Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  FEATURES  

  BUITE  

  LEEFSTYL  

  MOTORS  

  GESONDHEID  

  LANDBOU  

  BY  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Hou vanaf Vrydagaand 9 Mei die Maan dop in die noorde. Soos die diagram wys, is die Maan die 9de in Gemini (Castor en Pollux is die Tweeling). Saterdagaand is die Maan reg langs die planeet Mars, en die volgende aand, wanneer die Maan in kwartfase is, lê dit tussen Mars en Saturnus. Maandagaand maak die Maan, Saturnus en Regulus ’n kenmerkende groepering. Gebruik hierdie geleentheid om die Maan se eie beweging te sien, soos hiernaas beskryf. Grafika: AUKE SLOTEGRAAF
Hou vanaf Vrydagaand 9 Mei die Maan dop in die noorde. Soos die diagram wys, is die Maan die 9de in Gemini (Castor en Pollux is die Tweeling). Saterdagaand is die Maan reg langs die planeet Mars, en die volgende aand, wanneer die Maan in kwartfase is, lê dit tussen Mars en Saturnus. Maandagaand maak die Maan, Saturnus en Regulus ’n kenmerkende groepering. Gebruik hierdie geleentheid om die Maan se eie beweging te sien, soos hiernaas beskryf. Grafika   : AUKE SLOTEGRAAF
Buite
Sterreparadys in Mei-hemel te sien
05/05/2008 08:43:14 PM - (SA)

AS ek ooit in ruimte en tyd vasgevang moet word, dan sal ek kies dat dit bo-op die Stellenboschberg moet wees, in die middel van Mei om agtuur die aand.

Want op Mei-aande is die hemel seker op sy mooiste.

Teen sewe-uur raak dit al mooi donker en met die Son ’n uur later ’n goeie ent onder, begin die pret behoorlik.

Twee super-reussterre anker die Melkweg weerskante van die horison: Betelgeuse in die weste, en Antares in die ooste.

Net bo die sonsakkim lê die helder sterre van Orion die Jagter, met sy drie gordelsterre wat regop staan.

Regs van die gordel is die oranjerige ster Betelgeuse, 600 keer groter as ons Son.

In die rigting wat die gordel wys, is Sirius, helderste in die naghemel, ’n ster amper twee keer groter as die Son, maar 20 keer jonger.

Net bo die oostelike horison krul die kenmerkende sterpatroon van Scorpius.

Die oranje-rooi super-reusster Antares is hier die alfa-ster, 700 keer groter as ons Son.

Hierdie is die enigste tyd van die jaar wanneer Orion en Scorpius saam gesien kan word; volgens Griekse legendes is dié twee aartsvyande en bly hulle so ver moontlik van mekaar weg.

Tussen die twee sterrebeelde strek die boog van ons Melkweg, die galaksie waarvan ons Son een van 200 miljard sterre is.

Ver van die stadsligte is die Melkweg, met die twee Magellaanse Wolke, duidelik sigbaar.

Hoog op in die suide, langs die Melkweg, is die Suiderkruis en twee Wysers.

In die suidweste, tussen Crux en Sirius, is die helder ster Canopus. Trek ’n lyn van Sirius tot by Canopus, en verleng dit verder dieselfde afstand: Dan eindig jy by hemel-suid. Draai na die noorde, en hoog op lê nog ’n helder ster, Regulus, in Leo.

Vanjaar het Regulus ’n helder metgesel: die geringde planeet Saturnus.

Onlangs in Sutherland wys ek Saturnus deur my teleskoop; een vrou staan en kyk lank, en maak nie ’n geluid nie.

Ek dog eers sy het aan die slaap geraak.

Toe kom die sagte fluister: “Dís waarvoor ek Sutherland toe gekom het.”

’n Ent links en onder Saturnus skyn oranjerige Mars; albei planete is die hele Mei in die aandhemel sigbaar.

Trek ’n lyn van Mars na Sirius: Die helder ster in die middel is Procyon, die hoofster van die Klein Hond.

Saam met Sirius en Betelgeuse staan dit bekend as die Winter- driehoek – ’n benaming afkomstig vanuit die Noordelike Halfrond waar dit gedurende die winter hoog sit (in die somer by ons).

Hou gerus Mars die derde week van Mei dop, veral deur ’n verkyker of teleskoop.

Die Rooi Planeet beweeg al hoe nader aan die pragtige sterbondel die Byekorf (Messier 44).

Hierdie stergroep is op ’n donker aand met die blote oog sigbaar, maar die helder Maan laat dit onsigbaar.

Die 21ste is die planeet net-net buite die sterbondel en die volgende twee aande skyn die helder planeet tussen die fyn sterretjies van die bondel.

Volgens my berekenings sal so ’n samekoms eers weer in November 2009 plaasvind.

Twee planete wat gewoonlik helder skyn – Venus en Mercurius – is albei dié maand te na aan die Son om maklik gesien te word.

Die troefkaart – helder Jupiter – is al om en by 22:00 saans sigbaar in die ooste, ’n ent onder die sterre Scorpius en Sagittarius.

Dit is die helderste naglig op die oomblik – vergelyk dit gerus met Sirius wat in die weste sak.

Jupiter is tans die laaste “ster” wat in die oggend sigbaar bly, baie hoog op, voordat die Son alles verlig.

Die Maan (Nuut op die 5de) verskyn in die aandhemel op Woensdagaand die 7de, baie laag in die noordweste.

Soek daarvoor in die diep skemer; ’n verkyker sal dit makliker maak om op te spoor.

Die helder ster Aldebaran (tesame met die V-vormige sterbondel die Hyades) lê dan net links van die Maan.

Teen Donderdagaand is die sekel makliker om te sien.

Volg gerus die Maan van die 9de tot die 12de soos dit groei, deur die noordelike sterre beweeg, en verby Mars en Saturnus (sien diagram).

Hierdie is ’n goeie geleentheid om die beweging van die Maan van nader te bekyk.

Deur die loop van ’n dag kom die Maan êrens in die ooste op en sak dan later in die weste, net soos die Son en sterre doen.

Hierdie beweging is as gevolg van die Aarde se eie rotasie, en definieer wat ons met ’n “dag” bedoel.

Terselfdertyd beweeg die Maan ook in sy wentelbaan om die Aarde; een omwenteling gee vir ons ’n “maand”.

Op ’n aand verander die Maan dus sy posisie vanweë die Aarde se draai, en die Maan se wenteling.

Eersgenoemde beweging is opvallend, maar die geringe posisie- ­verandering soos die Maan wentel, is effens moeiliker om op te let. Maandagaand die 12de is ’n goeie tyd om hiervoor te kyk, soos die boonste diagram verduidelik.

Die 16de en die 17de is die Maan naby die ster Spica, in Virgo. Die helderder ster onder links van Spica is Arcturus in die Herder. Die 19de, terwyl die Son nog aan die sak is en die hemel nog ’n kleurgloed het, kyk uit vir die amper-volmaan laag in die ooste (dit kom om en by 17:15 op). Die 20ste is dit volmaan.

Die 21ste kom die Maan kort ná sonsak op en sal hy indrukwekkend groot en helder op die horison lyk (om en by 18:40).

Die 23ste en 24ste is die Maan naby Jupiter, heelaand sigbaar tot dagbreek.

Lesers wat toegang tot ’n teleskoop (of ’n goeie verkyker) het, kan gerus Sondagaand die 20ste die Maan dophou.

Vroegaand (so 19:30) lê die Maan kort bo sigma Scorpii, en beweeg aan in die rigting van Antares.

Teen 22:00 is dit halfpad, en net ná middernag word die helder ster deur die Maan geokkulteer.

Hierdie okkultasie is slegs sigbaar vanaf Suider-Afrika, dele van Madagaskar, en Oos-Suid-Amerika. Soos gesien vanaf Kaapstad, verdwyn Antares Maandagoggend om 00:32:17 en verskyn hy weer om 02:07:14.

Indien dit bewolk is, hou duim vas dat dit op 10 Augustus mooiweer sal wees, want dan maak Maan en ster weer so.
. Auke Slotegraaf is voorsitter van die diepruimafdeling van die Sterrekundevereniging van Suider-Afrika.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |