Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » Kaapstad 14º/18| Worcester 9º/22| George 10º/22| Port Elizabeth 11º/24 Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  FEATURES  

  BUITE  

  LEEFSTYL  

  MOTORS  

  GESONDHEID  

  LANDBOU  

  BY  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Die bekende wildkenner Tina de Jager is in beheer van Lombardini se wildverskuiwingsprogramFoto’s: ELLEN HANCKE
Die bekende wildkenner Tina de Jager is in beheer van Lombardini se wildverskuiwingsprogram   Foto’s: ELLEN HANCKE
Buite
’n ‘Wilde’ fees op Jeffreys se voorstoep
24/03/2008 06:51:07 PM - (SA)

DIE ryk wildlewe van die Oos-Kaap het die afgelope tyd sommer ’n hele aantal nuwe kleingoed bygekry.

Die Lombardini-wildplaas, aan die soom van Jeffreysbaai (op sommige plekke wei troppe buffels en bokke ’n katspoegie ver van die dorpsgrense), is een van die bes bewaarde geheime van die Kouga-distrik.

Dié wildplaas het sowat drie maande gelede nuwe eienaars gekry toe Susan en Johan Lottering ’n jare lange droom verwesenlik het. Dié dinamiese egpaar is besig om Lombardini behoorlik uit te bou tot ’n juweel van ’n eindbestemming vir natuurliefhebbers.

Verskeie uitbreidings en veranderings het byna oornag geskied en besoekersgetalle, van wie baie uit die buiteland, is besig om skerp te styg. Een rede is seker omdat besoekers met ’n veldvoertuig byna op alle punte tot digby die wild kan kom. ’n Groep Amerikaanse toeriste was byvoorbeeld sprakeloos toe hulle tot teenaan ’n trop buffels kon beweeg.

Johan is eintlik apteker van beroep en Susan is die stille sterkte agter die suksesvolle sakeman. Dit is egter Susan wat in haar element is, aangesien sy op ’n plaas in die Theunissen-distrik grootgeword het.

Lombardini is tussen Jeffreysbaai en Humansdorp geleë en sowat 7 km van die The Burns-afdraaipad. Die wildplaas is tussen die Swart- en Seekoeiriviere en daar is ook drie damme op die plaas. Die siel­salige “veldgevoel” is so tasbaar dat ’n mens nouliks kan glo dat die rustige wildparadys ’n hanetree van die see en digby ’n besige dorp geleë is.

Die koms van die renosterkalfies en kameelperdvullens was volgens Susan een van die hoogtepunte van die afgelope paar maande. Sy vertel dat ’n groep Duitse toeriste op ’n uitkykpunt aangekom het toe die geboorteproses pas begin het en die diertjie se voetjies reeds hul verskyning gemaak het! ’n Mens kan verstaan dat die groep opsluit nie wou aanbeweeg na die volgende besienswaardigheid op hul uitstappie nie.

Die 60 buffels is almal moddervet en, saam met 30 rooihartebeeste, 17 sebras, 50 elande, 10 renosters, 4 kameelperde, tientalle springbokke, letchwe, swartwitpense, water- en blesbokke, vorm hulle die kern van sowat 15 verskillende wildsoorte.

Binnekort sal volledige gidse van die voël- en plantsoorte op Lombardini die lig sien.

Susan sê dat groot deeglikheid aan die dag gelê word met die voeding en versorging van die wild.

Die buffels is TB-vry, die springbokke hartwaterbestand en Lombardini se wildhandelprogram is goed op dreef.

Die verkoopte diere word in spesiale bomas in kwarantyn geplaas vir ten minste drie maande voordat hulle van die plaas verskuif word. Die bekende wildkenner Tina de Jager is in beheer van Lombardini se wildverskuiwingsprogram en sy sorg dat die diere nie onnodig getraumatiseer word nie.

Die oulikste grasdakkleihutjies wat as wildbesigtigingspunte gaan dien, word op die oomblik op strategiese plekke op die plaas gebou. Dit was interessant om te sien hoe spesiale voerlokhappies om die hutte uitgesit word sodat die diere gekondisioneer kan word om die vreemde “reusemiershope” te aanvaar.

’n Interessante brokkie geskiedenis lê opgesluit in die ou gedeelte van die gebou. Die oorspronklike huis is in 1770 opgerig en het gedien as herberg vir ivoorjagters wat in hierdie omgewing op olifante jag kom maak het.

Susan beplan om die plaas se ryk geskiedenis in die ambiance van die gastehuis en die wildplaas in te weef.

Die skemerpieknieks op ’n damwal hou groot belofte in vir wildkyk terwyl die besoeker wyn en versnaperings uit spesiaal voorsiende skemerpiekniekmandjies kan geniet.

En dan het Susan ook ander groot planne vir verrassend nuwewild vir Lombardini. Die wildplaas lê mos nie verniet aan die walle van die Seekoeirivier nie . . .

Lombardini bied, benewens wildbesigtiging, ook perdritte en uitstappies na besienswaardighede in die omgewing asook die reël van konferensies, huweliksonthale en spesiale geleenthede.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |