Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  FEATURES  

  BUITE  

  LEEFSTYL  

  MOTORS  

  GESONDHEID  

  LANDBOU  

  BY  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Patrick Dempsey en sy medester in die fliek Made of Honour, Michelle Monaghan.
Patrick Dempsey en sy medester in die fliek Made of Honour, Michelle Monaghan.
Features
Patrick waarlik die droomman
08/05/2008 07:39:59 PM - (SA)

DIT blyk dat Patrick Dempsey, dr. Derek (McDreamy) Shepherd van die trefferreeks Grey’s Anatomy, ook in die regte lewe ’n droomman is.

“Kan ek vir jou ’n koppie tee of koffie maak?” vra hy dadelik wanneer hy joernaliste ontmoet in ’n Beverly Hills-hotelsuite om oor sy nuwe romantiese komedie, Made of Honor, te gesels.

Dempsey straal ’n ouwêreldse sjarme en selfvertroue uit wat maak dat ’n mens nie anders kan as om hom met George Clooney of Tom Hanks te vergelyk nie.

Dié eienskappe kom boonop alles na vore in die fliek, wat ook ’n mylpaal vir Dempsey is: Hy word die eerste keer, sedert ’n paar tienerflieks twee dekades gelede, bemark as die “ster” van ’n fliek.

“Dis goed om ’n vasbyter te wees en iets van alles te kon ervaar,” sê die 42-jarige akteur.

In Made of Honour speel hy die rol van Tom, ’n rokjagter-sakeman. Die enigste stabiele deel van Tom se lewe is sy beste vriendin, Hannah, vertolk deur Michelle Monaghan. Wanneer sy egter vir ses weke Skotland toe gaan, kom hy tot die besef sy lewe is leeg sonder haar en maak ’n voorneme om sy liefde te verklaar sodra sy terugkeer.

Hannah keer egter terug mét ’n verloofde aan haar sy en vra Tom om haar “bruidsmeisie” (maid of honour) te wees – ’n versoek wat Tom teësinnig toestaan, maar ook net sodat hy die verhouding kan saboteer en Hannah se hart kan wen.

“Dit was gróót,” erken Dempsey oor die eerste keer dat hy sy naam bokant die titel op die fliekplakkate gesien het. “Dit plaas baie druk op ’n mens, maar dit voel ook goed om te weet ek het daardie stap geneem en kan die gehoor hopelik saam met my neem op die reis.”

Dempsey kan nie help om opgewonde te raak wanneer hy praat oor die fliek nie.

“Dis ’n prettige, outydse romantiese komedie en was die ideale geleentheid vir my om iets anders te doen en terselfdertyd ’n romantiese karakter te vertolk.”

Dié akteur kan ook een van sy meer versteekte personae ten toon stel in die komiese oomblikke. In een toneel arriveer hy by ’n restaurant met blomme om Hannah te ontmoet nadat sy van Skotland af terugkeer.

Hy is senuagtig oor hoe sy gaan reageer op sy liefdesverklaring, maar voordat hy dit kan doen stel sy haar Skotse liefde voor. Hy tree instinktief terug en dit het ’n reuse-ongeluk met ’n kelner tot gevolg.

“Hy het ’n heel ander kant van sy persoonlikheid,” verklap sy medester Michelle Monaghan. “Ek het geweet hy kan drama doen, maar was baie beïndruk deur hoe goed hy is met komedie – en toe vind ek uit hy het mimiek en wiggelary gestudeer en wou in ’n sekere stadium ’n nar wees!”

Selfs Dempsey vind dit moeilik om te dink dit is al 20 jaar sedert hy oornag ’n ster geword het met twee flieks wat dadelik klassieke tienerkykstof geword het: Can’t Buy Me Love, met Amanda Petersen, en Loverboy, waarin Kirstie Alley een van die “ouer vroue” speel wat die pizza-afleweraar verlei.

Dit is moeilik om te glo dié charismatiese akteur kon vir jare ná die aanvanklike sukses nie weer ’n groot rol losslaan nie, en moes met swak TV-flieks of klein ondersteunende rolle tevrede wees.

Ná twee rolle in die trefferreekse Will & Grace (as Will se kêrel) en Once & Again (waarvoor hy vir ’n Emmy benoem is) was Dempsey op die regte pad.

Nadat hy die rol van dr. Gregory House in die TV-reeks House aan Hugh Laurie moes afstaan, het hy eindelik ’n droomrol gekry in Grey’s Anatomy: Dit het ’n wêreldwye fenomeen geword en hy is vir twee Golden Globes benoem.

“Dié reeks het alles verander en die afgelope jaar was ongelooflik en besig,” sê Dempsey.

“Ek was by Grey’s, het die fliek Enchanted verfilm, is terug na Grey’s en het toe aan Made of Honor kom werk.”

Dit lyk dalk baie glansryk, maar Dempsey bewys graag die teendeel.

“My tipiese dag bestaan uit nie veel slaap nie, aangesien my dogter gewoonlik by ons bed inkruip. Ons is douvoordag op, want ek of my vrou moet haar skool toe neem. Die seuntjies word dan wakker, so hulle moet kos kry.

“Daarna oefen ek en lees draaiboeke. Later kom almal weer huis toe, dis die aandroetine en ons gaan slaap vroeg!”

Daar is darem glansryke oomblikke, erken hy.

“Ek kry geleenthede om te reis en flieks te bemark en wanneer ek werk aan Grey’s, kan ek vir Ellen Pompeo (Meredith) soen!”

Hy is nie bekommerd dat mense net aan hom kan dink in die rol van McDreamy nie.

“Ek het daardie karakter in my lewe, en sal mense saam met my moet neem op die reis om nuwe areas te ontdek.”

Oor die toekoms sê hy: “Ek is ’n paar interessante rolle aangebied wat iets heeltemal nuut is, ek sal graag dié kanse wil aangryp.” – Sony Pictures

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |