Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  FEATURES  

  BUITE  

  LEEFSTYL  

  MOTORS  

  GESONDHEID  

  LANDBOU  

  BY  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Dan Hugo op pad na sy eerste nasionale Xterra-titel Saterdag op Grabouw.Foto’s: WWW.OAKPICS.COM
Dan Hugo op pad na sy eerste nasionale Xterra-titel Saterdag op Grabouw.   Foto’s: WWW.OAKPICS.COM
Buite
Hugo wen Xterra met vlag in hand
21/04/2008 10:23:10 PM - (SA)

“NOG nooit voorheen het iemand vir my die Suid-Afrikaanse vlag gegee om mee oor die eindstreep te hardloop nie. Dit was die ongelooflikste gevoel.”

Só praat Dan Hugo, die nuut gekroonde Suid-Afrikaanse Duesouth Xterra-kampioen, op sy webtuiste, www.dghugo.com.

Hugo en Eszter Erdelyi van Hongarye is onderskeidelik die nuwe Suid-Afrikaanse mans- en vrouekampioen ná Saterdag se Duesouth Xterra-byeenkoms op Grabouw.

Die deelnemers moes 1,5 km swem, daarna 25 km op hul bergfietse jaag en 10 km op ’n veldlooproete hardloop.

Die 2007-’08-seisoen het die afgelope naweek met die belangrikste byeenkoms van almal geëindig.

Dit is nie net Hugo se vertoning en die beeld van dié 22-jarige Stellenbosser met die nasionale vlag in sy hande in die pylvak wat ’n knop in die keel bring nie.

As trotse Suid-Afrikaner en Xterra-ondersteuner kan ’n mens nie anders nie as om emosioneel te voel oor dié byeenkoms, wat een van die beste Xterra-byeenkomste in die ganse wêreld is.

En niemand is meer bevoeg om hieroor kommentaar te lewer as Suid-Afrika se driemalige wêreldkampioen Conrad (Caveman) Stoltz nie.

Volgens Stoltz kan hy met opregte trots by enige plek in die buiteland na die byeenkoms op Grabouw verwys.

Dit is nie net Stoltz wat sy waardering vir dié besonderse byeenkoms en die organiseerders daarvan uitgespreek het nie.

Die Hongaar Erdelyi, wat tans ook die Europese kampioen is, het gesê: “Die eerste en laaste deel van die 10 km-draf was regtig moeilik. Jy het geen idee hoe steil daai klim is nie!

“Dit het gevoel asof ek vir ewig klim, maar dit is besonders mooi.

“Die hele byeenkoms was perfek. Ek is so trots op my titel.”

Die Duitser Felix Schumann, wat tweede was, was sprakeloos. Dit was nie net die atmosfeer wat die 25-jarige mediese student beïndruk het nie, maar ook die ongelooflike mooi omgewing en organisering van die byeenkoms.

Nie eens swaar reën en bewolkte toestande kon die geesdrif van die deelnemers of die ondersteuners demp nie. Inderwaarheid het die reën tot ’n meer uitdagende byeenkoms bygedra.

Die reën het wel opgehou en die son het geskyn vir die twee uur wat Hugo nodig gehad het om ’n nuwe hoofstuk in sy loopbaan te skryf.

Op die bergfietsroete, wat lekker modderig was ná al die reën, was daar nie té veel tegniese uitdagings nie, maar wel ’n enkelroete wat die uitdaging wat nodig was, gebied het en baie bome wat vermy moes word!

Die drafroete het hier en daar die gevoel van seesand gehad en vir ’n groter uitdaging kon die deelnemers nie gevra het nie.

Wel . . . daar was een deelnemer wat ’n groter uitdaging gesoek het: Mandy Nel.

Nel het nie net daarin belanggestel om die Xterra-byeenkoms te voltooi nie. Sy het so ’n ietsie ekstra tot haar dag bygevoeg deur voor die tyd ook die Xterra Lite (400 m-swem, 12 km-bergfietsry en 5 km-draf) te doen.

G’n wonder nie dat Nel later die aand op die Aand van Kampioene as Duesouth Xterra se kryger(vrou) van die jaar aangewys is. Dit is deelnemers soos Nel, vir wie die uitslag van tweede belang of selfs geen is nie, wat die ware Xterra-krygers is . . . sonder om enigiets weg te neem van dié atlete vir wie die uitslag wel belangrik is.

Jean-Paul van der Linde was die ander kryger van die aand.

Die “Caveman” en Michelle Lombardi is as onderskeidelik die Xterra-mans en -vroue- atleet van die jaar aangewys.

Die nuwe seisoen begin op 10 Julie met die Knysna-byeenkoms wat by Pezula gehou word.

Maar vir die volgende paar maande sal dit die beeld van ’n emosionele Hugo met sy landsvlag in die hand wees wat in die gedagtes bly.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |