Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
685 dae tot afskop
2010
WEER » Kaapstad 12º/16| Worcester 13º/18| George 12º/23| Port Elizabeth 16º/25 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  FEATURES  

  BUITE  

  LEEFSTYL  

  MOTORS  

  GESONDHEID  

  LANDBOU  

  BY  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Die gidse van Skyway Trails (van links) is Loeracia Magagula, Lodrick Marimane en Kamogele Mashigo, wat jou veilig oor die boomtoppe lei.Foto: EBEN HUMAN
Die gidse van Skyway Trails (van links) is Loeracia Magagula, Lodrick Marimane en Kamogele Mashigo, wat jou veilig oor die boomtoppe lei.   Foto: EBEN HUMAN
Buite
Hazyview – pure adrenalienplesier
21/04/2008 08:50:15 PM - (SA)

DIS nogal opwindend om met die hulp van ’n lang kabel oor die boomtoppe van ’n inheemse bos te kan gly.

Maal dit nou met elf keer – ja, elf – se opwinding en jy weet wat op jou wag wanneer jy op een van die glytoere van Skyway Trails gaan.

Party kinders sal seker verkies om ’n week by Vorster se Gecko Lodge te gaan bly terwyl hul ouers rustig die wildtuin geniet.

Dit was by die Gecko Lodge dat ek my vriendelike gidse ontmoet het.

Hulle het ’n kabel byderhand waar jy vinnig touwys gemaak word. Dis baie veilig en jy is beslis in baie goeie hande met hierdie goed opgeleide mense.

Dan ry jy eers ’n ent na die inheemse bos waar jy oor die boomtoppe gaan rits. Die eerste keer skrik jy nogal as jy sien hoe ver en hoe hoog jy deur die lug gaan vlieg al sittende met jou arms bo jou kop wyd gestrek om rigting te hou.

Jy begin met die langer ritte van tot 270 meter. Aan die einde van elke rit klim jy op ’n platform af en word dan weer voorberei vir jou volgende ritte wat al korter word – tot 70 meter.

Party ritte is ook vinniger, maar jy word vooraf gewaarsku. Die gidse wys hoe jy kan rem, en aan die einde kap jy ’n veiligheidstop terwyl ’n gids ook op die dek staan om seker te maak jy het ’n veilige landing.

My gidse het behoorlik uit hul dop gekruip toe ek my kamera uithaal en sê ek soek ’n voorbladfoto vir Buite.

Een het vooruit geseil met die kamera en ek het hom gevolg. Dan het die ander twee gevolg en hul ritte geëindig met uitroepe van: “Front page!”

Dit was net groot pret en ’n mens raak net al gemakliker met die glyery soos jou uitstappie vorder. Aan die einde is jy net spyt alles is weer verby.

Die uitstappie kan tot drie uur duur – afhangende hoeveel saam met jou is. Net agt word in ’n groep toegelaat.

Olifante is baie intelligente diere. Jou persepsies van hulle gaan beslis verander met ’n besoek aan Elephant Whispers.

Hier is ook geleentheid om ’n Shangaan-aandete te geniet en meer van die plaaslike mense se kultuur te leer.

Met my besoek aan Hazyview was daar die aand kwaai donderweer en dit het gedurende die nag baie gereën. Die Sabie het gebruis, maar – miskien gelukkig – was daar nie genoeg tyd om ’n uitnodiging vir ’n witwatervaart te aanvaar nie.

Sabie River Adventures bied sy vaarte in die bolope van die rivier aan waar daar heelwat stroomversnellings is. Dit is ’n bietjie gevaarlik en nie geskik vir kinders onder 14 jaar nie.

Vir jou vierwielfiets-avontuur gaan jy na denneplantasies en inheemse bos.

Daar word na ’n piekniekplek langs ’n waterval gery. Hier is ’n natuurlike swemgat waar jy kan swem.

Vir abseil gaan jy na ’n groot rotswand tussen Hazyview en die Kruger-wildtuin.

Daar is ook verskeie staproetes wat aangedurf kan word. Dit is ideaal vir mense wat voëls wil kyk.

Op hierdie staproetes kan ook in helder rivierpoele geswem word.

Jou bergfiets kan jy maar saamneem na die Laeveld. Daar is baie roetes vol natuurskool om te verken.

Selfs in die Kruger-wildtuin is daar deesdae ’n roete wat jy kan ry. Dit begin by die Olifantskamp.

Wanneer dit by varswaterhengel kom, is daar niks soos die tiervis nie. Jy het ’n strop aan jou lyn nodig om hierdie wilde bakleier te kan tem.

Met sy vlymskerp tande dink hy niks daarvan om ’n lyn deur te byt om homself te bevry nie.

Saam met Nkomazi Safaris begeef jy jou nie in die rustige waters van die Okavango of Karibadam nie, maar eerder in die Komatierivier met sy krokodille en seekoeie.

Lang reëndae in die hartjie van ’n Kaapse winter kan soms neerdrukkend wees. Dit is wanneer jy vir jou adrenalieninspuiting in die sonnige Hazyview moet gaan.

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Internasionale Lotto
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |