Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 13º / 24º | Worcester 8º / 25º | George 8º / 22º | Port Elizabeth 10º / 21º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Boeke
Vertoiingde onderrok wat na regs uithang, maak tweedehandse indruk
12/04/2009 07:10:58 PM - (SA)

Niefiksie

SOUTH AFRICA’S BRAVE NEW WORLD – THE ­BELOVED COUNTRY SINCE THE END OF APARTHEID

R.W. Johnson

R.W. Johnson se reputasie as skrywer oor geskiedenis en politiek is ver­al in regse kringe gevestig deur werke soos How Long Will South ­Africa Survive? en South Africa – The First Man, the Last Nation. Dis pas aangevul deur die lywige South Africa’s Brave New World – The ­Beloved Country After Apartheid.

Vir Johnson gaan dit eerder om in­ligting wat byna uitsluitlik versamel is uit koerante en selfs populêre tydskrifte soos You as om intelligente en openbarende interpretasie, met die gevolg dat die werk mak­lik verslik in opeenstapeling, en in oppervlakkige skinderstories eerder as in­dringende navorsing.

Talle ver­wysings in die notas ­volstaan dan ook met ’n maklike wegkruipertjiespelery soos “Private source”, of vaaghede en veralgemenings soos: “It was generally assumed . . . There was suspicion . . . It was thought entirely possible . . . Causing some to believe . . . A Zimbabwean refugee told me . . . ” juis waar iets aanvegbaars gesê word.

Gesien die groot verskeidenheid bril­jante publikasies wat die afgelope paar jaar op dié terrein gepubliseer is – van John Pilger, Alis­tair Sparks, Max du Preez en Mam­phela Ramphele tot Mark Gevisser se manjifieke biografie oor Thabo Mbeki wat pas sowel verkort as aan­gevul is om dit tot by Zuma op datum te bring – verwag mens vandag darem meer as die hardlywige sukkelpas van Brave New World.

Johnson self is taamlik snedig oor Gevisser se werk (wat darem die Alan Paton-prys verower het!), maar ’n mens het al gewoond geraak aan die bitsige manier waarop die geleerde heer almal ignoreer of swartsmeer wat naasteby as mededingers beskou kan of na sy smaak te hoog aangeslaan word. Vir hom is Tutu net “the nation’s confessor”, die hele WVK ’n mislukking en ’n fout (Antjie Krog bestaan glad nie, Hermann Giliomee se biografie van die Afrikaner ewemin), Max du Preez maar terloops “a journalist”, Alex Boraine “a legendarily poor administrator”, Kader Asmal “a cynical disaster” ensovoorts.

Afrikaanse bronne word natuurlik nie vermeld nie; en wanneer ’n Afri­kaanse aanhaling voor­kom, is dit iets so belagliks soos om van ’n “tweetalige jakals” (sic!) eerder as ’n tweegatjakkals te praat.

Johnson waag dit nie om ’n Mandela sommer aan te vat nie, maar kry darem die lae hou in dat Madiba “had failed to grasp the task of government and presided over many blunders and lost opportunities”. By sulke uitsprake is geen ­poging om kontekstueel (wat nog te sê lateraal) te dink nie. Gevolglik wemel die boek van oordeel- en ander foute, soos ’n besmetting van weeluise in ’n derderangse hotel.

Maar dis Mbeki wat daar die ergste van afkom. In baie opsigte sekerlik tereg, en hier loop Johnson eintlik maar op ’n lank reeds uitgetrapte pad eerder as om oorspronklike insigte te bied. Is dit werklik te veel gevra dat ’n kommentator wat op die voetspore van sóveel ander – almal insig­gewender as hy – volg, in 700 bladsye iets nuuts of stewigs te sê sou hê? Hy strompel verby die moord op Hani (waar sy opsien­barendste momente skaars by ­skinder verbykom), die slaggate van reg­stellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging, die probleem van Nigerië onder Abacha, en natúúrlik Zimbabwe en vigs.

Wanneer die skrywer self begin agterkom dat hy vervelig raak, kruie hy sy styl met oordrywing en cliché’s. Op één bladsy praat hy van “enormous damage”, “a parlous po­sit­ion”, “a huge NOFP”, “a ­major show­dwn”, “frontally attacked” en “stony silence”.

Waar Johnson se vertoiingde onderrok werklik uithang, is in sy uitvoerige “ontmaskering” van Mbeki se “Afrika-renaissance”, die AU en Nepad: Wat hier na vore kom, is die ou holrugargument: “Colonial rule, for all its cruelties and injus­tices, had its great achievements, starting with the unification of . . . countries”. Johnson is slim genoeg om nooit apartheid goed te praat nie – trouens hy probeer amper komieklik keer op keer sy mooi getuigskrifte uitstryk (dat hy al in sy prille jeug die ANC begin ondersteun het en reeds op die rype leeftyd van 14 ingesien het dat apartheid nooit kan slaag nie; dat hy wonderlike goeie vriende in MK het en ingekruip sit by al wat glansnaam in die politiek is) – maar al sy vrome en verontwaardigde protesteerdery wek by die leser maar net die vermoede: “The lady doth protest too much methinks.”

In die laaste derde van die boek, oor Polokwane, is daar meer meriete in die geskrif. Maar tussen die stortvloed van meesterlike studies wat daar oor die afgelope jare in Engels, Afrikaans, Frans en ander tale oor Suid-Afrika ná apartheid verskyn het, maak South Africa’s ­Brave New World as geheel werklik maar ’n tweedehandse indruk.

. Allen Lane, londen. (Hardeband, 702 BLADSYE, ISBN 9 780 71399 538 1.)

. ANDRÉ P. BRINK IS ’n skrywer en ­letterkundige van KAAPSTAD.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
84 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |