom het, want ons hoor in die oggend die troepe van Ethiopië en Djiboeti trek weer op hul gemeenskaplike grens saam. Sal daar ooit vrede wees in hierdie deel van die wêreld?

In die namiddag gons dit weer op die straathoeke. Die nuutste besending dun stingels en blare wat hulle khat noem, het van Dire Dawa in Ethiopië hier aangekom.

Geld verwissel vinnig van hande, en dan begin die mense kou aan hul khat, wat ’n kalmerende invloed op hulle het.

In die aand hoor jy die muezzin se oproep vir gebede. Franse troepe stap in groepies deur die strate, en sakemanne druk hul selfoon vas teen hul oor.

Lenige Somaliese vroue hang rond om die plaaslike nagklubs. Met die beskerming van die Franse en die Amerikaners is Djiboeti ’n oase vir vrede en voorspoed in die onstuimige wêreld van die Horing van Afrika.

Ons besoek ook die ou Franse koloniale paleis. waar president Ismail Omar Guelleh ons vredesrol onderteken. Hy is baie vriendelik en neem ons vir ete: heerlike bokvleis.

Gerhard Botha van Durban is hier die bestuurder van die houervraghawe, en hy word ons volgende beskermengel.

Hoe baie keer het die welslae van ons reis om Afrika tog nie afgehang van die Suid-Afrikaners wat ons in die vreemde raakgeloop het nie. Gerhard doen moeite om ons te help.

Ons word in Gerhard se villa ingeteken. Die yskas is vol bier, die lakens skoon en die beddens sag. Daar is lugversorging en TV, en dit is weer tyd vir ’n lekker Suid-Afrikaanse braai.

Ná die verskriklike hitte van die Danakilkus is dit asof ons ’n ander wêreld betree het. Ons kry ook skielik die boodskap dat ons maar die Landies kan laai vir hul vaart om die Horing.

Ons moes die Gemini-opblaasbote van die dak van die groot 130 Defender haal voordat ook hy in ’n houer pas. Die ander twee Landies pas mooi in die tweede houer, en ons bind hulle almal aan die vloer vas.

Dan hoor ons ook die nuus van nog seerower-aanvalle – daar was een op ’n Japanse tenkskip en pas een op ’n Spaanse vistreiler.

Die seerowers het gesofistikeerde apparate en volg die skepe op hul radar. Hulle het glo bankrekenings in Doebai, waarheen hulle hul omkoopgeld stuur.

Die eerste drie maande van vanjaar het seerowery glo met 20 persent toegeneem vergeleke met die ooreenstemmende tyd verlede jaar. Veral by Nigerië en hier rond raak dit al hoe erger.

Die seerowery is ’n gewigtige saak. Dit sal darem ironies wees as ons Landies nou in die hande van Somaliese seerowers beland.

Ons vertel aanstaande week verder hoe ons vorder op pad terug na die Kaap.

Hou maar duim vas die seerowers vang ons nie!

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |