Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
658 dae tot afskop
2010
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  FEATURES  

  BUITE  

  LEEFSTYL  

  MOTORS  

  GESONDHEID  

  LANDBOU  

  BY  


VERSEKERING
Spaar by OUTsuranceKliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Die helikopter word gereed gemaak vir die vlug waarin jy self sal stuur.Foto’s: JOHANN CRAFFORD
Die helikopter word gereed gemaak vir die vlug waarin jy self sal stuur.   Foto’s: JOHANN CRAFFORD
Buite
Vlieg self ’n tjopper – tjop-tjop
21/04/2008 08:48:56 PM - (SA)

EK was in die lugmag vir my militêre diensplig. Ek wou ook ’n vlieënier word soos baie van my tydgenote, maar ek dink my gesplete verhemelte en ingroeitoon- naels het my uitgeskakel.

Toe gaan doen ek maar ’n kursus om ’n radar-operateur/vegterbeheerder te word.

Eendag soek een van die instrukteurs toe drie “vrywilligers” om in ’n Mirage- opleidingsvliegtuig te gaan vlieg. Ek was een van die “gelukkige” drie.

Op Waterkloof aangekom, is ek aan die Biltong Belhamel (dis nou die Suid-Afrikaanse weergawe van die Rooi Baron) bekend gestel. Ene majoor Botha. Hy’t my met so ’n onheilspellende grynslag gegroet en ek het geweet: HKGK!

Ons het opgestyg en ek het skaars my sit gekry toe ou Belhamel met sy streke begin. Eers het hy al my organe in my kieste laat vassteek en toe het hy my fondasie by my enkels laat verbyflits. Meer as een keer.

Enkele maande later het twee vlieëniers in ’n Super Frelon-helikopter by die land se hoofradarstasie op Devon dieselfde truuks met my probeer, maar nadat die ou links voor my brekfis met my gedeel het, het ons dit ’n gelykopuitslag genoem!

Toe ’n mooi meisie my nou die dag vra of ek nie in ’n helikopter wil gaan vlieg nie, was ek nou regtigwaar tussen twee vure vasgevang.

Maar toe sy my twyfel sien, speel sy vuil en sê: “Toe, julle motorjoernaliste is mos nie bang nie.” Dis nou met verwysing na my dae, dekades gelede, as motorjoernalis. En ek swig.

Om ’n lang storie kort te maak, ek gaan meld toe een pragtige sonskyndag (met byna geen wind nie) aan by die Base4 Flight Academy (021 934 4405) daar by die Kaapstadse lughawe, ontmoet my instrukteur, Craig Brookson, en in sy kantoor vertel hy my onder meer van die cyclic control stick, die collective pitch control lever en die pedale.

Die cyclic is die stok voor jou wat die rigting van die helikopter verander, die collective is ’n hefboom aan jou linkerkant wat die tjopper laat op- of afgaan, en die twee pedale heel voor keer dat die hele petalje nie op sy rotor-as tol nie of stel jou in staat om sywaarts te vlieg.

Daar is ook nog ’n versneller (throttle), maar danksy die collective sou ons hom nie gebruik nie. Toe stap ons uit na waar die Robertson 22 soos ’n wafferse naalde-koker op ons wag. Maar hy lyk so klein.

Craig stel my toe gerus en vertel dat hierdie tjoppertjie ’n viersilinder-enjin van 5.8 liter het met suiers byna so groot soos oliedromme, en hy skop 145 rpk. uit, meer as genoeg om ons in die lug te kry en daar te hou.

Nadat hy alles van voor tot agter onder my valkoë nagegaan het, het ons ingeklim, onsself vasgegespe, en toe het hy deur die normale ritueel gegaan om die naalde- koker reg te kry vir die opstyg en vlieg.

Ek het myself natuurlik só styf vasgegespe dat ek kortasem geword het en die sitplekgordel effe losser moes maak.

Nadat hy toestemming gekry het, het ons die lug gevat. Maar toe hy skielik regs draai en ek voel ek gaan by daai oop gat uitval, gryp die hoogtevrees my hier aan my strot dat ek amper naar word. En ek gryp daai tjoppertjie tussen my kieste vas dat jy hom nie eens met ’n Abrahams-tenk uit my lyf sou trek nie.

Oë styf toegeknyp dat ek byna hoofpyn kry, het ek my hemelse Vader om vergifnis vir al my baie sondes gesmeek en enigiets en alles belowe net om weer veilig op moederaarde te kom.

Toe die tjoppertjie weer horisontaal trek, waag ek dit om my oë oop te maak (een op ’n slag!) en ek word begroet deur ’n gesig wat woorde nie kan beskryf nie.

As jy die Kaapse Skiereiland nog nie uit hierdie hoek beskou het nie, mis jy beslis iets groots.

Ons het die pad (wel . . . ) Muizenberg toe gevat teen so gemiddeld 135 km/h en teen ’n hoogte van skuins anderkant 300 meter bo seevlak, en toe op en af langs die Valsbaaise kus gevlieg, met so ’n paar draaie meer binneland toe, voordat ons teruggekeer het Base4 toe.

Valsbaai en sy kus het nog nooit so mooi gelyk nie – daai panoramiese uitsig oor die Skiereiland was onbeskryflik.

Craig het aanhoudend raad gegee en my aangemoedig om self te vlieg, en ek het hard probeer.

Soos die tyd aangestap het, het ek stadig maar seker meer selfvertroue gekry en dit al hoe meer begin geniet.

’n Hele paar keer het hy beweer ek vlieg self, en ek sou dit vreeslik graag wou glo, maar ek dink hy’s maar net ’n gawe ou wat reken my swak selfbeeld het nie ’n verdere knou nodig gehad nie!

Terug by Base4 het ek besef ek was oor die eerste hekkie wat my hoogtevrees betref (wel, ek hoop so!) en dat ek hierdie avontuur beslis weer gaan aanpak, en miskien selfs vir my privaat vlieglisensie sal gaan.

Dit kos R130 000 en ná 50 uur se vlieg kan jy jouself in die hemelruim vermaak. Nog nie ander mense nie.

Daarvoor moet jy darem 200 uur se vlieg en ’n kommersiële vlieglisensie hê, maar Base4 kan jou met albei help.

Reken ook net: Jy kan twee uur lank rondvlieg, asemrowende uitsigte geniet, jou adrenalien laat kook, en dit alles vir net R1 300.

Base4 Flight Academy se leuse is “You think it, we fly it”. Nou kyk, dis mos ’n uitdaging daai soos min!

    
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
Dekor
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |