Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  FEATURES  

  BUITE  

  LEEFSTYL  

  MOTORS  

  GESONDHEID  

  LANDBOU  

  BY  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Foto A: Willem Verschuur van Vanderbijlpark het hierdie impalas in die Kruger-wildtuin afgeneem. Daar is geen steurnisse op die foto nie en die emosionele interaksie maak dit ’n treffer.
Foto A: Willem Verschuur van Vanderbijlpark het hierdie impalas in die Kruger-wildtuin afgeneem. Daar is geen steurnisse op die foto nie en die emosionele interaksie maak dit ’n treffer.   
Buite
’n Kamera kán praat
24/03/2008 08:21:23 PM - (SA)

’N STROOM inskrywings word verwag wanneer Die Burger se natuurlewefoto-kompetisie op 2 April in alle erns begin.

Dat die organiseerders hulle altyd noodgedwonge wend tot die standaardklousule “die beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal gevoer word nie”, help nie die deelnemers om al hul vrae op te klaar nie.

Met die oog op die komende natuurfotokompetisie volg hier ’n paar algemene riglyne oor hoe om beoordelaars se aandag te trek. Deur die loop van die kompetisie sal ek meer spesifieke wenke gee.

Foto’s word gemeet aan twee dimensies, naamlik die inhoud of boodskap en die grafiese trefkrag.

Jou wenfoto se grafiese trefkrag sal hoog wees.

As jy na sy inhoud kyk, kan jy let op sy universele betekenis: Dit is nie die soort foto wat jou bure ná jou vakansie sal verveel nie.

Die oog dwaal nie rond op soek na ’n fokuspunt nie, slegs elemente wat bydra tot die tema in die raam. Emosie is ’n kernelement.

Die foto se persoonlike betekenis is ook hoog: Hoewel grafies goed, word emosionele verbintenis aan die onderwerp verwar met ’n universele betekenis. ’n Tipiese voorbeeld hiervan is ’n voortreflike foto van jou roostuin.

Op foto’s met laer grafiese trefkrag spreek die inhoud tot ’n wyer gehoor, maar goeie samestelling of beligting ontbreek. Tipiese voorbeelde hiervan is ’n sonsondergang sonder fokuspunt of ’n paal wat lyk asof dit uit die onderwerp se kop groei.

Ook wat persoonlike inhoud betref, kyk die beoordelaars nie twee keer hierna nie. Tipiese voorbeeld: jou brak op ’n sitkamerbank met onooglike skaduwees op die agtergrond.

Die vernaamste fout wat amateurfotograwe maak, is om ’n emosionele verbintenis aan ’n foto te verwar met universele betekenis.

Dit gebeur veral as die onderwerp na aan die hart lê. Gaan dit dieselfde gevoel by beoordelaars wek, of is dit nog ’n vervelige sonsondergang wat moet meeding met hope ander?

Fotografie is ’n taal wat emosie baie beter weergee as die verbale.

Gebruik hierdie eienskap van die visuele taal tot jou voordeel. Dit is iets wat professionele fotograwe van amateurs onderskei.

Die boustene hiervan is gesigsuitdrukkings, liggaamshouding en interaksie.

Op foto A is ’n intieme oomblik tussen die twee rooibokke afgeneem met al drie die bogenoemde elemente. Wees geduldig en wag vir die regte oomblik.

By die interpretasie van ’n tema, in hierdie geval natuurfoto’s, kom daar ook soms fout. Ja, die lyne is grys, maar ’n foto van jou brak in die agterplaas gaan nie deug nie.

Mensgemaakte of -beheerde onderwerpe is ontoelaatbaar terwyl die mens se interaksie met die natuur wel natuurlik is (Foto B).

Dit beteken dus dat jy nie ’n brullende leeu hoef in te stuur om in aanmerking te kom vir die groot pryse nie.

Oor grafiese trefkrag sal baie gesê word in die komende rubrieke.

Die konsep “mooi” verskil van persoon tot persoon. Tog is daar riglyne wat gevolg kan word wat niks te doen het met talent of toerusting nie.

Fotograwe word geleer om nie bloot te “sien” nie, maar om ook te “kyk”. Dit wil sê, bied iets bekends aan op ’n vars manier.

Eerstens, ’n goue reël wat deur professionele fotograwe gevolg word, is om swak lig – tussen elfuur in die oggend en drieuur in die middag – te vermy.

Tweedens, maak seker dat jy op een onderwerp konsentreer en dat dit duidelik uitstaan teen die res van die toneel.

Te dikwels dwaal die oog deur die foto rond op soek na ’n stilhouplek.

Die belangrikste reël in samestelling is eenvoud.

Eerder as om te besluit watter elemente om by die raam in te sluit, dink eerder wat jy kan uitgooi. Andersins goeie foto’s word soms geruïneer deur ’n onaantreklike agtergrond.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |